Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het gesê die dood van vyf kinders wat vroeg Maandagoggend in ʼn plakkershutbrand gesterf het, kon voorkom gewees het indien die brandweerstasie voldoende toerusting gehad het.
Appèlhof verwerp Tshwane-raad se aansoek oor straatname
Die burgerregteorganisasie Afriforum het nog ʼn ronde teen die Tshwane Metroraad gewen in sy stryd om Pretoria se straatname te behou.
Skokverslag bekend oor korrupsie by Jhb-hoërskool
Die voormalige beheerraad van die Glenvista High School in Johannesburg het miljoene rande van die skool se geld geblaas op onder meer vliegkaartjies, ʼn vakansiehuis en jaguitstappies.
Wildtuin se renoster-wesie sterk goed aan
Foto’s van die renostertjie, Baba Don, is wyd op sosiale media versprei nadat hy op 25 Julie in die wildtuin gevind is.
Plattelandse skole kry hupstoot met satelliettegnologie
Twaalf landelike skole in Mpumalanga met ’n gesamentlike leerlinggetal van 6 500 vind baat by ’n projek van die Europese Ruimte-agentskap om deur kommunikasiesatelliettegnologie internettoegang te verkry.
Mali-aanval: Pretoria-pa se liggaam op pad terug
Die familie van die man van Pretoria wat Vrydag tydens die 20-uur lange beleëring in Mali dood is, weet nog nie presies wat die omstandighede was wat uiteindelik tot sy dood gelei het nie.
Brandstoftekort tref Gauteng
Petrolpompe in Gauteng het glo Sondag begin leegloop, wat veroorsaak het dat motoriste tougestaan het by vulstasies, veral in die townships.
Twee doodgeskiet glo oor parkeerplek
Twee mans is Sondag in Durban doodgeskiet nadat hulle glo in ʼn rusie oor ʼn parkeerplek betrokke was.
Beurtkrag Maandagaand moontlik
Eskom het Maandagoggend gesê die kragnetwerk is stabiel en daarom kan instandhoudingswerk by kragstasies gedoen word sonder dat beurtkrag toegepas hoef te word.
Hierdie mans gesoek vir Orange Farm-polisiemoord
Die polisie het foto’s uitgereik van ses verdagtes wat gesoek word in verband met die moord op ʼn polisiebeampte by ʼn treinstasie in Orange Farm, suid van Johannesburg.
Vlieënier maak noodlanding op Durban strand
ʼn Vlieënier is ongedeerd nadat hy Sondag ʼn noodlanding op ʼn strand in Durban moes maak.
Vrou dood ná motor verskeie kere rol
ʼn Vrou is Sondag dood nadat haar motor verskeie kere gerol het op die R550 naby die Grasmere-tolhek buite Johannesburg.
Kuilsrivier-polisie trek meer as 500 verdagtes vas
Die polisie in Kuilsrivier in die Wes-Kaap het die afgelope week meer as 500 verdagtes vir verskeie oortredings in hegtenis geneem.
Limpopo-betogings: Situasie stil, maar gespanne
Die situasie in die Vuwani-gebied buite Thohoyandou in Limpopo is steeds baie gespanne ná die gewelddadige betogings wat die afgelope week daar gewoed het.
Tienermeisie se liggaam in straat gevind
ʼn 32-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn 13-jarige meisie se liggaam Sondagoggend in ʼn straat in De Aar in die Noord-Kaap ontdek is.
Bejaarde man wat rower skiet oorlede
Louis Trichardt, die 76-jarige man wat op 20 Julie ʼn vermeende rower in die oprit van sy huis doodgeskiet het, is Sondagoggend dood.
Brand ontstaan by luukse Kaapstad-hotel
Die brandweer moes Sondag spook om ʼn brand by die luukse Kaapstadse Crystal Towers-hotel en spa te blus.
DA dien klag in oor besmette water
Die DA het Sondag gesê dat hy aanklagte teen die burgemeester van die Merafong City plaaslike munisipaliteit aan die Wesrand aanhangig gemaak het omdat inwoners aan besmette water blootgestel is.
Kovsie se skietdood: ‘Hy was alles wat mooi is’
“Toe hy my groet, het hy my ʼn stywe druk gegee en my op my voorkop gesoen. By die deur het ek hom gevra, so ek sien jou môre? Hy het my nooit geantwoord nie.”
Bejaarde vir twee uur lank op plaas aangehou
ʼn Bejaarde vrou van Gauteng is erg getraumatiseer nadat sy Vrydagaand vir twee ure lank op ʼn plaas buite Bronkhorstspruit deur gewapende rowers vasgebind, rondgeruk en met vuurwapens gedreig is.