Ondanks ʼn spul ongedwonge foute in die eerste stel het Novak Djokovic steeds ʼn manier gevind om met Tomas Etcheverry in Rome af te reken.
Tennis se groot kanonne slaags in Rome
Van Novak Djokovic en Casper Ruud tot Iga Swiatek en Ons Jabeur speel vandag hul eerste wedstryde van die Italiaanse Ope in Rome.
Horner krap kop oor Ferrari, Mercedes
“Vyf wedrenne, vyf oorwinnings én ʼn blitsrensege. Ons het nog nooit só ʼn aanloop tot die seisoen geniet nie.”
Fognini wen stryd van 35-jarige spelers
Italië se Fabio Fognini het sy staal in Rome gewys toe hy vir Andy Murray in drie stelle geklop het.
Novak nie verseker van sukses in Rome
Die Serwiese ster sal op sy ervaring, veerkragtigheid en vaardighede staatmaak om die aanslag van opkomende spelers af te weer.
Fernando is honger vir sukses
“Ná vier goeie wedrenne wil ons meer hê; ten minste ʼn tweede plek.”
Alcaraz – die kroonprins van klei
“Dit is baie spesiaal om die trofee hier in Madrid omhoog te hou. Dit is immers in my land.”
Max van negende na eerste in Miami
Met Hollywood-sterre soos Tom Cruise en Vin Diesel wat toekyk het Max Verstappen met ʼn aksieheld-vertoning van sy eie vorendag gekom.
Max mik steeds na podiumplek
Sergio Perez en Fernando Alonso spring vandag heel voor in Miami weg. Max Verstappen (negende) en Lewis Hamilton (13de) sal egter hul sokkies moet optrek.
‘Dit maak baie seer’
Rafael Nadal het aangedui dat hy ook nie in Rome sal speel nie. Die Spaanse tennisster is nou in ʼn wedloop teen tyd gewikkel om gereed te wees vir die Franse Ope wat oor ʼn paar weke in Parys begin.
Sabalenka stuit Swiatek in Spanje
Die wêreld se naasbeste speler het die voorste speler op die WTA-ranglys in drie stelle geklop om die Madrid-ope te wen.
Jan, die bielie van die baan
Duitsland se Jan-Lennard Struff het vir Stefanos Tsitsipas in die kwarteindstryd van die Madrid-ope ore aangesit.
Bergfietsavontuur sorg vir talle hoogtepunte
Die span van Matt Beers en Tristan Nortjé het die mansafdeling van die Sani2C-bergfietsskofren gewen, terwyl Kim le Court en Samantha Sanders die speke in die vroueafdeling laat sing het.
Alle oë steeds op Rafa
“Selfs al het hy laas in Australië gespeel, sal dit moeilik wees om ʼn man te stuit wat die Franse Ope reeds 14 keer gewen het,” het Carlos Alcaraz gesê.
Alcaraz stoomroller vir Zverev
Carlos Alcaraz het kwalik ʼn voet verkeerd gesit en vir Alexander Zverev in 83 minute ore aangesit.
Perez: Die held van Azerbeidjan
“Sergio het ʼn ongelooflike naweek agter die blad. Ek weet nie wat in Azerbeidjan se water is nie, maar hy is doodeenvoudig net altyd op sy stukke daar.”
Novak kan nou in VSA afslaan
Die Amerikaanse regering sal op 11 Mei sy Covid-19-inentingsregulasies verslap, wat beteken dat Djokovic toegelaat sal word om die land binne te gaan.
Alcaraz en Zverev kan vir lokettreffer sorg
Hoewel Alexander Zverev goeie tennis speel, is Carlos Alcaraz oorgehaal om met ʼn vuurwerkvertoning voor sy tuisskare in Madrid vorendag te kom.
Zverev op drafstap na volgende ronde
Alexander Zverev sal nou teen Carlos Alcaraz of Grigor Dimitrov te staan kom.
Dubbeldoor-Perez-plesier!
Sergio Perez, Red Bull se Mexikaanse renjaer, het die blitsren én die hoofren in Azerbeidjan gewen.