Die kind wat Donderdagoggend deur leeus op ʼn leeuplaas buite Parys in die Vrystaat doodgebyt is, was saam met een van die plaaswerkers in die leeus se hok toe die voorval gebeur het.
Nóg ʼn daling in brandstofpryse
Indien die huidige vlakke van die rand en petroleumprodukpryse voortduur vir die res van die maand, kan motoriste nóg ʼn aansienlike daling in brandstofpryse verwag.
Bekende prokureur se dood toe nié selfmoord
Sy liggaam is op 3 Desember verlede jaar in ʼn veld in Magaliesburg gevind.
Athol Trollip is NMB se nuwe eerste burger
Athol Trollip van die DA is Donderdag amptelik tot burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro verkies.
Kind glo op leeuplaas doodgebyt
ʼn Kind is glo Donderdagoggend op die Otavileeuplaas buite Parys in die Vrystaat doodgebyt.
Video: Is Eskom-hofuitspraak goeie nuus vir verbruikers?
Kragverbruikers juig na die uitspraak deur die Noord-Gautengse hooggeregshof dat Eskom se prysverhogings onregmatig was.
Vrou by Bfn-winkelsentrum ontvoer, beroof
Die Bloemfonteinse polisie is steeds op die spoor van ʼn verdagte wat ʼn vrou in die parkeerterrein van ʼn plaaslike winkelsentrum ontvoer en later beroof het.
OB-kortlys vandag verklein
Die 14 kandidate se onderhoude is verlede week tydens ʼn marathonsessie in die parlement gehou.
Twee sterf op gru-ongelukstoneel
Twee vroue is dood en nege mense beseer nadat die kant van ʼn minibustaxi heeltemal oopgeruk is tydens ʼn botsing Donderdagoggend naby Pietermaritzburg.
Man vermoor ná hy van rowers vlug
ʼn Man is Woensdagaand deur rowers vermoor nadat hulle hom en sy vrou beroof het.
Staking in petroleumbedryf ná weke verby
Die weke lange staking in die petroleumbedryf het Woensdag tot ʼn einde gekom nadat ʼn ooreenkoms tussen die vakbond en werkgewers bereik is.
Opgradering van Pta-waterpype suksesvol afgehandel
Die watertoevoer in Pretoria is Woensdag omstreeks 23:00 herstel, maar dit sal nog ʼn ruk duur voordat dit heeltemal terugkeer na normaal.
Oud-koerantredakteur in hof vir laster
Ferial Haffajee, voormalige redakteur van City Press, moet Donderdag in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn op aanklagte van laster.
Twee studente vas ná kampusgeweld
Twee studente aan die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) is in hegtenis geneem nadat gewelddadige betogings oor studiefooie op die universiteit se twee kampusse opgevlam het.
Man sterf toe hy onder padskraper beland
ʼn 45-jarige man is Woensdag in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, dood nadat hy onder ʼn padskraper beland het.
KZN-betogings: Polisieman geskiet, bus afgebrand
Tien vroue wat in hegtenis geneem is nadat ʼn betoging naby Msinga in KwaZulu-Natal gewelddadig geraak het, sal vandag in die Msinga-landdroshof verskyn.
Video: Vaaldam-vlak skokkend
Die Vaaldam is net sowat 34% vol. Verlede jaar dié tyd was dit meer 75 persent vol, wat die voortslepende gevolge van die afgelope seisoen se droogte duidelik laat blyk.
Vrou sterf in fratsongeluk
ʼn Vrou is dood en twee beseer nadat talle groot sakke voer op hulle geval het in Howick, KwaZulu-Natal.
Tweejarige in ouerhuis doodgeskiet
ʼn Tweejarige dogtertjie is Dinsdagaand in haar ouerhuis doodgeskiet nadat ʼn onbekende aantal verdagtes op haar en haar ouers losgebrand het.
Klagtes teen ‘rassistiese’ verkeersbeamptes in Ermelo
“Julle wit mense het mos alles gesteel in die land, dit is hoekom julle so ryk is,” het Nicolaas Sibeko, provinsiale verkeersbeampte in Ermelo, glo aan ʼn motoris gesê nadat hy hom van die pad af getrek het.