ʼn Gesin van Vereeniging is op soek na ʼn man wat moontlik hul vierjarige dogtertjie se lewe gered het.
Panayiotou weer in hof
Werknemers van die OK Grocer in Algoapark het Dinsdag vir die eerste keer by die Port Elizabeth-landdroshof bymekaargekom om hul werkgewer, Christopher Panayiotou, wat tereg staan vir die moord op sy vrou, Jayde, te ondersteun.
‘Rassistiese uitbarsting’ oor sportverbod: ‘Ek sal dit vir altyd berou’
Matthew ‘Matt’ Theunissen (26), die jong man wat erg deurgeloop het nadat hy rassistiese uitlatings op sy Facebook-profiel gemaak het, het gesê hy sal die voorval vir die res van sy lewe berou.
Tiener onthoof: ‘Swartz ʼn gevaar vir die samelewing’
Volgens Kibbs was Swartz gedurende sy gesprek met hom manipulerend en het hy probeer om simpatie by hom te kry. Hy het geen berou of empatie getoon nie, maar het die blaam van homself probeer skuif deur te sê dit was sy vriende wat die slagoffer geïdentifiseer het.
Verdagte tydens rooftog doodgeskiet
ʼn Vermeende rower is Dinsdagoggend doodgeskiet tydens ʼn mislukte rooftog by ʼn winkel in Trichardtsdal naby Tzaneen in Limpopo.
Herrie oor ‘rassistiese uitbarsting’ oor sportverbod
ʼn Storm het om die kop van ʼn jong man van Kaapstad losgebars nadat ʼn rassistiese uitlating glo op sy Facebook-profiel gemaak is in reaksie op Fikile Mbalula, minister van sport, se onlangse verbod op sporttoernooie weens transformasie.
Munisipale verkiesing gaan voort ongeag hofuitspraak
Die munisipale verkiesing sal nie uitgestel word nie, ongeag of die konstitusionele hof bevind dat elke kieser se woonadres ook op die kieserslys moet verskyn of nie.
Sanral-kontrakwerkers maak amok op N1
Betogende kontrakwerkers van die nasionale padagentskap (Sanral) het Dinsdagoggend chaos op die N1-noord tussen Pretoria en Johannesburg veroorsaak.
Inbrekers brand op ma en dogter los
ʼn Ma en haar dogter het Vrydagaand ʼn noue ontkoming gehad toe hulle by hul huis in La Lucia, KwaZulu-Natal, stilgehou en inbrekers op hulle losgebrand het.
Vragmotor ry voetganger dood
ʼn Man in sy 50’s is dood nadat hy Maandagaand deur ʼn vragmotor in Noordwes getref is.
Sewe ontsnap uit polisieaanhouding
Sewe verhoorafwagtendes het Sondagaand uit die aanhoudingselle van die polisiestasie op Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo ontsnap.
Man tydens kerkdiens vasgetrek
ʼn Man sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn nadat hy Sondag tydens ʼn erediens in ’n kerk in hegtenis geneem is toe ʼn ongelisensieerde vuurwapen glo in sy besit gevind is.
Polisieman wou glo kollega laat vermoor oor ondersoeke
ʼn 36-jarige polisiekonstabel sal na verwagting Dinsdag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn op aanklag van sameswering om ʼn moord te pleeg ná ʼn vlaag misdade in Noordwes.
Vermiste meisie dood gevind
Oos-Kaapse polisiebeamptes het Sondag ʼn 22-jarige man in Uitenhage in hegtenis geneem vir die moord op ʼn 14-jarige meisie wat op Vryheidsdag vermis geraak het.
Drie vas oor renosterhorings in kattebak
Drie verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van die onwettige besit van renosterhorings.
Miljoene rand se skade aan Kaapstad-infrastruktuur
Die stad Kaapstad het Maandag gesê vandalisme aan die stad se infrastruktuur oor die afgelope drie jaar beloop meer as R12 miljoen.
Panayiotou-saak moontlik na hooggeregshof
Die saak teen Christopher Panayiotou sal na verwagting na die Port Elizabeth-hooggeregshof oorgedra word, net meer as ʼn jaar ná die moord op sy vrou, Jayde.
Hewitt in die appèlhof
Die veroordeelde verkragter en voormalige tennisster Bob Hewitt se appèlsaak teen sy ses jaar lange vonnis word na verwagting Dinsdag in die hoogste hof van appèl aangehoor.
SAID-beampte se ontvoering: Borgtogaansoek hervat
Die aansoek om borgtog van die mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Anisah Moosa, beampte van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ontvoer het, hervat na verwagting Dinsdag in die Polokwane-streekshof.
Sewe Wits-studente sterf in ongeluk
Sewe studente aan die Universiteit van die Witwatersrand is Sondagaand in ʼn ongeluk in Limpopo oorlede.