ʼn Pretoriase raadslid is Dinsdagmiddag in die middestad aangeval net soos Charlie, voorsanger van die gewilde Afrikaanse groep Beeskraal, wat twee weke gelede in dieselfde omgewing met ʼn mes gesteek en beroof is.
Leeu-aanval: Vrou se naam bekend
Die Amerikaanse toeris wat Maandagmiddag by die Leeupark in Honeydew, Johannesburg, deur ʼn leeuwyfie doodgebyt is, se naam is bekend.
‘Rower’ doodgeskiet tydens huisbraak
ʼn Vermeende rower is Dinsdag doodgeskiet tydens ʼn huisbraak in Pinetown, KwaZulu-Natal.
Heli-dood: ‘Hy was ʼn avonturier van die lewe’, sê dogter
Die begrafnis van Apie Reyneke (58), die wildboer wat Saterdag in ʼn helikopterongeluk naby Delareyville in Noordwes dood is, is voorlopig uitgestel tot sy vrou sterk genoeg is om die gedenkdiens by te woon.
Vier sterf toe bakkie en trok bots
Vier mans is dood en vier beseer toe ʼn bakkie en ʼn swaarvoertuig Dinsdagaand laat naby Bothaville in die Vrystaat gebots het.
Goeie nuus: Ontvoerde seuntjie ná vyf maande opgespoor
Puik speurwerk deur die polisie het daartoe gelei dat ʼn seuntjie Maandag opgespoor is nadat hy in Januarie in ʼn park aan die Oos-Rand ontvoer is.
Boer dood en broer ernstig beseer in KZN-plaasaanval
ʼn 56-jarige boer is dood en sy 54-jarige broer is ernstig beseer toe hulle Dinsdagaand op hul plaas in KwaZulu-Natal deur gewapende rowers oorval is.
Nkandla-verslag: Opposisie se pogings tevergeefs
Opposisiepartye het Dinsdag vergeefs probeer om ʼn mosie in die parlement te laat slaag om Nathi Nhleko, minister van polisie, se Nkandla-verslag omvattend onder die loep te neem.
KZN-kettingbotsing eis lewe van motoris
Een persoon is dood en sewe beseer in ʼn kettingbotsing Woensdagoggend op die N3-snelweg in Pinetown, KwaZulu-Natal.
Kunstenaar in hof oor sekswerker se dood
’n Internasionaal gerekende kunstenaar van Suid-Afrika het onskuldig gepleit op aanklag dat hy ʼn 23-jarige sekswerker vermoor het.
Ondersoek ná man in aanhoudingselle sterf
Die polisie in Daveyton aan die Oos-Rand het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen nadat ʼn man in aanhouding dood is.
Meer vryheid vir Schabir Shaik
Die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik se paroolvoorwaardes is effens verslap op grond van goeie gedrag, het die departement van korrektiewe dienste Dinsdag gesê.
Wind beskadig elektrisiteitsnetwerk in Wes-Kaap
Gure weersomstandighede het Maandagaand skade veroorsaak aan veral die elektrisiteitsnetwerk in die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap. Die hele Paarl en Mbekweni se kragtoevoer is hierdeur geraak.
Nóg ʼn monument met verf geskend
ʼn Anglo Boereoorlogmonument in Burgersdorp in die Oos-Kaap het ook nou onder vandale deurgeloop.
Ondersoek kom oor foto’s van polisiebeamptes
Die polisie het ʼn dissiplinêre ondersoek van stapel gestuur nadat foto’s van polisiebeamptes, wat in hul amptelike voertuig lê en slaap, wyd op sosiale media versprei is.
App vir nuwe reisregulasies
As jou droomvakansie saam die kinders in ʼn nagmerrie verander het, is die volgende app vir jou.
Malema-sekwestrasie: SAID sê waarom hy bevel terugtrek
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag sy besluit verduidelik om ʼn hofaansoek dat ʼn voorlopige sekwestrasiebevel teen EFF-leier Julius Malema finaal gemaak word, terug te trek.
Leeu dalk geskuif ná vrou sterf
Die leeuwyfie wat Maandagmiddag ʼn vrou by die Leeupark in Honeydew, Johannesburg, doodgebyt het, sal waarskynlik na ʼn ander perseel geskuif word.
Fifa-skandaal: Net span stywer om SA oor $10 miljoen
Die net span stywer om Suid-Afrika oor die $10 miljoen “omkoopgeld” wat blykbaar aan ’n voormalige vise-president van Fifa betaal is om die sukses van die Suid-Afrikaanse bod te verseker.
Ou Pta-straatname moet weer wys
Die Tshwane-metroraad is volgens ʼn hofbevel verplig om weer die ou straatname wat hy regoor Pretoria verander het, saam met die nuwe name te vertoon.