Daniel Hillier is ná die tweede ronde op 130 houe (-14) twee houe voor sy naaste teenstander.
Ashleigh boer effe agteruit
Dit was grootliks die Suid-Afrikaner se spel op die kort grassies wat haar gekniehalter het, maar verder was Buhai se spel eersteklas.
SA se Buhai onder voorlopers by Maybank
Die majorkampioen van verlede jaar het goed weggespring en oor die eerste nege putjies vier voëltjies aangeteken. Oor die tweede nege putjies het dinge egter begin uitrafel.
Miljoene rol in vir Bryson en Louis-hulle
Die Suid-Afrikaner Louis de Jager se vertoning by die Andalusiese Meesters het toegesien dat sy bankbalans met miljoene bult.
Torque stamp SA se Stingers uit LIV-toernooi
Die Suid-Afrikaanse Stingers-gholfspan kon nie Saterdagaand in Doral, Miami, voortbou op die vertonings van die Springbok-rugbyspan in Frankryk of die krieketspan in Indië nie.
Gholf: Suid-Afrikaanse vlag staan punt in die wind
Dis nie net die Springbokrugbyspan en nasionale krieketspan wat Saterdag in hul onderskeie Wêreldbeker-toernooie in die kollig gaan wees nie – op die gholfbaan het die Suid-Afrikaanse vlag ook hoog gewapper.
Buhai weer op haar stukke
Die Johannesburgse gholfster sal egter teleurgesteld wees oor hoe haar tweede 18 putjies Vrydag tot ʼn einde gekom het.
Tiger dalk te sien in Hero-toernooi
Woods het vandeesweek die name van die deelnemers aan die Hero-uitdaagtoernooi bekend gemaak, met een plek in die uitsoekveld van 20 spelers wat oopgelaat is.
Koepka wen, maar Gooch lag lekkerste
Die Amerikaner Brooks Koepka het Sondag in Djedda in Saoedië-Arabië sy tweede opeenvolgende oorwinning in dié LIV-toernooi behaal.
Gholf: Louis-hulle sal in laaste ronde moet uithaal
Daar is baie op die spel in die derde en laaste ronde van die LIV-gholftoernooi wat in die King Abdullah Economic City in Djedda in Saoedi-Arabië gespeel word.
Louis byt vas, maar spanmaats sukkel
Die Australiese vlag het Vrydag hoog gewapper in die eerste ronde van die LIV-toernooi wat by die King Abdullah Economic City in Djedda in Saoedië-Arabië gespeel word.
Lexi gemaklik tussen die manne
Lexi Thompson, elfmalige wenner op die vroue se LPGA-reeks, ding vandeesweek in die PGA-reeks se Shriners Children’s Ope in Las Vegas mee.
LIV-spelers kwalifiseer nie vir wêreldranglyspunte
Spelers se posisie op die wêreldranglys is belangrik deurdat majortoernooie, asook verskeie ander glanstoernooie wêreldwyd onder meer die amptelike OWGR-puntelys as ʼn kwalifiserende riglyn gebruik.
Lexi speel saam met mans
Ses vroue het voor Lexi Thompson die mans in PGA-toernooie aangedurf, maar nie een van hulle het juis hond haaraf gemaak nie.
Gholf: Dit hou aan reën in Skotland
Wanneer die sluise in Skotland ooptrek, kan die gholfstokke maar in die motor se bagasiebak gehou word.
Gholf: Deurdringende reën maak Skotse bane onspeelbaar
Die laaste ronde van die Dunhill Links-gholftoernooi wat op St. Andrews, Kingsbarn en Carnoustie in Skotland beslis word, sal nou eers Maandag gespeel word nadat al drie bane Saterdag onspeelbaar was toe dit die hele dag gereën het.
Gholf: Partytjie se voet vir Fitzpatrick
Die toernooi word op drie Skotse bane, Kingsbarn, Carnoustie en St. Andrews, gespeel met Sondag se laaste ronde wat op St. Andrews afgesluit word.
Gholfbase byeen by Rupert-toernooi
Die ikoniese St. Andrews speel vandeesweek saam met Carnoustie en Kingsbarns gasheer vir die Alfred Dunhill Links-kampioenskap. Dié pro-am-toernooi in die Skotse streke van Fife en Angus is die geesteskind van die Suid-Afrikaanse sakemagnaat Johann Rupert.
VSA soek sondebokke ná Ryderbeker se sukkelvertoning
Waar die vaardighede van Europa se niespelende kaptein, Luke Donald, wyd en syd geloof word, is die lang messe uit vir Zach Johnson, kaptein van die Amerikaners se span.
Ryderbeker: Só het Europa vir Amerika lamgelê
Die tafel was reeds Vrydag gedek vir ʼn Europese sege toe die span skoonskip in die oggend se beurtspelle gemaak het.