ʼn Besige straat in Kaapstad se middestad is Woensdagmiddag vir verkeer gesluit toe nooddienste ontbied is vir ʼn brand wat by die Pinnacle-gebou uitgebreek het.
Man verloor tweede vrou in aanval op dieselfde hoewe
Jurie Steenberg se tweede vrou is Woensdag op dieselfde kleinhoewe, noordoos van Pretoria, vermoor as sy eerste vrou, meer as ses jaar gelede.
Sodwana-gastehuis: ‘Ek is julle koning’
“Ek is julle koning. Ek is die koning op aarde. Julle moet my Inkosi noem,” het André Slade, eienaar van die omstrede Sodwana Bay Guest House, Woensdag aan joernaliste gesê.
Verpleegster in hof oor vigsmiddels
ʼn 44-jarige verpleegster het Woensdag in die Polokwane-landdroshof verskyn, nadat sy glo antiretrovirale medisyne gesteel en verkoop het.
Vrae omdat man ná ongeluk in vangwa gegooi is
ʼn Foto van ʼn man, wat ná ʼn ongeluk deur Limpopo-polisiebeamptes in ʼn vangwa gegooi word, het sosiale media aan die gons.
Valke slaan toe op klerefabriek
Die Valke in KwaZulu-Natal het Dinsdag toegeslaan op ʼn fabriek in die Durbanse sakesentrum wat namaaksels van bekende klerehandelsmerke vervaardig.
Video: Onderwysers sê beroepsopleiding nie op standaard
Meer as 72% van die onderwysers verbonde aan die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (VAW), sê die beroepsopleiding wat hulle van die nasionale departement van basiese onderwys ontvang, is nie voldoende nie.
Omstrede Sodwana-gastehuis glo onwettig bedryf
Aanklagte van belastingontduiking, onwettige bedryf van ʼn onderneming en crimen injuria is Woensdagoggend teen die eienaar van die omstrede Sodwana Bay Guest House aanhangig gemaak.
Pta-vrou sterf in kleinhoewe-aanval
ʼn Vrou is Woensdag in die vroeë oggendure tydens ʼn vermeende huisroof op ʼn kleinhoewe in die ooste van Pretoria doodgeskiet en haar man gewond.
Kleinhoewe-moord: Slagoffer is bekende sangeres se pa
Die man wat Woensdagoggend op ʼn kleinhoewe in Pretoria doodgeskiet is, is die bekende oud-Springbok-fietsryer en tydrenjaer, Jan Hettema.
SA-hoërskoolkoor land kort ná bomaanval op lughawe
Die sowat 100 leerders wat in die koor sing het Dinsdag omstreeks 18:15 van OR Tambo-lughawe saam met ses personeellede na Istanboel vertrek.
Kleinhoewe-aanval: Bejaarde doodgeskiet, vrou in kas toegesluit
ʼn Bejaarde man is Woensdagoggend in sy huis op ʼn kleinhoewe buite Pretoria doodgeskiet.
Sussies sterf saam in brand
Twee sussies, onderskeidelik twee en drie jaar oud, het Woensdagoggend vergeefs onder ʼn bed probeer wegkruip toe ʼn brand in hul ouerhuis buite Nelspruit uitgebreek het.
Verlam in gru-botsing: ‘Ongelooflik wat hy al bereik het’
“Hy het klomp boodskappe op sy verjaardag gekry en dit was wonderlik. Hy waardeer dit so baie.”
Polisieman langs pad doodgeskiet, beroof
ʼn Gautengse polisiebeampte is Dinsdagaand geskiet en van sy dienspistool beroof terwyl hy aan diens was.
Twee sterf toe vragmotor, bakkie bots
Twee mense is dood toe ʼn bakkie en ʼn vragmotor Woensdagoggend op die N3 buite Warden in die Vrystaat reg van voor gebots het.
Vrou sterf toe trein haar tref
ʼn Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is dood toe sy Dinsdagaand deur ʼn trein in die weste van Johannesburg getref is.
NFP blameer tesourier vir OVK-blaps
Die National Freedom Party (NFP) het Dinsdag sy nasionale tesourier beskuldig vir die rede waarom die Onafhanklike Verkiesingskommissie die party gediskwalifiseer het uit die munisipale verkiesing op 3 Augustus.
SAUK: Minister besorg oor Matthews se skielike bedanking
Die minister van kommunikasie het Dinsdag gesê sy neem met kommer kennis van Jimmi Matthews, die SAUK se uitvoerende hoof, se skielike bedanking.
Man glo met onverwerkte goud van R50 miljoen betrap
Die Valke het ʼn 31-jarige man in hegtenis geneem toe onverwerkte goud van R50 miljoen glo in sy besit gevind is.