Edward Manqele, doelskopper vir Bafana Bafana, het glo ʼn ondersteuner aangerand en hom bewusteloos gelaat, het die Sunday World berig.
13-jarige vas oor tiener se moord
ʼn 13-jarige seun is Sondag in Kroonvale, Graaff-Reinet, vermoedelik deur ʼn ander 13-jarige, met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.
Pa vas oor baba se moord
ʼn 27-jarige man is in hegtenis geneem nadat die verkoolde oorskot van sy babaseuntjie Sondag in ʼn sloot in Galeshewe, Kimberley opgespoor is
“Platsak” Cope vasbeslote om te wen
Mosiuoa Lekota het gesê die Congress of the People (Cope)-party is platsak, maar sal steeds ʼn oorwinning vier tydens vanjaar se algemene verkiesing, het die City Press Sondag berig.
Klagtekanaal ná 10111-noodlyn diens in Afrikaans weier
AfriForum moes onlangs tydens ʼn poging om ʼn misdaad aan te meld, aanhoor dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se 10111-noodlynoperateurs weier om oproepe in Afrikaans te aanvaar. Toe daar om Afrikaanse diens gevra is, is die oproep summier deur die 10111-operateur afgesny.
Polisie ondersoek moord ná tieners se baba sterf
Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek die moord van ʼn maand oue babaseuntjie in Bredasdorp, het die Sunday Times berig.
Alle matrieks druip by duur Gauteng-skool
Al ses matrikulante by ʼn onafhanklike skool in Midrand, waar ouers R1 600 per maand skoolgeld moet betaal, het hul matriekeksamen gedruip, het Rapport berig.
Balju lê beslag op onderwys-voertuie
Die balju het beslag gelê op meer as 700 voertuie van die departement van onderwys in KwaZulu-Natal nadat die departement nie beloofde beurse aan studente uitbetaal het nie, berig Rapport.
ANC-lede by Nkandla in hegtenis geneem
ʼn Aantal ANC-ondersteuners is in hegtenis geneem ná ʼn bakleiery Saterdag met EFF-lede naby aan pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning.
Metropolisiebeamptes vas oor ‘gewapende roof’
Twee Tshwane-metropolisiebeamptes is in hegtenis geneem vir gewapende roof, het die polisie Saterdag gesê.
Tienerseun sterf na aanranding
ʼn Tienerseun is dood en nog een is in ʼn kritieke toestand nadat hulle Saterdagoggend deur twee mans in Dobsonville, Soweto aangerand is.
Swerms wit skoenlappers sak op JHB toe
Swerms wit skoenlappers het op Johannesburg toegesak as deel van hul jaarlike migrasie van Suid-Afrika se Weskus na Madagaskar.
Lekota herverkies tot leier van Cope
Mosiuoa Lekota is Saterdag tydens Cope se nasionale kongres in Boksburg aan die Oos-Rand tot leier van die party herverkies.
ANC-manifes: Zuma sê oor grondhervorming, tenders en werkskepping
President Jacob Zuma het Saterdag tydens die ANC se bekendstelling van sy manifes vir die 2014-verkiesing gesê ʼn tenderraad gaan op die been gebring word om alle regeringstenders te beoordeel.
ANC betoog voor EFF huis oorhandig
Honderde ANC-ondersteuners het Saterdag buite president Jacob Zuma se omstrede Nkandla-woning in KwaZulu-Natal betoog voor die oorhandiging van ʼn huis deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF).
Drie vas oor dwelms
Drie mense is in verband met dwelmhandel in Lonehill, Johannesburg in hegtenis geneem.
Een dood, twee gewond na skietgeveg met polisie
ʼn Man is doodgeskiet en twee ander gewond nadat hulle in ʼn skietgeveg met polisielede betrokke was in Ulundi, KwaZulu-Natal.
Vyf vas oor kaartkloningsindikaat
Vyf mans is in hegtenis geneem tydens ʼn gesamentlike operasie deur die bankindustrie en die Valke.
Krejcir se aansoek om verlof tot appèl geweier
Die hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir se aansoek om verlof tot appèl teen sy borgbeslissing van die hand gewys, berig The Citizen.
Baba L geopereer, toestand steeds ernstig
Die tweejarige dogtertjie wat glo deur haar ma en dié se kêrel mishandel is, se toestand is steeds ernstig nadat sy Vrydag in die Steve Biko-hospitaal geopereer is.