Die volle lengte van die Francis Scott Key-brug het enkele ure gelede meegegee en in die water beland het.
Geweld in Gaza duur voort ondanks oproepe vir skietstilstand
Minstens 70 mense is glo Dinsdagoggend dood, waarvan 13 slagoffers na bewering die slagoffers van Israelse lugaanvalle was. Dié aanvalle het in die suidelike stad Rafah plaasgevind.
SA verwelkom VN-Veiligheidsraad se eis vir Gaza-skietstilstand
Die VSA, Israel se bondgenoot wat vorige pogings geveto het, het Maandag buite stemming gebly. Al 14 ander lede het ten gunste van die resolusie gestem.
VN stem oor nuwe skietstilstandresolusie in Gaza
Die nuwe teks “eis ʼn onmiddellike wapenstilstand” vir Ramadan, “wat lei tot ʼn permanente volhoubare wapenstilstand”.
Prinses Catherine ‘oorstelp’ deur ondersteuning
Koning Charles III, wat self enkele weke gelede onthul het dat hy ook met kanker gediagnoseer is, het intussen hulde aan sy “geliefde skoondogter” gebring.
Foto’s: Vier in hof ná Moskou-aanval
Drie van die mans is geblinddoek by die hof in Moskou ingeboender terwyl ’n vierde in ’n rolstoel die hofsaal binnegestoot is.
Die week in foto’s
Beleef hierdie week se wêreldwye nuusgebeure in foto’s.
Vier vas ná ‘barbaarse terreuraanval’ in Moskou – Poetin
Volgens Poetin is die vermeende aanvallers in hegtenis geneem nadat hulle na Oekraïne probeer vlug het. Oekraïne ontken enige betrokkenheid.
Catherine: Kankerskok vir Britse prinses
Die prinses van Wallis is geloof vir die openhartige en persoonlike aankondiging wat sy gedoen het, terwyl boodskappe van beterskap van regoor die wêreld ingestroom het.
Meer as 60 dood in aanval by Moskou-konsert; VSA waarsku oor ‘terreuraanval’
Die Amerikaanse ambassade in Rusland het die land vroeër gewaarsku oor berigte dat “ekstremiste” beplan “om groot byeenkomste in Moskou te teiken”, ook konserte. Die Islamitiese Staat (IS) het reeds verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.
Kwadrupleeg met implantaat speel aanlyn skaak
Noland Arbaugh (29), wat agt jaar gelede van sy skouers af verlam gelaat is na ’n duikongeluk, het die Neuralink-implantaat in Januarie ontvang.
Hollywood: ‘The Sims’-fliek op pad; dokkie verklap donker kant van Nickelodeon
In die week se nuus uit Hollywood wink ʼn “Beetlejuice”-opvolg, en Beyoncé is in die sop oor ʼn bemarkingsveldtog.
Video: Prinses van Wallis kondig aan sy het kanker
Die 42-jarige prinses het nie die presiese omvang van die diagnose bekend gemaak nie, maar het die laaste paar maande, sedert sy in die hospitaal opgeneem is, as “ongelooflik moeilik” vir haar en haar gesin beskryf.
Steeds g’n gasheer vir Statebondspele
Birmingham het tydens die laaste Statebondspele op betreklike kort kennisgewing as gasheer ingespring nadat Suid-Afrika – meer spesifiek Durban – gedwing is om weens verskeie redes, waaronder finansiële probleme, as gasheer kop uit te trek.
Aardverwarming kan kospryse, inflasie laat styg – studie
Die uitwerking op voedselpryse en inflasie weens toekomstige aardverwarming gaan die felste gevoel word in “streke wat reeds warmer is”, en veral in armer en ontwikkelende dele van die wêreld. Afrika en Suid-Amerika gaan die vastelande wees wat die meeste geraak word.
Nog ʼn kiekie van Kate in kruisvuur
Hoewel sy nie self in die foto is nie, het die prinses van Wallis dié kosbare foto by Balmoral-kasteel geneem.
Varknier eerste keer suksesvol in lewende man oorgeplant
Die vier uur lange operasie is uitgevoer op ʼn 62-jarige man wat aan eindstadium-niersiekte ly.
Finland wéér gelukkigste
Vir die eerste keer sedert die verslag meer as ’n dekade gelede gepubliseer is, is die VSA en Duitsland nie onder die 20 gelukkigste lande nie.
Ondersoek gevra na ‘toegang’ tot Kate se mediese rekords
Die Britse polisie is versoek om ondersoek in te stel na bewerings dat daar gepoog is om toegang te verkry tot die vertroulike mediese rekords van Catherine, prinses van Wallis.
Ramaphosa onder diegene wat Poetin gelukwens
China en Indië het Poetin ook vroeër gelukgewens met sy herverkiesing terwyl talle Westerse moondhede die verkiesing as nie vry of regverdig nie bestempel het.