Die geskiedkundige ooreenkoms wat vandeesweek tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en AfriForum gesluit is, bring hoop dat die regering ernstig is oor die voorkoming van plaasmoorde en -aanvalle.
Trompop botsing eis twee
Twee mense is dood nadat ʼn vragmotor en ʼn motor Donderdag naby Upington in die Noord-Kaap reg van voor gebots het.
Patel verwelkom nuwe Coca-Cola-ooreenkoms
Die minister van ekonomiese ontwikkeling het Donderdag ʼn samesmeltingsooreenkoms tussen die Coca-Cola Beverages Africa (CCBA)-partye en die Suid-Afrikaanse regering verwelkom.
Inwoners gryp self in om skole te beskerm
Inwoners van Vuwani in Limpopo het self patrolliegroepe gevorm om deurnag hul skole van gewelddadig betogers te beskerm.
Bespaar geld, kanselleer nuwe straler, sê VF Plus
Die VF Plus meen pres. Jacob Zuma moet summier die planne om ʼn nuwe straler van R4 miljard vir hom te koop stopsit om aan die bevolking van Suid-Afrika te wys hy is ernstig oor geldbesparing.
Polisiebeamptes vas na kaping
Drie polisiebeamptes is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewelddadige kaping vroeër vandeesmaand in KwaZulu-Natal.
Man sit lank na hy stiefdogter verkrag
ʼn 38-jarige man is Donderdag in die Kroonstad-streekshof gevonnis vir die verkragting van sy negejarige stiefdogter.
Groot Marico-plaasmoord: Man gevonnis vir ‘barbaarse daad’
Die aanvallers het pangas en ʼn vuurwapen gehad en deur ʼn badkamervenster toegang tot die huis gekry.
Groenkloof-aanval: Twee vas
Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die naweek se aanval op twee vroue in die Groenkloof-natuurreservaat in Pretoria.
Mangat-moord: ‘Vrou kan nie vertrou word nie’
Die vier verdagtes wat in verband met die moord op Danie Dreyer (64), voormalige polisiebrigadier en sakeman van Pretoria, in hegtenis geneem is, sal minstens nog ʼn aand agter tralies moet deurbring voordat hulle hoor of hul borgtogaansoek suksesvol was.
Zuma: ‘Parlement is nasionale vernedering’
ʼn Dag nadat pres. Jacob Zuma in die parlement onder opposisiepartye se beledigings deurgeloop het, het hy die wetgewer as ʼn nasionale vernedering bestempel en geëis dat die speaker orde in die parlement herstel.
[Video] Motoris glo oor k-woord in hegtenis geneem
ʼn Video van ʼn motoris, wat hardhandig deur lede van die Johannesburgse Metropolisie uit sy motor geruk en in hegtenis geneem word, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media sedert dit Dinsdag op Facebook gedeel is.
Man skiet homself glo in parkeerterrein
ʼn Man is dood nadat hy homself glo Donderdagoggend in die parkeerterrein van ʼn maatskappy in Sandton, Johannesburg, geskiet het.
Lily-myn: ‘Werkers se salarisse vir April nog nie betaal’
Die vakbond Solidariteit het vandag sy misnoeë uitgespreek met die feit dat die Lily-myn se werkers tot dusver nog net R650 van hul April-salarisse ontvang het.
Poskantoorwerkers staak weer
“Die maatskappy het finansiering nodig om sy werknemers se knelpunte aan te spreek. ʼn Staking in hierdie stadium sal dus net die huidige finansieringsreëlings belemmer en nie die werkers se kwessies aanspreek nie.”
Malema gewaarsku: ‘Die Boeremag se lot wag op jou’
Jackson Mthembu, die ANC se hoofsweep, het EFF-leier Julius Malema Woensdag gewaarsku dat hy binnekort dieselfde pad kan loop as die Boeremag-lede wat aan hoogverraad skuldig bevind is.
Mangat-moord: Vier hoor dalk van borg
Die vier verdagtes wat in verband met die moord op Danie Dreyer (64), voormalige polisiebrigadier en sakeman van Pretoria, in hegtenis geneem is, sal na verwagting Donderdag in die stad se landdroshof hoor of hul borgtogaansoek suksesvol was.
15 skole deur Limpopo-betogers gebrand
Nog twee skole in Vuwani, Limpopo, is Woensdag aan die brand gesteek in die voortslepende betogings oor munisipale afbakening. Dit bring die getal skole wat tydens die afgelope week se betogings gebrand is op 15 te staan.
Polisie maak gru-vonds onder bed
ʼn Vrystaatse man sal Vrydag in die Wesselsbron-landdroshof verskyn nadat polisiebeamptes sy 29-jarige vriendin se lyk onder sy bed gevind het.
Polisieman vas wat glo tiener verkrag
ʼn Polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn 17-jarige meisie in Rabie Ridge naby Midrand verkrag het.