Vyf mense is sedert Donderdag dood in twee afsonderlike botsings in die Vrystaat.
Twee vas wat glo polisiestasie beroof
Shimmy Joseph Makhubedi (29) en Thomas Sikhathi Sindane (42) het Donderdag in die Mokobola-landdroshof in Kwaggafontein, Mpumalanga, verskyn op aanklag van poging tot moord en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.
[Foto’s] Hollander vas oor dwelmlaboratorium in Kaapstad
ʼn 55-jarige man van Holland is in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn klopjag uitgevoer het op ʼn huis in Durbanville, Kaapstad, en op ʼn onwettige dwelmvervaardigingsfasiliteit afgekom het.
Een sterf toe twee motorfietse in Pta bots
ʼn Motorfietsryer is Donderdagaand tydens ʼn ongeluk tussen twee motorfietse in Garsfontein, Pretoria-Oos, oorlede.
Oscar Pistorius onseker hoe om oor besluit te reageer
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het nog nie besluit hoe om te reageer ná die besluit dat sy beplande vrylating uit die tronk uitgestel is nie, het sy woordvoerder Donderdag gesê.
Herrie oor vrou wat op vliegtuig wil borsvoed
Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, het Donderdag die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) as “primitief” beskryf nadat hulle ʼn passasier gedwing het om haar baba in die toilethokkie te borsvoed.
Man gevonnis ná hy tiener voor groep vriende verkrag
ʼn 20-jarige man is tot 15 jaar tronkstraf in KwaZulu-Natal gevonnis nadat hy ʼn 15-jarige meisie voor haar groep vriende verkrag het.
Groot teenkanting oor Kovsies-taalbeleid
Meer as 3 000 Solidariteit-lede het in ʼn aanlyn peiling aangedui dat hulle teen die beoogde hersiening van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se taalbeleid is, het die vakbond vandag gesê.
Arbeidshof staan verlof tot appèl in SAPD-saak toe
Die Arbeidshof het ’n onlangse aansoek om verlof tot appèl van die vakbond Solidariteit toegestaan.
MRK se verslag oor plaasmoorde bekend
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het Donderdag ’n verslag oor aanvalle en moorde in landelike gebiede bekend gestel.
Soldaat beseer tydens weermagoefening
“Ek is dankbaar, want een van die redes waarom ons so baie in opleiding belê, is dat as ons oorlog toe moet gaan, ons nie foute soos hierdie wil hê nie.”
Bejaarde vrou se geraamte in huis gevind
Die geraamte van ʼn 77-jarige vrou is Donderdag in ʼn huis in Edenvale, Johannesburg, gevind. Daar word vermoed dat die vrou twee jaar gelede dood is, hoewel dit nog nie bevestig kan word nie.
Standbeeld-vandale gevonnis
Die twee vroue wat in Junie die oorloggedenkstandbeeld op Uitenhage se markplein met verf besmeer het, is Woensdag gevonnis.
Man laat sy ma vir dood agter, hoor hof
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy ma oor uitstaande skuld vermoor het, het haar vir dood agtergelaat terwyl hy met sy lewe aangegaan het, het die Johannesburgse landdroshof Donderdag gehoor.
Parate inwoners help ‘skotteldiewe’ vastrek ná wilde jaagtog
Te danke aan die optrede van parate inwoners en ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy is vier verdagtes Woensdagaand vasgetrek ná ʼn wilde jaagtog deur die strate van Kempton Park aan die Oos-Rand.
Gr. 2-seuns geskors ná beweerde verkragting
“Een seuntjie het selfs vir een van die dogtertjies R2 gegee en toe hy gevra word waarvoor die geld is, het hy gelag en gesê dit is vir lobola.”
‘Oscar het voorkeurbehandeling ontvang’
“Ons is nie teen die gereg nie. Ons wil net hê almal moet regverdig behandel word.”
Man gevonnis ná hy kind se kop teen die grond slaan
ʼn Man wat sy vriendin se driejarige dogtertjie doodgemaak het toe hy haar aan haar voete gevat en haar kop teen die grond geslaan het, is in die hooggeregshof in Bloemfontein gevonnis.
Afgedankte Rustenburg-mynwerkers krepeer, eet katte en rotte
Talle voormalige mynwerkers van Kroondal buite Rustenburg in Noordwes leef in haglike omstandighede sedert hulle in 2009 afgedank is, en oorleef skaars deur katte, rotte, wilde diere en groente te eet.
Tutu ontvang ‘intensiewe’ behandeling in hospitaal
Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu sal ten minste nog twee weke in die hospitaal wees waar hy “intensiewe antibiotiese behandeling” ontvang.