Dit mag nie die regering wees wat ek gekies het nie maar solank dit die regering is moet ek vir hulle bid. Dalk is dit tyd om ʼn oomblik stil word en te bid soos die Here dit van ons vra.
Podlitiek: Misdaad groei, olieprys gesnoei, en inperking gestoei
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die toename in seker soorte misdaad, die olieprys se ongekende laagtepunt en daar word gepraat oor pres. Cyril Ramaphosa se opsies rakende die afsonderingstydperk.
Boekvoorlesing: Die Bergengel
Carina Stander lees ʼn gedeelte uit die eerste boek in haar ‘Bergengel’-trilogie voor. Luister hier na “Die Bergengel”.
Luister: Griekwagebed – Woordeloos
“Die jimmel vetellie eer vannie Jirre
en preek orie werk van Hy se hanne.”
Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
ToekomsVenster: Ontvang die seën
“Die Here seën jou” is die gebed, kosbaar, onbegryplik waar.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor aanlyn inisiatiewe
Hierdie week vertel Wiele2Wiele hoe jy kan inskakel vir die aankondiging van AutoTrader se Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar.
Luister: Griekwagebed – Voetpat
Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”.
ToekomsVenster: Hartsaluut
Derhalwe groet ek jou met ʼn beweging na my hart, ʼn oop hand op my bors, hartstaal, ʼn hartsaluut, ʼn hartsverbintenis en verbondenheid. Die Here seën jou.
Luister: Griekwagebed – Hille gat vi Hom doodslat
Kom luister saam: ‘n Griekwagebed, voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
ToekomsVenster: Die laaste vyand sal ook vernietig word
Leef terselfdertyd voluit.
ToekomsVenster: Staan op uit jou negatiwiteit
Waaruit moet jy vandag opstaan? Neem tyd en doen dit beredeneerd, ordelik en beslis. Terwyl jy die doeke van jou doodsbestaan oprol, spreek jy die woorde uit: “Ook hiervoor het Jesus betaal. Ook hieroor het Hy die oorwinning behaal. Ook hierin is ek nou meer as ʼn oorwinnaar deur Hom wat vir my die krag gee. Alle eer aan Hom, die Koning van die Konings.”
Luister in 3 minute: Watter opsies bly oor vir SA se staatskas
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” kyk Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, na die opsies vir die staatskas, die Reserwebank wat weer rentekoerse gesny het en die IMF se uitsprake oor 2020 se resessie.
ToekomsVenster: Nog twee weke
Dalk kan ons mekaar help? Oorweeg die volgende vyf vrae en probeer ʼn prentjie vorm van wat in jou gemoed aan die gebeur is.
Podlitiek: Kwarantyn uitgerek, nog onnodige besteding oopgevlek en Sanders onttrek
Die week gesels die Podlitiek-span oor die afsonderingstydperk wat verleng is, beweerde bedrog tydens die Covid-19-pandemie en Bernie Sanders wat die handdoek ingegooi het.
ToekomsVenster: God is steeds daar in donker dae
In Christus het daar genade gekom en wie hulle daarop beroep vind ʼn liefdevolle God vol van begrip en deernis.
Luister: Wiele2Wiele gee kwartantyn-wenke vir jou voertuig
Hierdie week tydens Wiele2Wiele gee Ford kwartantyn-wenke vir jou voertuig. Jy kan nou op ‘n virtuele Audi-fabriektoer gaan en daar is goeie nuus oor jou voertuigdienste en fabriekswaarborg.
ToekomsVenster: Kan ons anders dink oor Covid-19?
Mag jy vandag nuwe vrede vind in die wete dat Hy ons nie aan onsself en omstandighede oorlaat nie. Wees sterk. Moenie bang wees nie. Die Here is by jou.
Boekvoorlesing: 40 dae tot hoop
“40 dae tot hoop” help lesers om ’n deurdagte pelgrim te wees deur te weet waar hulle vandaan kom en waarheen hulle op pad is. Luister hier na ‘n voorlesing deur Ronell Bezuidenhout.
ToekomsVenster: Dit is volbring
Die gebeure van hierdie naweek wek hoop, troos en bemoediging by aardelinge. Ons is nie alleen nie. In Christus is God Immanuel, met ons.
Video: Andriëtte terug ná vyf jaar se stilte
“Ek is so dankbaar vir hierdie album, want ek het nie gedink dit sal gebeur dat ek weer op ʼn verhoog kan klim en met selfvertroue voor mense kan sing nie.”