“Rafa was die eerste speler om aan te dui dat hy sal wil speel.”
Seer enkel kry Daniil nie onder
“Die wedstryd was pure malligheid en ek kan seker vir ʼn goeie 15 minute daaroor praat.”
Lewis sê hy sal nie hensop
“Mercedes ondersteun my al sedert my 13de verjaardag. Ons het verlede jaar ʼn moeilike jaar gehad en ek is steeds deel van die opset.”
Swierige Swiatek te sterk vir Raducanu
Iga Swiatek, die wêreld se voorste vrouespeler, het ʼn einde aan Emma Raducanu se Indian Wells-veldtog gebring.
Alcaraz wen sy 100ste wedstryd
Dit het Carlos Alcaraz 132 wedstryde geneem om die mylpaal te bereik. Daarteenoor moes Rafael Nadal ʼn bietjie langer gewag het (137 wedstryde) om sy 100ste oorwinning te vier.
Oupagrootjie (88) laat nog die speke sing
Kobus van Heerden was Sondag die oudste persoon wat aan die Kaapstad-fietstoer vir 2023 deelgeneem het.
Medvedev en Zverev hervat hul tweestryd
Daniil Medvedev en Alexander Zverev het al 12 keer teen mekaar gespeel en dinge is mooi gelykop: Elke speler het al ses keer as oorwinnaar van die baan gestap.
Chris en Kim wen in Kaapstad
Die speke het gesing en meer as 28 000 deelnemers het met hul fietse deur die Moederstad se strate tydens die Kaapstad-fietstoer geblits.
Alcaraz op die wenpad, Wawrinka steeds ʼn ster
Stan Wawrinka het op 37-jarige ouderdom gewys dat hy nog wedstryde kan wen, terwyl Carlos Alcaraz ook die septer in sy eerste Indian Wells-wedstryd geswaai het.
Fees van die ongekeurdes
ʼn Paar minder bekende spelers het met tennissterre soos Stefanos Tsitsipas, Matteo Berrettini en Denis Shapovalov in Kalifornië afgereken.
Gestremde tiener het nie remme nie
“Ek voel baie bevoorreg om by hierdie sport betrokke te wees en wil ander mense met soortgelyke gestremdhede aanmoedig om nooit hul drome prys te gee nie.”
Raducanu begin op ʼn wennoot in Kalifornië
Emma Raducanu is weer terug op die baan en sy het haar eerste wedstryd sedert die Australiese Ope gewen.
Murray voel sterk; metaalheup en al
“In hierdie fase van my lewe moet ʼn mens elke geleentheid om te speel met al twee hande aangryp; jy weet nooit wanneer die gordyn vir oulaas op jou loopbaan kan sak nie.”
Red Bull het vlerke, maar 23 wedrenne is ʼn marathon
“Ons aanvaar niks as vanselfsprekend op die renbaan nie,” het Christian Horner gesê nadat George Russell aangevoer het dat Red Bull vanjaar elke wedren behoort te wen.
Carlos sal moet sweet om Novak te onttroon
Met Novak Djokovic se inentingstatus wat weer eens ʼn stokkie voor sy deelname aan ʼn tennistoernooi in die VSA gesteek het, sal Carlos Alcaraz sy bes doen om weer die voorste speler ter wêreld te word.
‘Nie gedink ons gaan só mededingend wees’ – Alonso
Fernando Alonso kon kwalik sy vreugde beteuel toe hy in die derde plek oor die eindstreep in die Bahreinse Grand Prix gejaag het.
Een en twee vir Red Bull in Bahrein
Fernando Alonso was ʼn derduiwel agter die stuur van sy Aston Martin en die 41-jarige Spanjaard het die wedren in die derde plek afgesluit.
Drie op ʼn streep vir Daniil
Daniil Medvedev is weer op sy beste en hy het nou ATP-titels in Rotterdam, Doha en Dubai ingeoes.
Vlieënde Max spring vandag eerste weg
Sergio Perez staan tweede op die wegspringrooster, gevolg deur die Ferrari’s van Charles Leclerc en Carlos Sainz.
Du Plessis doen dit wéér in UFC-hok
“Ek vier nie nou al fees nie. Ek wil die beste in die wêreld wees,” het Dricus du Plessis gesê nadat hy gesorg het dat sy teenstander die handdoek in Las Vegas moes ingooi.