“My been is seer. Ek weet nog nie wat die presiese omvang van die besering is nie, maar ek behoort gereed vir die halfeindstryd te wees.”
Rassie vat Proteas oor wenstreep
Die Proteas laat nie sommer ʼn lopiejaagtog maklik lyk nie, maar hulle het sopas vir Afghanistan met vyf paaltjies in Ahmedabad geklop.
Proteas benodig 245 lopies teen Afghanistan
Gerald Coetzee het vier paaltjies teen Afghanistan laat spat, terwyl Quinton de Kock ses vangskote benut het.
Tiere frons ná Donald talm-appèl kritiseer
“Allan Donald is ʼn lid van die bestuur en om in die openbaar oor ʼn spanbesluit kommentaar te lewer is ʼn oortreding van die gedragskode.”
Proteas moet terug op momentumtrein teen Afghanistan klim
“Dit is baie lekker om Afghanistan se vordering in die Wêreldbeker-toernooi dop te hou. “Hulle het reeds ʼn paar van die groter spanne ore aangesit.”
Engeland was ‘desperaat’ om te wen
Amper ʼn maand nadat Engeland sy eerste krieketwedstryd by die Wêreldbeker-toernooi in Indië gewen het, kon die span darem Woensdag met Nederland afreken.
‘Maxi-mum’: Aussie moker uitstekende 200-tal
Glenn Maxwell het sy bynaam van The Big Show teen Afghanistan gestand gedoen: Die 35-jarige kolwer was die hoofkarakter in ʼn merkwaardige eenmanvertoning.
Angelo sien rooi ná Tiere oor gedraal kla
“Ek kan dit nie beskryf nie. In my 15 jaar van internasionale krieket het ek nog nooit ʼn speler of ʼn span so laag sien daal nie.”
83 almal uit!
Die kolwers het in hul dop gekruip en die Proteas het sleg teen Indië op ʼn stadige Eden Gardens-baanblad verloor.
100-tal vir Virat op verjaardag
Indië se Virat Kohli het die 49ste honderdtal van sy eendagkrieketloopbaan gemoker, sommer so op sy 35ste verjaardag, en Suid-Afrika benodig nou meer as 300 lopies vir ʼn oorwinning.
Aussies gee Engelse nóg ʼn bloedneus
Engeland het sy sesde nederlaag van die Wêreldbeker-kriekettoernooi in Indië gely toe sy kolwers nie die mas teen Australië se Adam Zampa en sy makkers kon opkom nie.
Reën stuit Pakistan nie in sy spore
Pakistan staan ʼn realistiese kans om vir die halfeindstryd van die Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer nadat hy Nieu-Seeland met 21 lopies volgens die DLS-metode geklop het.
Jansen se krieketster skitter in Indië
Die 23-jarige hemelbesem – hy laat die maatband tot 2,06 m rek – slaan gereeld sesse teen die einde van ʼn kolfbeurt, terwyl hy ook paaltjies in die belangrike kragspelfase neem.
‘Ons kán Indië klop,’ sê krieket se Rassie
Suid-Afrika is tans een van die min Wêreldbeker-spanne wat nie net by die onoorwonne Indiërs kan kers vashou nie, maar hulle ook op hul tuisveld kan ore aansit.
Proteas slaan rekord los
Ná sewe Wêreldbeker-wedstryde het die Proteas reeds 82 keer die bal oor die grenstou laat seil om Engeland se rekord van 76 Wêreldbeker-sesse in ʼn enkele toernooi met ses groot grenshoue te verbeter.
Briljante Proteas mors met Kiwi’s
Die Proteas se swaargewig-kolwers haal eerstens die fut uit hul teenstanders se seile, waarna die boulers vir die uitklophou sorg.
No. 4 vir Quinton!
Met sy vierde Wêreldbeker-honderdtal het Quinton de Kock nou reeds 545 lopies in sy sewe wedstryde teen ʼn gemiddeld van 77,85 gemoker.
WB-krieket: Engeland maak ook skande teen Indië
Die Engelse, wat laaste op die puntelys is ná vyf nederlae in ses wedstryde, se kolwers het Sondag in Lucknow weer ingeplof, dié keer teen Indië.
Aussies klop Kiwi’s in rillerstryd
Ewe skielik word alle wedstryde baie beter bygewoon nadat Indië se krieketbase plan gemaak het om die stadions vol te kry.
Eenpaaltjiesukses: Bokke inspireer Proteas
“As ʼn mens veral na die halfeindstryd teen Engeland kyk; die Springbokke het pleinweg net ʼn manier gevind om te wen. Vir ons as spelers was dit baie inspirerend om te sien hoe hulle weier om op te gee.”