Ons gesels verder oor spraakterapie en ʼn paar algemene spraakprobleme wat eie is aan Suid-Afrika. Ons kuier by die Jaco Strydom van Echo Jeug Ontwikkeling en ons vertel jou van unieke Afrikaanse handsakke.
Allegaartjie 2 – Program 157
Het jy geweet dat Maroela Media se radioproduksiehuis, Draadloos, programme vervaardig vir gemeenskapsradiostasies landswyd? In dié aflewering van Allegaartjie gesels ‘n kenner oor babas met koliek en krampe; Jackie Grobler deel ʼn paar interessanthede oor Groot Trek-monumente en Ruda Landman vertel ons meer oor ‘n projek wat Suid-Afrikaanse nooddienswerkers vereer.
Allegaartjie 2 – Program 156
Karin Venter gesels met ʼn arbeidsterapeut oor haar beroep. Annelize Brits ondersoek die moontlikhede van hoofstroom-onderwys vir kinders met Downsindroom en ons gesels met Ian en Jana Nieuwenhuizen van Brandpunt.
Allegaartjie 2 – Program 155
Ons praat vir oulaas met Gerrit Rautenbach oor sy reise, Ds Jannie Pelser bespreek moraliteit as ʼn konsep en Liza Brönner gesels met ons oor haar nuwe album.
Allegaartjie 2 – Program 154
Ons gesels met Dr Dirk Hermann oor sy nuwe boek, Regstellende Trane, en Giep van Zyl praat met Johan van Rensburg en André Viljoen oor die ontstaan van Afrikaanse lirieke in die 50s en 60s.
Allegaartjie 2 – Program 153
Ons bespreek spraakterapie en skoolgereedheid, ons kuier by die Mevrou Suid-Afrika finalis, Leona Erasmus, en vertel jou meer van ʼn nuwe skoonheidskompetisie wat binnekort afskop.
Allegaartjie 2 – Program 152
Annelize Brits gesels verder met Marie-Louise Steyn oor die algemene probleme wat voorkom by borsvoeding. Ons begin met ʼn nuwe reeks wat handel oor die monumente van die Groot Trek, en gesels met Jackie Grobler hieroor, en ons bring vir jou ʼn verslag oor die noordelike meester suiwelboer van 2013.
Allegaartjie 2 – Program 151
Ons gesels met ʼn projekbestuurder in die konstruksiebedryf vir Bobaasberoepe. Annelize Brits kry nog raad van Desiree Wiggel, ʼn ma van ʼn seuntjie met Downsindroom, en ons kuier die sanger wat bekendstaan as Joshua na die Reën.
Allegaartjie 2 – Program 150
Ons gesels verder met die reisskrywer Gerrit Rautenbach, ons skop af met ʼn nuwe reeks wat fokus op die Nuwe Hart Stigting en Gretha Wiid vertel ons meer van die Worthy Women konferensie wat om die draai is
Allegaartjie 2 – Program 149
Ons gesels vir oulaas met Madré Henderson oor honde se gedrag, Heather Whitfield vertel van haar suksesse met haar terapie vir troeteldiere en ons gesels oor die Top 50 van die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye veldtog.
Allegaartjie 2 – Program 148
Ons gesels verder oor spraakterapie, ons vertel jou meer van Lapa se Lekkerlit-leesboek vir Augustus, Ou Bloed, en ons kuier saam met die gospelsanger, Piet Smit.
Allegaartjie 2 – Program 147
Marie-Louise Steyn bespreek die algemene probleme met borsvoeding, Pierre van Rooyen gee praktiese raad vir hoe om jou gesondheid te bestuur in die laaste praatjie oor iridologie en ons vertel jou meer van twee internasionale braaikompetisies.
Allegaartjie 2 – Program 146
Ons plaas die fokus weer op entrepreneurskap en gesels met Wilsia Metz wat aan die hoof staan van haar eie uitgewery in Bobaasberoepe. Annelize Brits gesels met nog ʼn mamma wat ʼn Downsindroom kind het en Isabel Groesbeek vertel ons meer van die familie-erfenisfees wat hierdie naweek plaasvind.
Allegaartjie 2 – Program 145
Ons gesels met die reisskrywer Gerrit Rautenbach, ons deel ʼn paar stories oor die inwoners van ʼn bekende tehuis in Danville en Allegaartjie se Burger Meyer het die bekendstelling van Pippie Kruger se boek bygewoon.
Allegaartjie 2 – Program 144
Ons plaas die fokus op honde se gedrag tydens verhuisings, ons hoor by Heather Whitfield watter soort terapie sy bied vir troeteldiere en ons bespreek Afrikaanse musiek se verskillende genres.
Allegaartjie 2 – Program 143
Ons gesels verder oor spraakterapie, ons vertel jou meer oor AfriForum se Nuusnetwerk-kompetisie vir amateur joernaliste en fotograwe en ons kuier by Bertha le Roux, wat haar debuut maak op die grootskerm in ʼn Afrikaanse riller.
Allegaartjie 2 – Program 142
Marie-Louise Steyn verduidelik hoe die geboorteproses borsvoeding beïnvloed. Die iridoloog, Pierre van Rooyen, gee ʼn paar praktiese wenke oor hoe om jou gesondheid te bestuur en ons gesels vir oulaas met Susan Larney oor breinbeserings.
Allegaartjie 2 – Program 141
Ons plaas die fokus op entrepreneurskap in Bobaasberoepe. Annelize Brits vind meer uit oor die spesiale voedingsbehoeftes van ʼn baba met Downsindroom. Burger Meyer doen verslag oor ʼn projek wat ʼn alternatief bied vir moeders met sogenaamde “ongewenste” babas.
Allegaartjie 2 – Program 140
Ons kuier verder by die fietsryer, Helgard Muller, wat in September ʼn 6 000km per fiets gaan aflê. Ons gesels met die meisies van die musiekgroep, Mwah! en Burger Meyer het gaan inloer by die première van die nuwe Afrikaanse komedie, Jimmy in Pienk.
Allegaartjie 2 – Program 139
Madré Henderson verduidelik hoe jy maklik met jou hond kan reis. Ons vertel jou meer van die soorte terapie wat jy vir troeteldiere kry en Giep van Zyl gesels met Johan van Rensburg en Thinus Esterhuyzen oor die veranderinge in Afrikaanse musiek.