Twee tienerseuns is Woensdag by ʼn kruising in Kaapstad deur ʼn trein getref.
Beeskraal-bussie dalk in wrede rooftog gebruik
Die sanggroep Beeskraal se bussie wat vroeër vandeesmaand in Waverley in Pretoria se Moot-gebied gesteel is, is moontlik verlede week gebruik om ʼn wrede rooftog uit te voer.
Pretoria-onluste: Twee ‘plunderaars’ doodgeskiet; talle vas
Twee verdagtes is Dinsdagaand doodgeskiet terwyl hulle glo besig was om ʼn winkel in Mamelodi te plunder.
Man kritiek wat ver val
“Paramedici het net ná 09:00 by die toneel opgedaag en is gelei na waar die man op die gras gelê het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.
Polisieman gevonnis wat duisende vuurwapens verkoop
ʼn Voormalige polisiebeampte van Vereeniging is Dinsdag in die Belville-landdroshof gevonnis nadat hy erken het dat hy ongeveer 2 400 vuurwapens uit die pakkamers van die polisie gesteel en verkoop het.
Tambo-stigting sal nog besluit oor Sparrow-geld
Die Oliver & Adelaide Tambo-stigting wou Woensdag nie bevestig of hulle die R150 000 boete wat Penny Sparrow aan hulle moet oorbetaal, sou aanvaar nie. Sparrow, ʼn KwaZulu-Natalse eiendomsagent, is beveel om die boete te betaal nadat sy in ʼn Facebook-inskrywing swart mense met ape vergelyk het.
Man op kleinhoewe geskiet
ʼn 52-jarige man is Woensdagoggend tydens ʼn beweerde huisroof op ʼn kleinhoewe buite Polokwane (Pietersburg) in Limpopo geskiet.
Oorsaak van Annatjie Myburgh se dood bekend
Die familie van Annatjie Myburgh (58), die vrou van Witrivier wat verlede week dood gevind is nadat sy vier dae lank vermis was, het die uitslae van die nadoodse ondersoek bevestig.
Afrikaanse musiekgroep ‘platgeslaan’ ná diefstal
Die Afrikaanse rockgroep sê hulle is “platgeslaan” nadat derduisende rande van hul toerusting uit ʼn sekuriteitskompleks in Centurion by Die Hoewes gesteel is.
Video: Mans rand petroljoggie aan
Twee mans is Saterdagaand in Tzaneen, Limpopo, in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn petroljoggie by ʼn vulstasie aangerand het. Kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval is kort daarna op YouTube gelaai waarin dit as ʼn rassistiese aanval uitgemaak word.
Pretoria-onluste: Geweld vlam plek-plek op
Vyf verdagtes is Dinsdagaand in hegtenis geneem tydens die onluste wat dwarsdeur die nag in Pretoria voortgewoed het.
Vermiste Pta-man gevind
Gerrie Kachelhoffer (41), die man van Pretoria wat Maandagmiddag in Limpopo verdwyn het, word in die waakeenheid van ʼn hospitaal in Polokwane (Pietersburg) behandel, nadat hy Dinsdagaand bewusteloos en bedwelm gevind is.
Vier vas oomblikke nadat winkel beroof word
Vier gewapende verdagtes is Dinsdag buite Viljoenskroon in die Vrystaat vasgetrek, oomblikke nadat hulle glo ʼn klerewinkel op die dorp beroof het.
Mabopane-Oos in donkerte gehul terwyl Pretoria-onluste voortduur
Eskom het Dinsdagaand gesê ongeveer 25 000 gebruikers word geraak deur ʼn transformator by ʼn substasie in Mabopane-Oos, wat omstreeks 18:00 afgeskakel het en het dié informele nedersetting in Pretoria in donkerte gehul.
AU sukkel om volwaardige opvolger vir Dlamini-Zuma te kry
Afrikalande sukkel om ʼn volwaardige opvolger te kry ná Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma as die Afrika-unie se voorsitter voor volgende maand se AU-beraad in Kigali, Rwanda.
S&P bevestig Transnet se kredietwaardigheid
Die internasionale kredietgraderingsagentskap Standard and Poor’s (S&P) het Dinsdag sy gradering vir die Suid-Afrikaanse regering se vragvervoer- en logistieke maatskappy, Transnet, bevestig en gesê die maatskappy is ʼn voorkeurbelegging.
Video: Bejaardes brei vir behoeftige kinders
Bejaardes in Pretoria kom die afgelope maand byeen om serpe en komberse vir behoeftige kinders landwyd te brei.
Video: Elke stem tel, sê VF+
Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, sê diegene wat dink ‘n stem vir ‘n kleiner politieke party is een wat vermors word, moet wéér dink.
Zuma maan SA’ners om ekonomie om te draai, werk te skep
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag gesê Suid-Afrika moet maniere vind om die huidige ekonomiese en werkskeppingsuitdagings aan te spreek om vorentoe te beweeg.
Onvoltooide brûe in Kaapstad moet met verkeersprobleme help
Die stad Kaapstad sal binnekort begin soek na ʼn privaat vennoot om planne te beraam om die bekende onvoltooide brûe in die middestad af te handel.