Morné Boshof, die man wat aangekla word van die moord op Anthea du Preez (64), is dood in sy tronksel aangetref.
Vyf vas wat Pta-bus glo petrolbom
Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met die voorval waarin ʼn A Re Yeng-snelbus verlede week in Pretoria glo met petrolbomme bestook en aan die brand gesteek is.
Vanderbijlpark-moorde: Man pleit
Fanie du Preez (40), die Vanderbijlpark-man wat aangekla word van die moord op sy vrou en twee kinders, het Maandag in die rondgaande hof in Vereeniging gepleit.
Dié span moet situasie op SA-kampusse normaliseer
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag aangekondig dat hy ʼn ministeriële taakspan aangestel het om te help om die situasie op universiteitskampusse te normaliseer waar gewelddadige studentebetogings al weke lank voortwoed.
Madonsela: ‘Zuma weet van bewyse wat hom betrek’
Adv. Thuli Madonsela, die uittredende openbare beskermer (OB), het ʼn eis van pres. Jacob Zuma verwerp waarin hy uitstel vra in die OB se ondersoek…
Skok oor Pta-egpaar se dood
Die polisie het Dinsdag bevestig die egpaar van Pretoria wat Vrydagaand dood in hul huis in Akasia aangetref is, is tydens ʼn voorval van huishoudelike geweld doodgeskiet.
Pravin Gordhan moet in hof verskyn
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag aangekondig dat ʼn lasbrief vir Pravin Gordhan, minister van finansies, uitgereik is.
EFF vra lede om by studentebetogings aan te sluit
Die EFF in Gauteng het ʼn beroep op sy lede en ondersteuners gedoen om hulle aan te sluit by die betogings vir gratis onderwys op verskeie kampusse in Gauteng.
Langverwagte Panayiotou-moordverhoor begin
Die langverwagte moordverhoor van die sakeman Christopher Panayiotou en die mans wat hy na bewering gehuur het om sy vrou, die onderwyseres Jayde Panayiotou, te vermoor, begin Dinsdag in die Port Elizabeth-hooggeregshof.
Rekordprys op jaarlikse brahmaan-veiling behaal
“Ek het nog nooit so ʼn kalf gesien nie. Baie mense op die veiling het vir my gesê ek was dom om die kalf te verkoop.”
Vermiste Limpopo-meisie dood gevind
Die tienjarige meisie van Limpopo wat verlede Dinsdag spoorloos verdwyn het, se liggaam is gevind.
Studentebetogers blameer polisie vir geweld
“Ons probeer die persepsie dat ons jong boewe en skollies is verander. Ons glo dat studente gewelddadig raak tydens betogings wanneer die polisie hardhandige taktieke gebruik.”
DA hof toe oor Hlaudi-aanstelling
Die DA het Maandag gesê hy sal regstappe doen teen die aanstelling van Hlaudi Motsoeneng in ʼn ander senior posisie by die SAUK.
‘Meeste US-studente wil klasloop’
Die Universiteit Stellenbosch (US) het gesê die meerderheid studente is ten gunste daarvan om die akademiese jaar sonder sluiting te voltooi, ongeag die feit dat sommige lesings Maandag afgelas en kampusgeboue gesluit moes word weens protesaksie.
Chanelle Henning-moord: Terugtrek van aanklagte beteken nie vryspraak
Die Nasionale Vervolgingsgesag het Maandag benadruk dat die terugtrek van aanklagte teen Nico Henning, wat daarvan beskuldig is dat hy die meesterbrein agter sy vervreemde vrou, Chanelle Henning, se moord was, nie beteken dat hy vrygespreek is nie.
Staatsvergryp: Madonsela moet eers bietjie wag, vra Zuma
Pres. Jacob Zuma het Thuli Madonsela, die openbare beskermer, formeel versoek om hom teen die einde van Dinsdag te verseker dat sy nie haar ondersoek oor bewerings van ʼn staatsvergryp sal afhandel voor hy ander getuies in die ondersoek ondervra het nie.
Twee UKZN-kampusse sluit
Twee kampusse van die Universiteit van KwaZulu-Natal moes Maandag noodgedwonge hul deure sluit ná ʼn onderonsie tussen die polisie en studente.
Nzimande besorg oor geweld by Wits
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het Maandag gesê hy is besorg oor die chaotiese en gewelddadige botsings tussen studente en polisiebeamptes by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), wat toe na die strate van die Johannesburgse middestad oorgespoel het.
Verliefdes teen afgeleë plekke gewaarsku
Drie verdagtes is in hegtenis geneem wat glo persone in hul voertuie op die strandfronte in Strand, Gordonsbaai, Somerset-Wes en Macassar geteister het.
Polisiekommissaris ontken noodtoestand weens studentebetogings
Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Maandag die moontlikheid van ʼn noodtoestand uitgesluit ná gewelddadige botsings tussen die polisie en studente op verskeie universiteitkampusse.