Die munisipale beampte van Oudtshoorn wat verlede jaar ʼn herrie op sosiale media veroorsaak het nadat hy gesê het “witmense se tonge moet met ʼn kapmes uitgesny word”, sal berading in diversiteitsbestuur ontvang.
Verdagte op vlug lei polisie na dubbelmoord-toneel
ʼn Diefstalsaak het die KwaZulu-Natalse polisie Maandag tot ʼn bloedige moordtoneel van die Strauss-egpaar gelei.
Twee polisielede se lyke gevind
Die Valke ondersoek twee onverwante sake van moord nadat twee polisiebeamptes se liggame Maandag onderskeidelik in ʼn huis en ʼn motor ontdek is.
‘Huurmoord’ op ma, dogters ondersoek
“Daar was geen tekens van gedwonge toegang tot die huis nie en dit kom voor asof die verdagtes of verdagte net gekom het om hulle te skiet.”
Dirkiesdorp-plaasaanval: Vrou sterf ook
Johannes van Zyl se liggaam is Saterdag in die huis ontdek nadat hy vermoedelik met krukke doodgeslaan is.
Padwerker kry geraamte langs snelweg
Die Vrystaatse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle te help met inligting nadat ʼn mensgeraamte Vrydag langs die N1-snelweg naby Verkeerdevlei gevind is.
Twee dood toe kar trok tref
Twee mense is Maandagaand in ʼn trompop botsing naby Harrismith in die Vrystaat dood.
Saak teen Kaapse polisiebeamptes uitgestel
Die verhoor van drie Kaapstadse polisiebeamptes wat van diefstal en roof aangekla word, moes Maandag noodgedwonge uitgestel word nadat een van die prokureurs siek geword het.
PE-man se lyk in huis gevind
Die polisie in Port Elizabeth ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 37-jarige man in sy huis verwurg en dood gelaat is.
‘Inbreker’ val by krans af
Paramedici is Maandag na ʼn toneel in Durban ontbied waar ʼn vermeende rower glo met ʼn gesteelde televisie probeer vlug en 25 meter ver by ʼn krans afgetuimel het.
ANC: ‘Betaal asseblief studiegeld’
Ouers wat kan bekostig om hul kinders se universiteitsgeld te betaal moet dit doen ten einde te verhoed dat die land se tersiêre instellings disfunksioneel raak of heeltemal tot stilstand kom, het die ANC gesê.
Geskorste amptenare kry glo miljoene
Mpumalanga se provinsiale regering het glo die afgelope boekjaar miljoene rande spandeer op beamptes wat as voorsorgmaatreël geskors is.
Kontrakwerkers betoog steeds by Pta-universiteite
Bedrywighede by die Universiteit van Pretoria en die Unisa word steeds ontwrig deur betogende kontrakwerkers onder die vaandel van #OutsourcingMustFall.
Stappe kom dalk ná ‘Zuma must fall’-plakkaat
Die eienaars van die advertensieruimte waar die reusagtige “Zuma must fall”-plakkaat in Kaapstad se middestad aangebring is, kan moontlik aangekla word.
10-jarige skiet glo vriend dood
Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn voorval waartydens ʼn tienjarige seun glo sy 12-jarige vriend doodgeskiet het.
AbaThembu-koning weer in hospitaal
Buyelekhaya Dalindyebo, die voormalige AbaThembu koning, is Sondagoggend weer in die Life Oos-Londen-hospitaal opgeneem, het die Oos-Kaapse korrektiewe dienste bevestig.
Matriekvraestel lek uit: Hof sê oor uitslae
Leerlinge van ʼn skool in Limpopo wat betrek is by die uitlek van ʼn matriekeksamenvraestel het die hooggeregshof genader om hul uitslae te kry.
Seun sien op Skype hoe ouers beroof word
ʼn Jong man in Frankryk moes via Skype toekyk hoe sy ouers in hul huis in Melville, Johannesburg, deur gewapende rowers oorval word.
[Video] Baba uit puttoilet gered
ʼn Vrou is in hegtenis geneem nadat ʼn pasgebore baba Sondag uit ʼn puttoilet naby Louis Trichardt in Limpopo gehaal is.
[Foto’s] ‘Zuma must fall’-plakkate laat sosiale media gons
Plakkate met die woorde “Zuma must fall” wat kwansuis skielik wêreldwyd in bekende openbare plekke soos New York en Londen opgesit is, het sosiale media aan die gons.