Sedert die skokvideo aan die lig gekom het, het ses skoliere na vore gekom en beweer hulle het met die betrokke onderwyser geslaap.
Woede na minister nie Lily-myn memorandum ontvang
“Al die families wat deur hierdie saak geraak word, sukkel. Dit is nie vir ons maklik om net elke dag aan te gaan sonder enige afsluiting oor die saak nie.”
Skoolhoof vermoor
Die KwaZulu-Natalse departement van onderwys het sy skok uitgespreek nadat ʼn Durbanse skoolhoof vandeesweek in die stad doodgeskiet is.
27 weermaglede geskors oor bewerings van korrupsie
Die Suid-Afrikaanse weermag het Donderdag aangekondig hy het 27 van sy lede geskors nadat bewerings van korrupsie en bedrog aan die lig gekom het.
Olimpiese Spele: Sunette Viljoen verower silwer vir SA
Die Suid-Afrikaner, Sunette Viljoen, het Donderdagaand trots met ʼn silwermedalje vir Suid-Afrika in die finale ronde van die spiesgooi by die Olimpiese Spele in Rio weggestap.
Man vir moord op polisieman gevonnis
ʼn Man wat ʼn Oos-Kaapse polisieman in Januarie 2015 aan diens vermoor het, is Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gevonnis.
‘Moordenaar’ na 12 jaar in hospitaal gevind
ʼn Man wat glo sy vrou in haar ma se huis doodgeskiet het, is vandeesweek ná 12 jaar op vrye voet uiteindelik vasgetrek.
ANC stel sy eise in Tshwane
Die ANC, die amptelike opposisieparty in die Tshwane-metro, het Donderdag sy lys van “minimum eise” gestel – dié programme wat hy sal nastreef in Pretoria wat nou deur die Demokratiese Alliansie gelei word.
Minstens 23 aanklagte teen ‘reeksverkragter’
Dit is moontlik dat nog aanklagte bygevoeg kan word by die bestaande 23 aanklagte teen ʼn vermeende reeksverkragter, het ʼn hof in Kaapstad Donderdag gehoor.
Olimpiese Spele: Nóg ʼn medalje vir SA
Die driekamp-atleet Henri Schoeman het Donderdag vir die eerste keer in ʼn internasionale wedstryd ʼn podiumposisie vir homself verseker.
SA ‘mensehandelaars’ se saak in Botswana uitgestel
Die hofsaak van twee Suid-Afrikaners, wat tereg staan op aanklag dat hulle mensehandel in Botswana bevorder het, se saak is uitgestel nadat die beskuldigdes en staatsaanklaers nie in die hof opgedaag het nie.
Twee vas oor mortierbom in Jhb
Twee mans, onderskeidelik 32 en 35 jaar oud, is deur lede van die blitspatrollie in Johannesburg se middestad in hegtenis geneem nadat hulle ʼn aktiewe mortierbom in hulle besit gehad het.
[Foto’s] Chaos op N1 ná skietvoorval
Verkeer op die N1-noord en -suid word erg ontwrig ná ʼn skietvoorval tussen die Rivonia-afrit en die Buccleuch-wisselaar.
Vyf gewapende verdagtes doodgeskiet
Vyf mans is dood in ʼn skietgeveg met die polisie in Mount Frere in die Oos-Kaap.
OB-pos: Finale vyf kandidate bekend
Die ad hoc-komitee wat op die been gebring is om ʼn nuwe openbare beskermer (OB) aan te wys, het Donderdag sy vyf finale kandidate aangewys.
Weeskind deur leeus doodgebyt
Die kind wat Donderdagoggend deur leeus op ʼn leeuplaas buite Parys in die Vrystaat doodgebyt is, was saam met een van die plaaswerkers in die leeus se hok toe die voorval gebeur het.
Nóg ʼn daling in brandstofpryse
Indien die huidige vlakke van die rand en petroleumprodukpryse voortduur vir die res van die maand, kan motoriste nóg ʼn aansienlike daling in brandstofpryse verwag.
Bekende prokureur se dood toe nié selfmoord
Sy liggaam is op 3 Desember verlede jaar in ʼn veld in Magaliesburg gevind.
Athol Trollip is NMB se nuwe eerste burger
Athol Trollip van die DA is Donderdag amptelik tot burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro verkies.
Kind glo op leeuplaas doodgebyt
ʼn Kind is glo Donderdagoggend op die Otavileeuplaas buite Parys in die Vrystaat doodgebyt.