Die polisie in Limpopo het Maandag bevestig dat ʼn liggaam in ʼn veld buite Lephalale (Ellisras) gevind is, maar kon nie bevestig dat dit die liggaam van die 19-jarige Monica Barnard is nie.
‘Gereelde reisiger’ op lughawe met kokaïen betrap
ʼn Suid-Afrikaanse vrou is Vrydagaand by die Internasionale Lughawe OR Tambo in hegtenis geneem nadat 5,7 kg kokaïen in haar besit gevind is.
[Foto’s] Jong vrou sterf in Potch-botsing
ʼn Vrou in haar 20’s is dood nadat twee motors Sondagaand buite Potchefstroom in Noordwes gebots het.
KZN-reën: Twee kinders dood, honderde ontwortel
Twee kinders is die afgelope naweek in Durban dood en honderde mense ontwortel weens die hewige reën en kitsvloede aan die KwaZulu-Natalse kus.
Man kritiek ná Kby-skietvoorval
ʼn Man is kritiek beseer nadat hy Sondag in Kimberley in die Noord-Kaap geskiet is.
Man, vrou sterf ná rivier bakkie meesleur
ʼn 66-jarige man en ʼn 49-jarige vrou is dood nadat die bakkie waarmee hulle gery het deur ʼn rivier meegesleur is in die Oos-Kaap.
Nuwe segsman vir Zuma
Pres. Jacob Zuma het Sondag aangekondig hy het ʼn nuwe woordvoerder wat dadelik met sy pligte begin.
Vyf vas vir renosterstropery
Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval verlede maand toe twee renosters vir hul horings doodgemaak is op ʼn plaas in Hartbeesfontein, Noordwes.
Seun (4) kritiek na struktuur ineenstort
ʼn Vierjarige seun van Durban is kritiek beseer toe hy onder die puin vasgekeer is nadat ʼn struktuur ineengestort het.
Roodepoort-kaping: ‘Sy bly positief’
Marilize Bright (34) het nog ʼn lang herstelpad wat voorlê nadat sy en haar drie kinders vroeër in hul motor gekaap en ontvoer is.
Vrae oor Guptas se R445 miljoen-huis
Berigte dat die omstrede Gupta-familie ʼn herehuis ter waarde van R445 miljoen in Dubai gekoop het, “versterk kommer dat die Guptas onwettig bates, wat groot bedrae geld insluit, uit Suid-Afrika geskuif het”.
[Foto’s] Nog reën vir KZN voorspel
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ʼn waarskuwing uitgereik vir nog swaar reën aan die KwaZulu-Natalse kus.
Polisie sal OB-‘moordkomplot’ bekyk
Huurmoordenaars wou moord glo soos ‘n motorongeluk laat lyk.
‘Verkiesings al moeiliker vir ANC om te wen’
Die munisipale verkiesings later vanjaar en daaropvolgende verkiesings gaan al hoe moeiliker raak vir die ANC om te wen tensy die party beter beplan en harder werk, het adj.pres. Cyril Ramaphosa gesê.
Man dood na skietery by Pta-nagklub
ʼn Man is Sondag in die vroeë oggendure dood in ʼn skietery by ʼn nagklub in Menlyn Square, langs die Menlyn-winkelsentrum.
Vyf sterf in gru-ongeluk in Krugersdorp
Vyf mense, waaronder drie kinders, is Saterdagaand dood in ʼn gru-ongeluk in Rant-en-Dal in Krugersdorp.
Solidariteit-gesprek in Europa wen steun vir Afrikaans
“Daar is indringende vrae gevra en dit is duidelik dat mense bekommerd is oor wat in Suid-Afrika op ekonomiese en menseregtevlak gebeur.”
Drie vas vir ‘onwettige’ ivoor
Drie Zimbabwiese burgers het Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn vir die onwettige besit van ivoor.
[Video] Betogers veroorsaak ontwrigting op Tuks-kampus
AfriForum Jeug het vandeesweek die Universiteit van Pretoria (UP) skriftelik versoek om sekuriteit op die kampus op te skerp nadat ʼn studenteraad-vergadering deur lede van die EFF en Sasco ontwrig is.
Eskom-werkers se raaiselagtige dood ondersoek
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ondersoek die dood van twee Eskom-werkers wat vandeesweek in raaiselagtige omstandighede gesterf het.