Stan Lee, die man wat ʼn medestigter was van Marvel Comics, is Maandag in die ouderdom van 95 oorlede.
Die wêreld in foto’s – 12 November 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Vrou oor naalde in aarbeie aangekeer
Die motief vir haar optrede was blykbaar om wraak op haar werkgewer te neem en hulle geldelike skade te berokken.
Gerard Butler se huis brand af
Butler beskryf die situasie as “hartverskeurend”, maar sê hoe geïnspireerd hy is deur die moed van die brandbestryders wat probeer om die vlamme te blus.
Wye kritiek op Trump se brand-twiet
“Die boodskap waarin die president Kalifornië aanval en dreig om noodleniging van die slagoffers van die verwoestende brand te weerhou, is onvanpas, ongeleë en vernederend .”
Hele bruidstoet van 15 motors beboet
Die polisie het die bruilofstoet, wat aangevoer is deur ʼn peperduur Maybach, van die pad afgetrek. Geeneen van die bestuurders het sonder ʼn boete daarvan afgekom nie.
Vroeë Kersfees ná fout met fabriek se salarisbetalings
Toe die fabriek sy fout agterkom, het die werknemers e-pos gekry waarin hulle vriendelik dog dringend versoek is om die geld dadelik aan hul werkgewer terug te betaal.
Duif haal R6 miljoen op rekordveiling
“Eenkeer is ʼn duif teen R6,5 miljoen verkoop, maar dit was ʼn private transaksie, nie ʼn openbare veiling nie.”
Ebola in DRK nou amptelik ergste uitbraak
Ál meer waarskuwings klink op dat die situasie kan vererger weens aanvalle deur gewapende groepe en weerstand van gemeenskappe in die gebiede in die ooste van die land waar die siekte voorkom.
Nuwe pad tussen Mosambiek en KZN geopen
“Dit sal baie beteken vir die bevordering van handel en toerisme tussen Suid-Afrika en Mosambiek.”
Melbourne-aanvaller was bekend aan die owerheid
Die voorval het gister gebeur toe Shire Ali uit ʼn afleweringsvoertuig geklim, wat hy toe aan die brand gesteek het, en drie mans met ʼn mes te lyf gegaan het.
Eerste Nederlandse dokter oor genadedood vervolg
Die dokter het na bewering die bejaarde se koffie met ʼn slaapmiddel gedokter en naasbestaandes gekry om die vrou vas te druk terwyl sy haar met ʼn dodelike middel ingespuit het.
Trump dreig nog verslaggewers
Trump het ook ʼn steek ingekry na die CNN-verslaggewer April Ryan en haar “naar” (nasty) en ʼn “verloorder” (loser) genoem.
Dodetal styg in verwoestende veldbrande
Midde-in die chaos kon beamptes nie sê presies hoeveel mense beseer is nie, maar onder hulle tel twee brandbestryders en ʼn hele aantal inwoners.
Ryanair steek ses in pad oor geposeerde foto
ʼn Portugese vakbond, SNPVAC, het vroeër van Ryanair se weergawe van die gebeure verskil en beweer die bemanningslede is wel van 01:30 tot 06:00 die oggend sonder “die minimum rusgeriewe” gelaat.
Nuwe studie: Halfmiljoen het in ‘oorlog teen terreur’ gesterf
“Tienduisende burgerlikes is byvoorbeeld moontlik dood tydens die terugname van Mosoel en ander stede van die IS, maar hul liggame is waarskynlik nog nie gevind nie.”
Die wêreld in foto’s – 9 November 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Kaliforniese skieter en ma het gereeld aggressief gestry
Die owerheid sê beamptes het die plaasagtige huis net een keer, in April, besoek nadat van die bure gekla het oor ʼn geskree en geluide soos iets wat breek.
Man hof toe sodat hy kan ‘jonger wees’
“Ons kan ons eie besluite neem as ons ons name of geslag wil laat verander. So, ek wil my ouderdom verander.”
Talle sterf in massaskietery in kroeg
Ooggetuies sê die aanvaller, geklee in swart en met ʼn bril op, het die dansbaan betree en willekeurig begin skiet op mense wat besig was om te lyndans.