“Ek hoop om een van die wedstryde by te woon,” was Roger Federer se reaksie op die Franse rugbyraad se vraag op sosiale media.
Mooi so! Magda wen in Frankryk
“Ek dink om die beste te wees is elke atleet se droom. ʼn Mens wil wen en jouself tot die beste van jou vermoëns druk.”
Jong SA’ner in Australië: ‘Ek wil wêreldno. 1-speler word’
Die 14-jarige Jeffrey Strydom het sy eerste tennislesse in Middelburg gekry. Deesdae word hy as een van Australië se beste jong tennisspelers gereken.
F1-kroonprins Charles sukkel in vorstedom
Charles Leclerc is gebore en getoë in Monaco, maar kon nog nooit met die louere in die strate van Monte Carlo wegjaag nie.
‘Numero uno’: Alcaraz weer die beste
Carlos Alcaraz is weer die voorste speler ter wêreld en in Rafael Nadal se afwesigheid behoort hy een van die gunstelingspelers te wees om die Franse Ope te wen.
Dié plaaslike CrossFitters gaan Madison toe
Die man, vrou en span wat eerste by die afgelope naweek se Rebel Renegade Games in Johannesburg geëindig het, kan solank hul tasse vir die CrossFit-spele in die VSA begin pak.
Sani2c bied ʼn ware bergfietsparadys
Die KAP sani2c-bergfietsmarathon is een van die oudste marathons in die land. Dit vier volgende jaar sy 20ste bestaansjaar en bly steeds een van die gewildste byeenkomste op die kalender. Terésa Coetzee het vanjaar saamgery om vas te stel presies wat hierdie byeenkoms so spesiaal maak.
Rus staan breed in Rune se pad
Holger Rune en Daniil Medvedev kruis vandag rakette in die eindstryd van die Italiaanse Ope in Rome.
Rune rol Ruud in Rome
Holger Rune – die man wat Novak Djokovic in die kwarteindstryd uitgeskakel het – het na die eindstryd van die Italiaanse Ope deurgedring.
Foto’s: Fietsry deur die wilde kant van die Baai
Dis sommer ʼn heel ander wêreld, met piepklein plasies, natuurreservate en nedersettings soos Schoenmakerskop, Seaview en Sardiniabaai reg op die rand van die onstuimige Indiese Oseaan.
Plummer kies haar Wêreldbeker-groep
Ervare spelers soos Karla Pretorius, Shadine van der Merwe en Bongi Msomi is deel van die Proteas se Wêreldbeker-groep.
Einde van ʼn era – Rafa uit Franse Ope
“Dit is nie ʼn besluit wat ek neem nie, dit is ʼn besluit wat my lyf vir my geneem het.”
Holger laat Novak kleitrap
“Dit was die koudste en natste toernooi wat ek nog ooit in Rome gespeel het.”
Erge oorstromings beteken F1-aksie is van baan
“Dit is tragies om te sien wat in Imola en die omgewing van Emilia-Romagna gebeur. Die slagoffers van die erge vloede en hul familielede is beslis in my gebede,” het Stefano Domenicali gesê.
Swiatek sit haar Rybakina-tweestryd voort
“Ek gaan die komende wedstryd net soos enige ander kragmeting benader. Dit help nie om oor ons vorige tweestryde te praat nie – dit was immers op harde bane.”
17 op ʼn streep vir Novak
Novak Djokovic het vir sy 17de agtereenvolgende Italiaanse Ope-kwarteindstryd gekwalifiseer toe hy vir Cameron Norrie in Rome uitgeskakel het.
Onbekende Hongaar stuit Alcaraz in sy spore
“Ek het eintlik net probeer om iets spesiaals op die baan te doen; dalk ʼn pot of twee, of miskien ʼn stel te wen. Ek het egter sopas die wêreld se heel beste speler geklop.”
Daniil slaak ʼn sug van verligting
Daniil Medvedev het vir die eerste keer ʼn wedstryd in Rome gewen toe hy Finland se Emil Ruusuvuori met 6-4 en 6-2 geklop het.
MotoGP: Binder sit nie by hooftafel aan
Dit was ʼn dramatiese resies, met verskeie van die topjaers wat geval het wat die kaarte heeltemal deurmekaargekrap het.
Carlos lyk ook goed in Rome
Die 20-jarige Carlos Alcaraz staan gereed om vir Novak Djokovic as die wêreld se voorste speler te onttroon sodra die jongste ATP-ranglys bekendgemaak word.