Die Universiteit van Johannesburg (UJ) en die politieke wetenskaplike dr. Piet Croucamp se paaie gaan skei.
Motoris langs N2 geskiet
ʼn Motoris is in ʼn ernstige toestand nadat sy voertuig op die N2 buite Durban onklaar geraak het en hy deur rowers geskiet is.
Nog twee vas vir Krugersdorp-moorde
Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die drie opspraakwekkende moorde in Krugersdorp aan die Wesrand.
Spioenasiebande: Hof besluit oor Zuma se appèl
Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag uitspraak gelewer in pres. Jacob Zuma en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se aansoek om verlof tot appèl teen die hooggeregshof se vorige uitspraak in verband met die spioenasiebande-sage.
SAUK-skorsings: Twee is van RSG
Die drie senior SAUK-personeellede wat met onmiddellike inwerkingtreding geskors is, sluit die uitvoerende regisseur en ʼn verslaggewer van RSG se Monitor en Spektrum-programme in.
Man tydens visvanguitstappie deur haai aangeval
ʼn Man is ernstig beseer nadat hy Donderdagmiddag in die see by Waenhuiskrans aan die Wes-Kaapse kus vermoedelik deur ʼn witdoodshaai aangeval is.
EFF dreig om by ‘Kolwyntjie’-kleuterskool te betoog
Die EFF in Pretoria het ʼn kennisgewing aan sy ondersteuners gestuur om Vrydag by die sogenaamde “Kolwyntjie”-kleuterskool in Centurion bymekaar te kom om oor “rassisme” te betoog.
Geen plek in SA vir iemand soos Sodwana-gastehuiseienaar, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het Donderdag uitgevaar teen ʼn gastehuiseienaar in Sodwanabaai in KwaZulu-Natal nadat hy glo geweier het om swart besoekers by sy gastehuis te ontvang.
‘Ek voel nie vreemd in Tshwane nie,’ sê Didiza
Pretoria se ANC-burgemeesterskandidaat, Thoko Didiza, het Donderdag gesê sy voel tuis in die stad en sien uit na haar nuwe verantwoordelikhede in die plaaslike regering.
Prokureur gevonnis ná sy geld vir haarself hou
Denise van der Ryst, ʼn prokureur van Middelburg in die Oos-Kaap, is tot agt jaar tronkstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is aan die oortreding van die Wet op Prokureurs.
Drie van SAUK geskors oor hulle ‘sensuur-bevel ignoreer’
Die SAUK het drie senior personeellede in sy nuuskantoor met onmiddellike effek geskors omdat hulle, volgens die openbare uitsaaier, klank en beeldmateriaal van gewelddadige betogings uitgesaai het.
Kolwyntjie-kleuterskool: “Ek word nou gedreig,” sê hoof
Die kleuterskool in Centurion, wat van rassisme beskuldig word oor ʼn foto wat op sosiale media gedeel is, sê hulle ontvang nou dreigemente “dat hulle op pad is en die skool gaan afgebrand word”.
‘Uitfasering van Afrikaans is menseregtevergryp’
Die finale uitfasering van Afrikaans by die Universiteite van Pretoria (UP) en Stellenbosch (US) sal onthou word as ʼn donker dag vir Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika.
Twee swaar gestraf na hulle lekkers, melk steel
Twee negentienjarige mans is swaar gestraf in die Cradock-streekhof nadat hulle skuldig bevind is daaraan dat hulle lekkergoed en melk gesteel het.
Verdagte vas na moord op 12-jarige
ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 12-jarige meisie, wat in haar ouerhuis in Bethelsdorp, doodgeskiet is.
Minstens 70 beseer toe treine bots
Minstens 70 mense is beseer nadat twee passasierstreine Donderdagmiddag in Lamontville, in die suide van Durban, reg van voor teen mekaar gebots het.
FlySafair ontken stelselprobleme tydens R2-promosie
Die Suid-Afrikaanse laekoste-lugredery, FlySafair, het Donderdag ontken hul aanlynkoopstelsel was foutief nadat ʼn promosie bekendgestel is waardeur reisigers vliegkaartjies vir R2 stuk kon koop.
Vermeende plaasaanvaller vas; polisieman gewond
Simon is glo erg deur die aanvallers aangerand en is kritiek beseer. Joy kon daarin slaag om in ʼn kas weg te kruip en is ongedeerd.
‘Afrikaans se skuld,’ sê Lesufi oor kind sonder kolwyntjie
ʼn Kleuterskool in Centurion word van rassisme beskuldig nadat ʼn ouer ʼn foto op sosiale media gedeel het waarin dit lyk asof kinders volgens ras geskei is.
Afrikaans by universiteite: Hoe lyk die pad vorentoe?
“Die nuus oor Afrikaans by die Universiteite van Stellenbosch en Pretoria is nie goeie nuus nie, maar hoe hanteer ons dit vorentoe?”