Minstens 21 mense, onder wie talle toeriste, is dood ná ʼn terreuraanval op ’n museum in Tunis, die hoofstad van Tunisië.
Eers sikloonsterftes, toe kom aardbewing
Terwyl die inwoners van die eilandgroep Vanuatu, noordoos van Australië, die dooies tel en opruim na ʼn sterkte 5-sikloon, Pam, die eiland getref het, het ‘n aardbewing van 5,3 op die momentmagnitudeskaal ook toegeslaan.
Video: ‘Iron Man’ gee bioniese arm vir sewejarige
Alex Pring (7) is met ʼn gedeeltelik ontwikkelde regterarm gebore, maar het onlangs ʼn 3D-gedrukte bioniese arm ontvang van die strokiesprentheld, Iron Man.
British Airways-vlug draai terug weens toiletreuk
ʼn Vlug van British Airways van Londen na Dubai moes 30 minute nadat dit opgestyg het, weer terugdraai.
Toeriste sien hoe krokodille mens vreet
ʼn Groep toeriste by die Zambezirivier het groot geskrik toe hulle gesien het hoe krokodille ʼn mens vreet.
Een dood tydens oproer by Zimbabwe-tronk
Minstens een gevangene is dood en 23 beseer tydens ʼn drie uur lange oproer by ʼn maksimum-sekuriteitgevangenis in Harare, Zimbabwe.
Kind sterf toe tiener haar doodry
ʼn Sesjarige dogtertjie is dood toe ʼn 13-jarige, wat met haar pa se motor gery het, haar getref het.
Egipte kry glo nuwe hoofstad
Egipte se hoofstad, Kaïro, met sowat 18 miljoen inwoners, kan nie meer die bevolkingsdruk hanteer nie en daarom gaan die land ’n nuwe hoofstad kry.
Vrou sterf toe walvis wou asemhaal
Jennifer Karren (35) van Calgary in Kanada is dood en twee toeriste is beseer toe ʼn walvis hul boot getref het.
Kanse groter vir Kaliforniese aardbewing
Die kanse dat Kalifornië deur ’n aardbewing van 8 of meer op die momentmagnitudeskaal getref kan word, is groter as wat tot dusver gedink is.
Terry Pratchett oorlede
Die bekende Britse outeur Terry Pratchett is Donderdag in die ouderdom van 66 oorlede na ʼn lang stryd met Alzheimer se siekte.
Ma kap glo pasgebore baba se vingers af
Die polisie in Botswana stel ondersoek in oor waarom ʼn 31-jarige ma glo van haar pasgebore baba se vingers afgekap het, berig Echo.
Anni Hindocha se pa verloor arm in ongeluk
Anni Hindocha, wat tydens haar wittebrood in Kaapstad vermoor is, se pa het sy arm in ʼn nywerheidsongeluk verloor, het die familie Woensdag bevestig.
Tientalle dwelms vandag in Ierland ‘per ongeluk’ wettig
Ecstasy, ketamien, kristal-metamfetamien en ongeveer ’n honderd ander dwelmmiddels is vandag in Ierland wettig nadat ’n hof beslis het dat die byvoeging van nuwe dwelmmiddels by ’n bestaande wet deur die parlement bekragtig moes gewees het.
Olimpiese atlete sterf toe helikopters bots
Drie Olimpiese atlete van Frankryk tel onder die tien mense wat omgekom het toe twee helikopters in die weste van Argentinië teen mekaar gebots het.
Vlaag ligte aardbewings in Oklahoma kan tot groter skuddings lei – USGS
Die Amerikaanse deelstaat, Oklahoma, het tussen 2009 en 2014 reeds meer as 3 600 aardbewings van sterker as 3 op die Momentmagnitudeskaal beleef, volgens die Amerikaanse sentrum vir geologiese opnames (USGS).
Babameisie lewend gevind ure ná motor in rivier beland
ʼn 18 maande oue babameisietjie het wonderbaarlik oorleef nadat die motor waarin sy en haar ma gery het in ʼn ysige rivier in die Amerikaanse deelstaat Utah beland het en sy langer as 12 uur onderstebo in die motor vasgekeer was.
Vlug MH370: Een jaar later
Maleisië en China het Sondag beloof om voort te gaan met hul soektog na die vermiste Malaysia Airlines vlug MH370, een jaar nadat die vliegtuig spoorloos verdwyn het.
Kwaai skare slaan ‘verkragter’ dood
ʼn Verdagte wat in Indië aangehou is in verband met die verkragting van ʼn 20-jarige meisie, is deur ʼn kwaai skare deur die strate gesleep en doodgeslaan.
Driejarige deur krokodil in Zimbabwe gegryp
ʼn Driejarige meisie van Zimbabwe is die derde persoon in haar familie om deur ʼn krokodil doodgemaak te word, het die Southern Eye Donderdag berig.