Die uitbreek van ʼn virus by twee Oos-Kaapse takke van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) en gevolglike medisynerekeninge van derduisende rande, het tot gevolg dat dié takke moontlik binnekort hul deure sal moet sluit.
Man spring uit bewegende motor tydens kaping
ʼn Man moes na ʼn hospitaal geneem word nadat hy Maandagaand uit ʼn bewegende motor gespring het toe twee kapers met hom en sy swanger vriendin binne die motor weggejaag het.
Twee vas oor miljoene se tik
ʼn Man en vrou is in Kaapstad in hegtenis geneem nadat 17 kg tik van nagenoeg R4,5 miljoen in hul besit gevind is.
‘Engel’ wat dogtertjie red opgespoor
Die man wat moontlik die vierjarige Winique van Zyl van Vereeniging se lewe gered het, is opgespoor.
Man gee hom oor ná nagklub-moord
ʼn Man het hom by die Brooklyn-polisiestasie oorgegee nadat ʼn uitsmyter Sondag in die vroeë oggendure by ʼn nagklub in Pretoria doodgeskiet is.
Akademia: Nóg ʼn BCom-graadkursus
Akademia het aangekondig dat die eerste studente vir sy jongste graadkursus, BCom (Ekonomie en Regte), in April aanvaar is. Hierdie graad word vanaf 2017 aangebied en verdere aansoeke word ingewag.
Voetganger sterf ná taxi haar sleep
ʼn 27-jarige vrou is Dinsdagoggend in Ladysmith, KwaZulu-Natal, dood toe ʼn minibustaxi haar gestamp en etlike meters ver gesleep het.
Groot onwettige perlemoenvonds in Wes-Kaap gemaak
Die polisie van die Wes-Kaap, in samewerking met amptenare van die departement van landbou, bosbou en visserye, het Maandag ʼn reusevonds van onwettige perlemoen op ʼn plaas naby Caledon gemaak.
Meer as 40 beseer toe trok en bus bots
Minstens 46 mense is Dinsdagoggend beseer toe ʼn vragmotor en bus omstreeks 06:00 by die kruising van Es’kia Mphahlelerylaan en die R80 in Pretoria gebots het.
[Foto’s] Dwelmmuil probeer kokaïen as sjokolade insmokkel
ʼn 27-jarige beweerde dwelmmuil is Maandagmiddag by die Kaapstad-lughawe in hegtenis geneem nadat hy glo kokaïen die land wou insmokkel.
Motoris sterf langs Sasolburg-pad
ʼn Man in sy 70’s het Maandag in sy bakkie op die R59 naby Sasolburg gesterf ondanks omstanders se pogings om hom weer by te bring.
Kieseradresse: Hof vra tydelike ooreenkoms tussen partye
Die konstitusionele hof het Maandag die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gevra of daar ʼn kans is dat die onderskeie partye ʼn tussentydse oplossing tussen hulle kan vind vir die kwessie oor kiesers se volledige adresse op die kiesersrol.
Man wat glo meisie doodry weer in hof
William Taute (27), die man van Port Elizabeth wat glo twee jong meisies omgery het terwyl hy na bewering onder die invloed van alkohol was, sal Dinsdag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.
Lonmin-werker sterf in Marikana
Die mynmaatskappy Lonmin ondersoek die afsterwe van ʼn werker by sy Rowland-skag in Marikana naby Rustenburg in Noordwes.
[Video] Boer sterf 2 dae na dogter se geboorte
ʼn Boer van Brits is Sondag in die vroeë oggendure dood nadat ʼn motor, wat aan die verkeerde kant van die pad gery het, teen sy bakkie gebots het.
Blitspatrollielede aangekla oor polisiebeampte se moord
Twee lede van die Soweto-blitspatrollie is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn polisiebeampte in Januarie vanjaar.
[Video] Fakkel vir Afrikaans aangesteek
Die ATKV het die erkenning van Afrikaans as amptelike landstaal 91 jaar gelede met woord en lied gevier.
AfriForum Jeug bou voort aan Afrikaans ongeag teenstand
AfriForum Jeug #AfrikaansSalBly-veldtog is vandag verskillend op die onderskeie kampusse ontvang.
Kleuter kritiek ná sy ver val
ʼn Kleuter is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy Maandag twee verdiepings ver uit ʼn woonstelblok in Pretoria geval het.
Polisieman vas na gevangenes ontsnap
ʼn Polisiebeampte is in hegtenis geneem in verband met die voorval in Maart, toe 13 verhoorafwagtende gevangenes uit die aanhoudingselle by die Modimolle (Nylstroom)-polisiestasie in Limpopo ontsnap het.