Drie persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende roof by ʼn selfoonwinkel in Kaapstad se middestad.
Man kritiek ná aanranding buite Pta-nagklub
ʼn 41-jarige man is in ʼn kritieke toestand ná hy glo Saterdag in die vroeë oggendure buite ʼn nagklub in Pretoria aangerand is.
Lasbrief vir inhegtenisneming vir helikopterverkoper uitgereik
ʼn Lasbrief is uitgereik vir die onmiddellike inhegtenisneming van Barend Hendrik Oberholzer (33), ʼn sakeman van die Paarl in die Wes-Kaap, in verband met aanklagte van bedrog ná die verkope van twee helikopters.
Mediavryheid word bedreig as ANC die SAUK ondersteun, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het gesê hy staan in eenheid met verslaggewers van die SAUK wat geskors is bloot omdat hulle hul werk gedoen het.
30 gesinne dakloos ná verwoestende brand
Minstens 30 gesinne is Vrydagaand dakloos gelaat ná hul huise in ʼn informele nedersetting in Kenville, Durban, deur ʼn brand verwoes is.
ANC-plakkate, T-hemde in Marikana verbrand
Lede en ondersteuners van die ANC het Vrydag T-hemde en plakkate van die party in Maditlhokwa naby Marikana in Noordwes aan die brand gesteek.
Nando’s ‘sensor’ sy eie advertensie
Die kitskosrestaurantgroep Nando’s het in sy eiesoortige styl met sy jongste advertensie die draak gesteek met die SAUK se jongste beleid om nie gewelddadige betogings uit te saai nie.
Beitbrug-grenspos stil ná betoging
Die Beitbrug-grenspos was Vrydagmiddag stil ná die gemeenskap in Messina en ʼn paar plaaslike winkeleienaars teen nuwe maatreëls deur die Zimbabwiese regering betoog het.
Kaapstad gryp in met vullisverwydering
Die Stad Kaapstad het bevestig hy sal van Vrydag tydelik vullisverwydering doen in dele waar nuwe vullisverwyderingkontrakte nog nie in plek is nie.
Dié partye en kandidate neem deel aan die munisipale verkiesing
Die jongste kandidaat wat homself verkiesbaar gestel het, is 18 jaar oud en die oudste kandidaat is 90 jaar oud.
AfriForum Jeug kry hofbevel teen UP, UP-direkteur en EFF
Dié hofbevel is ʼn klinkklare bewys dat dit nie vrugte afwerp wanneer die UP swig onder die druk van die EFF nie, meen AfriForum Jeug.
Duurder petrol in Julie
Die Automobiel-Assosiasie (AA) het gewaarsku petrolpryse gaan na verwagting in Julie verhoog.
[Foto’s] SAUK: Honderde in protes; tugverhore uitgestel
Honderde mense het Vrydag by die SAUK se kantore in Johannesburg en Kaapstad byeengekom om mediavryheid te eis terwyl ses van die openbare uitsaaier se werknemers voor tugverhore verskyn het.
Ondersoek na M1-brugineenstorting gou hervat
Die departement van arbeid het Vrydagoggend gesê die ondersoek na die M1-brugineenstorting sal binnekort hervat word.
Krugersdorp-moorde: Drie vra borgtog
Drie van die vier verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die sogenaamde Krugersdorp-afspraakmoorde aan die Wesrand, het Donderdag om borgtog aansoek gedoen.
Diamant van Cullinan-myn vir miljoene verkoop
ʼn Diamant van 121,26 karaat, wat verlede maand by die Petra-mynmaatskappy se Cullinan-diamantmyn naby Pretoria gevind is, is vir meer as $6 miljoen verkoop.
Talle steeds soek na hulle ontsnap
Die Noordwes-polisie is steeds op soek na agt van die 10 verhoorafwagtende gevangenes, wat twee weke gelede uit aanhouding by die Mogwase-korrektiewe sentrum in Rustenburg ontsnap het.
Spioenasiebande-saak: NVG swyg
Die hof het vroeër beslis die besluit om 783 korrupsie-aanklagte teen Zuma oor die sogenaamde spioenasiebande te laat vaar, was irrasioneel.
Boekhouer vas na sy glo ouetehuis besteel
ʼn 38-jarige vrou is in hegtenis geneem op aanklag dat sy ʼn ouetehuis in Mosselbaai uit ʼn groot bedrag geld bedrieg het.
Steeds geen teken van vermiste baba
Die soektog duur nog voort na die eenjarige seuntjie wat verdwyn het nadat sy ouma hom glo alleen in ʼn veld naby Stutterheim in die Oos-Kaap gelos het.