Daar is hoop vir Suid-Afrikaanse atletiek ná die teleurstelling by die Olimpiese Spele in Tokio.
Miné en Kyle sorg vir nóg medaljes
Dié jong atlete spog by hul Wêreldkampioenskap reeds met meer medaljes as Suid-Afrika se ganse Olimpiese span in Tokio.
Video: Silwer vir blitsige Benjamin
Suid-Afrika se juniors lê tans derde op die medaljepunteleer.
Kyk: Goue Mirè verbeter paalspringrekord
Boonop was dit die 19-jarige opkomende atletiekster se eerste internasionale byeenkoms.
Olimpiese kampioen wil eers weer in 2022 hardloop
“Marcell het vanjaar reeds sy allerbeste gelewer en as hy nou weer sou deelneem, is die moontlikheid beslis groter om ’n besering op te doen.”
Silwer vir ‘kind met goue hart’
Dié 18-jarige Olimpiese medaljewenner moes op 10 jaar oud reeds ma vir haar jonger sibbe speel.
Min goud in SA se Spele-rëenboog
Suid-Afrika het vanjaar die meeste atlete nóg na ʼn Olimpiese Spele gestuur.
Gerda 15de in ’n warm Japan
Kenia se langasems het die marathon-krane oopgedraai om die goue en silwer medaljes te wen.
Gerda en Irvette jaag Olimpiese marathon-droom
“Ek is gereed om my beste môre te gee; kom ons pak dit aan!”
Eilandman dra nou Wayde se Olimpiese kroon
Die Olimpiese 400 m-titel het sy pad van Suid-Afrika na die Bahamas gevind.
Kyle eindig sesde by Spele
Die voormalige junior wêreldkampioen se derde poging van 21,00 m was sy beste van die dag.
Warholm is wraggies ’n warrelwind
’n Mens kan dit nie met sekerheid sê nie, maar volgens Wêreldatletiek se voorspellings kon sy ekwivalente 400 m-tyd ʼn verrassing gewees het.
Foto’s: Blignaut deur na finaal en ander aksie
Intussen kon nie een van Suid-Afrika se 200 m-atlete vir die eindronde kwalifiseer nie.
Kyk: Karsten verbeter wéér wêreldrekord
“Ek word baie keer oor die perfekte wedloop uitgevra en ek het elke keer geantwoord dat dit nie bestaan nie. Maar vandag was die naaste wat ek nog ooit daaraan gekom het.”
Wayde gaan nie sy titel verdedig
Die Suid-Afrikaner het ’n teleurstellende vyfde plek in sy halfeindstryd met sy tyd van 45.15 sekondes behaal.
Italië – land van pizza, pasta en nou 100 m-goud
“’n Italianer wat 9.80 sekondes hardloop; dit is nou iets wat ek hoegenaamd nie verwag het nie.”
Wayde en Wenda wil in Tokio woeker
Wayde van Niekerk (13:21) en Wenda Nel (13:45) is vandag weer in Olimpiese Spele-aksie.
Olimpiese Spele: Simbine eindig vierde
Akani Simbine het in sy wedloop geëindig waar geen atleet by die Olimpiese Spele wil eindig nie – in die vierde plek.
Olimpiese Spele: Wayde spaar homself vir die halfeind
Van Niekerk het ná die wedloop gesê hy moes die senuwees eers afskud.
Olimpiese Spele: SA naellopers blitsig uit blokke
Die agtste dag van die Olimpiese Spele in Tokio het aan die wêreld se voorste naellopers behoort.