Een mens is dood en twee mense ernstig beseer ná ʼn skietgeveg met die polisie Donderdagmiddag in William Nicolrylaan in Randburg, Johannesburg.
‘Bankrowers’ skiet polisieman dood
ʼn 32-jarige polisiebeampte van die Hartbeesfontein-polisie in Noordwes, is Woensdag in die vroeë oggendure doodgeskiet terwyl hy aan diens was.
Een dood, twee beseer na motor voetganger tref
Een mens is dood en nog twee mense, waaronder ʼn driejarige kind, is ernstig beseer na ʼn voertuig ʼn voetganger vroeg Donderdagoggend getref het toe hy ʼn besige snelweg in Durban probeer oorsteek het.
Drie vas ná dwelmklopjag in Limpopo
Drie vermeende dwelmhandelaars is Woensdag in Limpopo in hegtenis geneem tydens ʼn gesamentlike poging deur die Westenburg-polisie en die provinsie se dwelm- en taktiese reaksie-eenheid.
Staat sal ‘skokkend ligte’ Oscar-vonnis appelleer
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Donderdag bekendgemaak dat hy teen Oscar Pistorius se moordvonnis sal appelleer.
Vrou tydens aanval op kleinhoewe aangerand
Die polisie is op soek na agt gewapende mans wat Woensdagaand op ʼn kleinhoewe naby Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, toegeslaan en ʼn vrou aangerand het.
Afrikaans moet by Kovsies bly, sê hof
Die Vrystaatse hooggeregshof het Donderdag beslis dat die Universiteit van die Vrystaat (UV) se besluit oor sy nuwe taalbeleid ter syde gestel word.
SAUK-joernaliste: Saak uitgestel
Die regspanne van die SAUK en die agt joernaliste wat in ʼn omstrede besluit van die uitsaaier afgedank is, het Donderdag vlugtig in die Arbeidshof verskyn.
SAUK-joernaliste: Saak vandag in hof
Die vakbond Solidariteit gaan Donderdag in die arbeidshof vra dat die besluit om agt SAUK-joernaliste af te dank ter syde gestel word en dat die dissiplinêre proses algeheel opgeskort word.
Seun (8) dood nadat taxi vlam vat
ʼn Agtjarige seun is Woensdag dood nadat die minibus-taxi waarin hy was, vlam gevat en hy “onherkenbaar verbrand” het.
Vrou tydens huisroof in gesig gesteek
ʼn Bloemfonteinse vrou in haar 50’s het haar Woensdag teen ʼn rower verdedig deur kookwater oor hom te gooi.
Penny Sparrow in hof oor crimen injuria-aanklagte
Penny Sparrow, eiendomsagent van KwaZulu-Natal, het Woensdag vlugtig in die Scottburgh-landdroshof verskyn.
Zulu was nie sy gewone self nie, sê ekspedisie-dokter
Die renjaer Gugu Zulu, wat op Kilimandjaro in Tanzanië gesterf het, het ʼn paar dae voor die ekspedisie gekla oor ʼn seer keel, het die span se mediese dokter, Roxanne Schutte, Woensdag gesê.
Ritueelmoord: Beskuldigde laat vaar borgtogaansoek
Een van die beskuldigdes wat glo ʼn vrou vir haar liggaamsdele vermoor het, het sy aansoek om borgtog laat vaar. Sy medebeskuldigde voer egter aan hy het slegs die liggaamsdele vervoer, onbewus van dit wat in die sak was.
Twee ontsnaptes weer vas
Twee verhoorafwagtende gevangenes wat vroeër vanjaar uit die Bethanie-polisie se aanhoudingselle naby Brits ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Portefeuljekomitee bekommerd oor SAUK
Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie het Woensdag sy kommer uitgespreek oor die verwikkelinge by die SAUK.
Tien ‘renosterstropers’ in enkele dae vas
ʼn Spesiale polisietaakspan het die afgelope ses dae tien vermeende renosterstropers in hegtenis geneem.
Seun beseer toe hy in mangat val
ʼn 13-jarige seun het beserings opgedoen toe hy Woensdag in ʼn mangat in Bloemfontein geval het.
Gru-ongeluk eis jong man van Pta
“Hy was net so hulpvaardige en liefdevolle kind wat altyd aan almal om hom wou gee. Hy was die soort persoon wat dadelik in jou hart ingekruip het as jy hom leer ken het.”
Soektog na vermiste Pta-ma eindig tragies
Die Pretoria-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat Vicky Myburgh (40), wat verlede week as vermis aangemeld is, dood in ʼn veld in die weste van die stad gevind is.