Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (SARU) het Maandag gesê hy verstaan en ondersteun Fikile Mbalula, die minister van sport, se siening dat die kwessie van transformasie in sport dringend aandag moet geniet.
Binnelandse sake ontken bewerings oor Gupta-tender
Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake, het Maandag bewerings ontken dat ʼn kontrak, wat vier jaar gelede aan VFS Global toegestaan is om visum-ondersteuningsdienste te lewer, onregmatig was en dat die omstrede Gupta-familie glo uit die kontrak voordeel getrek het.
Twee dood, 7 beseer toe trok brand
Twee mense is dood en sewe beseer toe ʼn vragmotor Maandagmiddag op die N3, naby Pietermaritzburg, teen drie konstruksievoertuie gebots en aan die brand geslaan het.
Fetus in vullissak gevind
Vullisverwyderingswerkers het Maandagoggend op ʼn fetus in ʼn vullissak in Poortview, in die weste van Johannesburg, afgekom.
Twee leerders sterf toe vriend glo kar vat
Twee gr. 10-leerders van die Selborne College in Oos-Londen is Saterdag in die vroeë oggendure dood, nadat die motor waarin hulle was teen ʼn hoë spoed teen ʼn boom gebots het.
‘Sportverbod strydig met internasionale regulasies’
AfriForum het Maandag gesê die verbod wat deur Fikile Mbalula, Suid-Afrika se minister van sport, op SA Rugby, Krieket SA, Netbal SA en Atletiek SA geplaas is, is strydig met internasionale sportregulasies.
‘Geen pa moet dit aanskou nie’, sê pa na gesin gekaap is
Paramedici het Eugene Bright (43) die middag van 15 April gebel met die nuus dat sy gesin in ʼn ernstige botsing betrokke was. Nadat hy hulle in onderskeie hospitale in Johannesburg besoek het, het dit eers duidelik geword hulle is gekaap en hy moes “die legkaart aanmekaar begin sit”.
Baanbreker-operasie: Babadogtertjie dalk eersdaags tuis
Die operasie wat die ses maande oue Leah-Marie van der Riet verlede week ondergaan het, was die eerste van sy soort in Suid-Afrika en volgens dokters ʼn groot sukses.
Boer gewond, verdagte dood na Musina-plaasaanval
ʼn Boer van Musina in Limpopo is in die hospitaal opgeneem nadat hy Maandagoggend in ʼn skietgeveg met aanvallers op sy plaas betrokke was.
Verbod op sporttoernooie in SA oor transformasie
Fikile Mbalula, die minister van sport, het Maandag aangekondig die vier hoof-sportfederasies – die Suid-Afrikaanse Rugby-unie, Krieket Suid-Afrika, Atletiek Suid-Afrika en Netbal Suid-Afrika – mag nie gasheer speel vir enige groot internasionale sportgebeurtenisse in die land nie, aangesien hy meen hulle het nie hul transformasieteikens bereik nie.
Vrou sterf ná honde haar verskeur
ʼn Vrou van Pietermaritzburg is Maandagoggend dood nadat sy deur haar drie honde verskeur is.
Gesin gebroke ná seun (12) doodskok
“Ons weet nie nou hoekom dit moes gebeur nie, maar ons het vrede. Die getuienisse wat ons oor Krynauw se lewe hoor, is net ongelooflik.”
Man verkrag glo skoolmeisie
ʼn 27-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 17-jarige skoolmeisie verkrag het.
Kragdiewe kos Eskom miljarde per jaar
Eskom het Maandag gesê hy sal alles in sy vermoë doen om elektrisiteitdiefstal hok te slaan, aangesien die maatskappy na raming R7,5 miljard per jaar hieraan verloor.
Gru-botsing eis man
Paramedici is vroeg Maandagoggend ná ʼn ongelukstoneel op die N2 in Langa, Kaapstad, ontbied en het aanvanklik gedink verskeie motors was in ʼn botsing betrokke.
Parlement verdedig Europese reis
Die parlement het uitgevaar teen mediaberigte dat die sekretaris van die parlement en ander senior staatsamptenare amper R2 miljoen bestee het aan ʼn Europese reis.
Drie sterf in ongeluk in wildtuin
Drie mense is dood en talle beseer nadat ’n taxi tussen Shingwedzi en Mopani in die noorde van die wildtuin omgeslaan het.
Man besef glo eers dae later hy is beroof
ʼn Man van Noordwes is van meer as R40 000 beroof, maar het dit glo eers ʼn paar dae ná die rooftog besef.
Duisende stap vir herdenking van Grondwet
Duisende stappers het Sondag aan ʼn staptog in Johannesburg deelgeneem om die 20ste bestaansjaar van die Grondwet te vier.
Zuma: ‘SA is verbind tot wen-wen vennootskap met Iran’
Pres. Jacob Zuma het Sondag tydens sy besoek aan Iran gesê Suid-Afrika is verbind tot ʼn billike ekonomiese vennootskap met Iran op ʼn wen-wen grondslag.