Die Stad Kaapstad het Dinsdag die uitspraak van die Wes-Kaapse hooggeregshof wat Sanral verhoed om tolhekke op te rig op die N1- en N2-snelweg, in die hoogste hof van appèl verdedig.
[Video] ‘Ons eet die ANC-olifant happie vir happie’
Julius Malema, leier van die EFF, het Dinsdag tydens die vierde herdenking van die Marikana-slagting gesê “Jesus het in Rustenburg gearriveer” en die Madibeng-munisipaliteit sal nooit weer aan die ANC behoort nie.
Video: Solidariteit by VN oor rasse-vraagstuk
Solidariteit se afvaardiging is terug in die land ná hy ‘n voorlegging aan die VN se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rasse-diskriminasie oor Suid-Afrika se beleid van regstellende aksie gedoen het.
[Foto’s] Opgradering van Pta-waterpype in volle swang
Nagenoeg 30 werkers is besig om onverpoosd aan die geskeduleerde instandhouding en opgradering van die watertoevoernetwerk in die ooste van Pretoria te werk om ʼn langdurige wateronderbreking te probeer vermy.
Studentepaar se motor gevind na kaping, moord
Die motor waarin ʼn studentepaartjie Saterdag in Port Elizabeth gekaap is voordat die vrou verkrag en die man vermoor is, is Maandagaand gevind.
Parys-boere: Aanklagte teen nóg boere teruggetrek
Die 11 beskuldigdes in die opspraakwekkende Parys-moordsaak het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn waar aanklagte teen verskeie van die mans teruggetrek is.
Leerders vas vir kaping, moord
Twee leerders, onderskeidelik 16 en 18 jaar oud, van Steynsrus in die Vrystaat is in hegtenis geneem in verband met die kaping en moord op ʼn motoris wat vir hulle ʼn rygeleentheid gegee het.
Ondersoek ná vrou baba verloor toe kar oor haar ry
ʼn Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek nadat ʼn swanger vrou van Pretoria Saterdag by ʼn motorwassery in Gezina raakgery is en haar ongebore baba verloor het.
Hulp stroom in vir kinders ná moord op ma
“Ek wonder soms of Laurika ooit geweet het hoe lief mense haar gehad het en hoeveel vir haar omgegee het. Sy was diep in talle mense se harte.”
Video: Dowe-skoonheid leef haar droom
Sy het teen van die wêreld se mooistes meegeding, en met die kroon weggestap as Mej. Doof Wêreld. Die 28-jarige Janie Erasmus sê sy het gedroom sy wen dié gesogte kroon, en het dáárom vir die kompetisie ingeskryf.
Metrobeampte geskiet tydens geweld ná verkiesing
ʼn Beampte van die eThekwini-metropolisie is Maandag in sy mond geskiet en gewond nadat ʼn betoging in Durban uitgebreek het weens inwoners se ontevredenheid met die verkiesingsuitslae.
Man vas ná hy glo jong vrou wou ontvoer
Die King Williams Town-polisie in die Oos-Kaap het ʼn 35-jarige man in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 21-jarige vrou probeer ontvoer het.
Skoolkinders maak gruvonds
ʼn Groep skoolkinders het verlede week op ʼn gruvonds by ʼn snoepwinkel in die noorde van Durban afgekom en uit vrees hul onderwysers eers Maandag daarvan vertel.
Puk-student sterf aan nie-aansteeklike meningitis
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het Maandagaand gesê dat Ettienne de Villiers, ʼn eerstejaarstudent wat Vrydag dood in sy woonstel aangetref is, aan ʼn nie-aansteeklike vorm van meningitis gesterf het.
Bylmoordenaar sit lank vir aanval op plaas
Edwin Stanley Klaaste (21) is tot tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn man in Desember op ’n plaas naby Fraserburg in die Noord-Kaap met ʼn byl doodgeslaan het.
Bus bots teen huis ná doodskoot
ʼn Bus het Maandagaand teen ʼn huis in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal gebots nadat die bestuurder doodgeskiet is terwyl hy sowat 50 mense vervoer het.
Penny Sparrow weer in die hof
Die voormalige KwaZulu-Natalse eiendomsagent Penny Sparrow het Maandag weer in die Scottburgh-landdroshof verskyn.
‘Bonnie en Clyde’ gevonnis vir moord
Craig Smeddle en sy vrou, Bridget, wat deur die plaaslike media “Bonnie en Clyde” gedoop is, is Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op die 71-jarige Robert Symons.
Oorsaak van Puk-student se dood bekend
Die oorsaak van Ettienne de Villiers (19), die eerstejaar-Puk-student wat Vrydag dood aangetref is in sy woonstel, is Maandagaand bekendgemaak.
Video: Digitale woordeboek vir gebaretaal
Die Nasionale Instituut vir Dowes het ‘n unieke projek begin. Dit is die samestelling van ‘n digitale woordeboek vir gebaretaal wat veral gaan fokus op die verskillende dialekte van die land se amptelike tale.