Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag se nuusbrief daaraan gewy om die “wanpersepsies” oor Suid-Afrika se buitelandse beleid reg te stel.
Sitrusvereniging verwelkom nuwe voorsitter
Gerrit van der Merwe het reeds op agtjarige ouderdom met vakansiewerk op sy pa se plaas begin, wat sy lewenslange passie vir die sitrusbedryf gevestig het.
Net R800 van verkwiste miljoene herwin
Die portefeuljekomitee oor verdediging moes verder hoor dat onreëlmatige uitgawes R15,98 miljard beloop waarvan net R76 000 verhaal is.
Grootste padda in eeu ontdek
Wat hierdie padda veral besonders maak, is sy vreesaanjaende tande.
Man se hande in gru-aanval afgekap
Die aanvallers het glo in ’n stadium aangedui dat hulle die man gaan doodmaak voordat hulle met hom die bosse ingery het. Dit is hiér waar die mans sy hande afgekap en met albei sy hande op die vlug geslaan het.
Ses se rooftogplan gefnuik
Die Johannesburgse blitspatrollie het inligting ontvang oor ’n groep verdagtes, onder wie ’n werknemer van ’n koeriermaatskappy, wat ’n rooftog in die omgewing van Johannesburg sou uitvoer.
NVG staan speaker se aansoek Maandag teen
“Die NVG se ondersoekdirektoraat sal die aansoek teenstaan aangesien ons glo dat dit ongegrond en sonder meriete is.”
Eskom, wys ons jou diesel- en steenkoolkontrakte, gelas hof
AfriForum vermoed dat die inligting vervat in hierdie kontrakte moontlik onreëlmatighede en korrupsie by die kragvoorsiener aan die lig kan bring.
US-konvokasie: Pro-Afrikaanse kandidate geskrap oor maroen-goud-plakkaat
Vier kandidate – almal pro-Afrikaans – in die verkiesing van die uitvoerende komitee vir die konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) is gediskwalifiseer oor ʼn veldtogplakkaat met ʼn maroen-goud-kleurkombinasie waarop hul name verskyn.
Fase 2 om noodreserwes aan te vul
Die volgende beurtkragpatroon sal oor die volgende paar dae gevolg word:
Opsystaanreël sal ook vir speaker geld, sou klagte kom – Mbalula
Volgens pres. Cyril Ramaphosa is Nosiviwe Mapisa-Nqakula nog nie strafregtelik aangekla nie.
Gautengse skermsweefvlieënier sterf naby Citrusdal
Die skermsweefvlieënier het Vrydag aan ʼn geleentheid deelgeneem toe hy in die moeilikheid beland het.
SA’ner uiteindelik vas ná skipper verdwyn
John Matambu het op 16 Maart vanjaar vermis geraak nadat hy ’n man, vermoedelik Ferdie Visser, op die see by Sodwanabaai uitgeneem het.
Depressie nie kruk, maar superkrag vir Zaretha
“Die Here wil jou kom ontmoet in daardie diepste, donkerste plek.”
Toerismebedryf aan bande gelê deur gesloer met lisensies
Operateurs voer die afgelope vyf jaar reeds ʼn opdraande stryd om bedryflisensies vir voertuie wat toeriste vervoer te bekom.
SA ondervind drastiese toename in ontvoerings
“Kriminele het regtig desperaat geword. Ontvoerings word deesdae as ʼn lae risiko-misdaad – wat heelwat geld kan inbring – gesien.”
Skole op Kaapse Vlakte halfwegstasies vir honger suikerbekkies
Suikerbekkies kan nie vir verder as 1,5 km vlieg sonder om te stop vir kos nie. Die vestiging van tuine by skole om as “vulstasies” vir die voëltjies te dien, help hulle om hul natuurlike migrasie te voltooi.
Reg om te regeer: Dís hoe ActionSA land wil regruk
Herman Mashaba, president van ActionSA, sê om Suid-Afrika reg te ruk gaan dapperheid en waagmoed verg. En ook dat mense vir iets nuut stem en hul vertroue plaas in ʼn geloofwaardige alternatief vir die mislukte politieke establishment.
ATKV Goudini het iets vir oud én jonk
“Soos ek op die koel stoep van die Slanghoekvilla sit, skuif die son skugter agter die Slanghoekberge in,” skryf Tania Heyns oor haar ervaring by die ATKV Goudini Spa.
Minstens R17 miljard nodig vir Bela-wet
Intussen sê dr. Wynand Boshoff, die VF Plus se woordvoerder vir basiese onderwys, die “politieke agenda” van die Bela-wetsontwerp is nou duideliker as ooit. Hy sê ook die minister van basiese onderwys se kwansuise ommekeer oor taal- en toelatingsbeleid is om ʼn uiters beperkte toegewing na veel meer te laat lyk.