AfriForum het aan RoyalDutch Shell en Shell (SA) geskryf om aan hierdie maatskappye die geleentheid te bied om op vrae te reageer wat die burgerregte-organisasie van verteenwoordigers van Suid-Afrikaanse gemeenskappe gekry het waarin kommer oor skaliegasontginning (hidrobreking) geopper is.
Twee sterf in PMB-skietery
Twee mans is dood ná ʼn skietery Sondagaand in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.
Jasmin-moord: Groot polisieteenwoordigheid by hof
Die 23-jarige oom van die vermoorde en verkragte Jasmin Pretorius (4) het Maandag vlugtig vir die derde keer in die Brakpan-landdroshof verskyn.
Man verdrink in Port Edward
ʼn 47-jarige man van Port Shepstone het Saterdag in die see by Port Edward, KwaZulu-Natal, verdrink.
Spoedvraat wou glo vinnig by hof uitkom
Vyf motoriste is Saterdag in hegtenis geneem weens spoedoortredings, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
ANC-ondersteuners in hof ná bakleiery met EFF-lede
Nagenoeg 30 ANC-ondersteuners verskyn Maandag in die hof nadat hulle Saterdag in hegtenis geneem is ná ʼn bakleiery met EFF-lede naby aan pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning.
Stellenbosch-man val na sy dood
ʼn Man is Vrydag in Stellenbosch dood nadat hy 10 meter ver van ʼn gebou afgeval het.
Jasmin-moord: Oom weer in hof
Die 23-jarige oom van die vermoorde en verkragte Jasmin Pretorius (4) verskyn Maandag vir die derde keer in die Brakpan-landdroshof.
“Kaapstad dié bestemming vir toeriste” – NY Times
Kaapstad is pas deur die New York Times aangewys as die nommer een plek wat toeriste moet besoek, het die stad Sondag gesê.
Een dood, 66 beseer in Wes-Kaap-ongeluk
Een persoon is dood en minstens 66 beseer toe ʼn oop vragmotor en ʼn motor Sondagmiddag op die N7 naby Morningstar in die Wes-Kaap gebots en die vragmotor omgeslaan het.
Drie familielede sterf in bylaanval
Die seun wat sy familie Sondag met ʼn byl aangeval het, is ʼn man van 25.
Egpaar in Oos-Kaap beroof, vrou doodgeskiet
ʼn 49-jarige vrou is Sondag doodgeskiet en haar 50-jarige man gewond tydens ‘n rooftog by hul huis in Qwe-Qwe, Mthatha.
Meer as 22 voetgangers vasgetrek
Meer as 22 voetgangers is Sondag in en rondom Gauteng in hegtenis geneem omdat hulle op die provinsie se snelweë gestap het.
Seun vermoor glo ouma, tannie met ‘n byl
ʼn Seun is in hegtenis geneem nadat hy glo twee van sy familielede Sondag in Lakeside, Johannesburg, met ʼn byl vermoor en twee beseer het.
Onderhandelings duur voort vir Pierre se vrylating
Onderhandelinge met ʼn groep ontvoerders wat ʼn Suid-Afrikaanse onderwyser in Jemen aanhou, duur voort, het Gift of the Givers Sondag gesê.
Vrou met Kongo-koors in W-Kaap-hospitaal
Die vrou wat vir Kongo-koors by die Medi-Clinic Vergelegen in Somerset-Wes in die Wes-Kaap behandel word, is ʼn geïsoleerde geval, het hospitaalbeamptes Sondag gesê.
Bafana-sokkerspeler rand glo man aan
Edward Manqele, doelskopper vir Bafana Bafana, het glo ʼn ondersteuner aangerand en hom bewusteloos gelaat, het die Sunday World berig.
13-jarige vas oor tiener se moord
ʼn 13-jarige seun is Sondag in Kroonvale, Graaff-Reinet, vermoedelik deur ʼn ander 13-jarige, met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.
Pa vas oor baba se moord
ʼn 27-jarige man is in hegtenis geneem nadat die verkoolde oorskot van sy babaseuntjie Sondag in ʼn sloot in Galeshewe, Kimberley opgespoor is
“Platsak” Cope vasbeslote om te wen
Mosiuoa Lekota het gesê die Congress of the People (Cope)-party is platsak, maar sal steeds ʼn oorwinning vier tydens vanjaar se algemene verkiesing, het die City Press Sondag berig.