Drie nuwe gevalle van ingewandskoors (buiktifus) is Donderdag in die Wes-Kaap aangemeld, slegs ʼn paar dae ná twee nuwe gevalle in Gauteng van dié aansteeklike siekte bevestig is.
Trein en trok bots in Wes-Kaap
Twee persone is Donderdagmiddag beseer tydens ʼn botsing tussen ʼn trein en ʼn vragmotor in Steenberg in die Wes-Kaap.
Maties-fakulteite tree glo teen taalbeleid op
AfriForum Jeug het Donderdag gesê verskeie fakulteite van die Universiteit van Stellenbosch (US) het direktiewe begin uitstuur om byna alle klasse te verengels.
Vermiste meisie veilig opgespoor
Klara (9) wat Vrydag tydens ʼn sportdag by die Laerskool Unie in Klerksdorp ontvoer is, is Donderdagmiddag veilig opgespoor.
ANC: ‘DA het optoggangers betaal’
Die ANC het Donderdag beweer die DA het mense betaal om aan Woensdag se optog teen werkloosheid deel te neem.
Oud-SA tennisspeler in Ierland dood
Sy motor is langs die pad gevind met sy liggaam daarin.
Honderde paddas by lughawe onderskep
Altesaam 220 paddas van twee spesies word by die Nasionale Dieretuin in Pretoria versorg nadat dit Woensdag by die OR Tambo-lughawe onderweg na Taiwan onderskep is.
Bejaarde in aftreeoord oorval
ʼn Bejaarde vrou is Donderdagoggend bewusteloos op die vloer van haar huisie in ʼn aftreeoord in Bloemfontein aangetref nadat sy oorval en erg aangerand is.
Man langs viswaters vermoor
Supt. Coert Jordaan (40), ʼn inwoner van Brakpan en beampte van die Ekurhuleni-metropolisie se berede eenheid, is Woensdag langs die viswaters vermoor en beroof.
Seun sterf by Musina-laerskool
Die Limpopo-polisie is besig met ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn 11-jarige seun tydens ‘n atletiekdag by ʼn laerskool in Musina dood is.
Seacom ervaar weer tegniese probleme
Alle internasionale internetverbindings deur Egipte word Donderdag geraak deur ʼn tegniese probleem wat Seacom tans ervaar.
Plaasaanvalle nou prioriteitsmisdaad
Die waarnemende polisiehoof se uitlatings tydens ʼn radio-onderhoud dat plaasaanvalle en –moorde geprioritiseer moet word, het verwarring veroorsaak oor die amptelikheid van die aankondiging.
Vermiste meisie dalk by familie
Gerugte wat die rondte doen dat Klara (9) opgespoor is nadat sy glo Vrydag tydens ʼn sportdag by haar laerskool in Klerksdorp ontvoer is, is ongegrond.
Drie sterf in trompop botsing
Drie mans is dood en nege mense beseer in ʼn trompop botsing Donderdag op die R28 naby Vereeniging in Gauteng.
ANC vasbeslote om Kaapstad-metro te wen
Die ANC is vasbeslote om vanjaar die verkiesing in al die munisipaliteite en metro’s in die plaaslike regeringsverkiesing te wen, insluitend die Kaapstad-metro wat tans deur die DA regeer word.
Glykabel-val: ‘Lang pad lê nog voor’
“Ons weet daar lê nog ʼn baie lang pad voor, maar ons is klaar besig om vorentoe te beweeg, treetjie vir treetjie.”
OB gevra om Tshwane-metropolisiehoof te ondersoek
Die VF Plus het die Openbare Beskermer (OB) gevra om drie klagtes te ondersoek wat direk verband hou met die hoof van die Tshwane-metropolisie, Moloko Racheku.
Dlamini-Zuma dalk klaar met AU
Dit lyk al meer waarskynlik dat Nkosazana Dlamini-Zuma vanjaar uit haar posisie as die voorsitter van die Afrika-Unie sal tree om eerder haar politieke ambisies in Suid-Afrika na te jaag.
Moontlike regstappe na honderde hul werk verloor
Die vakbond Solidariteit het gesê hy oorweeg regsopsies nadat Vanchem Vanadium Products 434 werknemers, waarvan 50 Solidariteit-lede is, summier en sonder ’n skeidingspakket afgedank het.
St. Francisbaai- brande vlam weer op
Die Kouga-munisipaliteit het bevestig die veld rondom St. Francisbaai en Kaap St. Francis in die Oos-Kaap, wat verlede week in vlamme gehul was, het Woensdag weer opgevlam.