#JouStorie is ʼn realiteitsradiodrama waar Maroela Media en verskeie gemeenskapsradiostasies handevat om ʼn unieke Afrikaanse radiodrama te skep – uit die gemeenskap, deur die gemeenskap, vir die gemeenskap.
Wees deel van die JouStorie-radiodrama!
Wees deel van ons radiodrama. Sien van naby hoe ‘n radiodrama vervaardig word en kuier saam met die akteurs. Dra by tot #JouStorie en staan ‘n kans om ‘n bootreis te wen.
Maroela Media se radiodramas vir gesogte toekenning benoem
Maroela Media is met twee benoemings in die Luister-kategorie vir beste teks vir ʼn radiodrama- of teater vereer.
TV-aanbieder se debuut-radiodrama propvol bekendes
Die joernalis en televisieaanbieder se bekroonde debuut-radiodrama word eerskomende Donderdag op RSG uitgesaai – en dié drama spog met ʼn hele rits bekende Afrikaanse akteurs.
Staal Burger en Gerrie Nel nou saam die nuwe Afrikaanse superhelde
Maar daar is ʼn lekker nuwe verrassing in dié nuwe reeks: Advokaat Gerrie Nel is die nuwe Afrikaanse superheld wat sy aan sy met Staal Burger teen misdaad en korrupsie veg.
[Video] ‘Vuurvreters’ nou ook op Maroela Media
[Video] Vuurvreters, die nuwe spanningsverhaal wat jou hoendervleis gee en vasgenael hou, kan binnekort ook op Maroela Media gehoor word.
Luister: Die spanningsdrama ‘Vuurvreters’ is hier
Maak jou gereed vir ʼn nuwe spanningsverhaal wat jou hoendervleis sal gee en jou vasgenael sal hou… ʼn Heerlike spioenasieradiodrama begin binnekort.
[Video] Maroela maak geskiedenis met nuwe radiostorie
ʼn Groepie bekende radiopersoonlikhede, saam met ʼn nuwe stem of twee, het Woensdagoggend geskiedenis gemaak toe die eerste episode van ʼn splinternuwe radiovervolgverhaal in Maroela Media se radio-ateljee in Centurion opgeneem is.
Radiodrama-skryfkompetisie: Hier is die wenners!
RSG en Sanlam se Radiodrama-skryfkompetisiewenners is die afgelope week bekendgemaak.
Tweede seisoen RSG-Radioteater beloof hope luistergenot
Danksy die groot sukses waarmee RSG vroeër vanjaar die eerste seisoen van Radioteater afgesluit het, het dié radiostasie pas ʼn tweede seisoen, met splinternuwe radiodramas uit die penne van skrywers soos Pirow Bekker en Dolf van Niekerk, aangekondig.
‘Ragel’ gaan jou hare laat rys
As spookstories jou bangmaak, moet jy sorg dat jy eers genoeg moed bymekaarskraap voordat jy na die jongste Radioteater-drama, Ragel, op RSG luister.
Drama, intriges, onderwêreld in ‘Lewe na die noot’
Die skrywer en musikant Wilken Calitz se jongste radiodrama, Lewe na die noot, vertel die roerende storie van ʼn Kaapse musikant wat ʼn sukkelaarsbestaan voer.
‘My Japan’: ʼn Radiodrama soos vertel deur ʼn tsoenami-oorlewende
Die bekroonde jeugdrama, My Japan, wat geskoei is op die storie van ʼn Suid-Afrikaanse onderwyseres wat die verwoestende tsoenami in Japan in 2011 oorleef het, word op 9 Junie op RSG uitgesaai.
PG du Plessis se ‘Teerling: Die pes’ op RSG
Die sesde segment van die gesoute skrywer PG du Plessis se bekroonde radiodrama, Teerling: Die pes, is op 2 Junie in RSG se Radioteater te hoor.
Radiodrama: ‘Siembaba’-riller gaan jou wakker hou
In die radiodrama-riller en moderne tragedie, Siembamba, bevind die agtjarige Elri haar in die middel van die stryd tussen haar ouers, Bertus en Rentia, wat weier om te aanvaar hul huwelik is op die rotse.
Deel in RSG se ongewone ‘Wittebrood’
CJ Langenhoven het gesê: “Wie liefde verwar met sinnelikheid, sien ʼn engel aan vir ʼn aap.” Riana Scheepers vertel háár weergawe van die liefde wat nie noodwendig moet sin maak nie, in die radiodrama Die wittebrood in RSG se Radioteater.
RSG bring hulde aan Chris Barnard
RSG bring op 12 Mei hulde aan die bekroonde skrywer Chris Barnard wanneer sy klassieke radiodrama, Die rebellie van Lafras Verwey, in Radioteater uitgesaai word.
Charles J. Fourie se drama “ʼn ode aan vergifnis”
Die dramaturg Charles J. Fourie se radiodrama, Vergifnis, vertel die storie van ʼn bejaarde vrou in ʼn rolstoel wat ʼn protesoptog vir misdaadbewusmaking lei van Touwsrivier na die parlement in Kaapstad.
Zenobia Kock vertel oor bekroonde radiodrama
Zenobia Kock, ʼn Afrikaans-onderwyser by H2 Privaatskool in Mthatha in die Oos-Kaap, bekend vir verhale soos Die mense wat so rou is en Die kruppel engel, se eerste bekroonde radiodrama kan op 14 April in Radioteater op RSG gehoor word.
Luistergenot met RSG se Radioteater
RSG se Radioteater-seisoen vir 2016, wat op 7 April afskop, het weer ʼn groot verskeidenheid dramas wat luisteraars behoorlik op die punt van hul stoele gaan hou.