Maroela Media se gratis nuus-app het in Junie 2016 sy tweede verjaarsdag gevier en ʼn splinternuwe baadjie aangetrek.
Veldgids geskors ná wildtuin-voorval
Sosialemedia-gebruikers het woedend op die video gereageer en geëis dat die veldgids afgedank word.
OB kry geld om ‘staatskaping’ te bekyk
Die Nasionale Tesourie het onderneem om bykomende geld aan die openbare beskermer (OB), Thuli Madonsela, te verskaf vir haar ondersoek na beweerde “staatskaping”.
Donkies buite Bloemfontein van kant gemaak
70 donkies wat glo gebruik is om ‘n ‘seksdoepa’ te vervaardig, is van kant gemaak.
Nóg ʼn veer in Kaapstad se hoed
Kaapstad is Woensdagaand in die eerste plek aangewys in die kategorie “Top stede in Afrika en die Midde-Ooste” in die Travel & Leisure 2016 Wêreld se beste-toekennings tydens ʼn seremonie in New York.
Potch-kiesers moet besonderhede verifieer
Des van Rooyen, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het geregistreerde kiesers in Tlokwe versoek om hul besonderhede op 9 en 10 Julie te verifieer.
Eskom kry R20 miljard-lening by Ontwikkelingsbank
Eskom het Donderdag drie leenooreenkomste met die Afrika-ontwikkelingsbank onderteken ná die bank finansiering van sy privaat sektor goedgekeur het.
Senior weermagbeampte vas oor bedrog
ʼn Senior weermagbeampte is Donderdag in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en korrupsie.
Noordwes-LUR sterf in ongeluk
Kgakgamatso Nkewu, LUR van maatskaplike ontwikkeling in Noordwes en provinsiale tesourier van die ANC, is Donderdag in Vryburg in ʼn motorongeluk oorlede.
Twee vas ná moord op jong Muldersdrift-man
Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Jason le Roux (26).
Man skiet staatsamptenaar, toe homself
ʼn Man het Woensdag by ʼn regeringsgebou in Humansdorp in die Oos-Kaap ingestap en ʼn werknemer doodgeskiet, voordat hy selfmoord gepleeg het.
Soektog na vermiste Stutterheim-baba eindig tragies
Die eenjarige seuntjie, wat verdwyn het nadat sy ouma hom glo alleen in die veld naby Stutterheim in die Oos-Kaap gelos het, is dood gevind.
Roofverdagtes ook van plaasaanval aangekla
Twee mans, wat in verband met ʼn rooftog in hegtenis geneem is, word nou ook aangekla in verband met ʼn plaasaanval op ʼn egpaar verlede maand in die Verkykerskop-gebied in die Vrystaat.
Man kritiek ná Brooklyn Mall-skietery
ʼn Man veg om sy lewe nadat hy Donderdag in die Brooklyn Mall geskiet is ná drie verdagtes ʼn winkel beroof het.
Harrismith-vrou in huis aangerand, beroof
ʼn Vrou van Harrismith is in haar huis in Bergsig deur twee mans aangeval.
[Video] Woede oor skopvoorval in wildtuin
In die agtergrond kan jy ʼn vrou hoor skree “nee, nee, nee” voor die man sê: “Moenie jou bekommer nie, dit sal nie doodgaan nie.”
Baksteen tref vrou in motor
Coleen Johnson, ʼn paramedikus en ma van ʼn sesjarige dogter, moes bebloed na veiligheid ry nadat ʼn man ʼn baksteen deur haar motorruit op ʼn Kaapstadse snelweg geslinger het.
Verdagte vas vir moord op Grootbrakrivier-egpaar
ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die gru-moord op Tewie en Eurika Human in Grootbrakrivier verlede maand.
Drie ‘kapers’ op N14 geskiet
Drie mans is beseer, onder wie twee kritiek, nadat hulle geskiet is naby die Petroport op die N14-hoofweg tussen Pretoria en Krugersdorp.
Ongeluk in Oos-Rand eis drie
Drie mense is Donderdag in die vroeë oggendure in ʼn ongeluk in Germiston aan die Oos-Rand dood en een mens is kritiek beseer.