Rashid Khan en sy draaierbondgenote het uiteindelik agt Engelse kolwers terug na die kleedkamer gestuur om ʼn geskiedkundige Wêreldbeker-oorwinning in Delhi te vier.
Kiwi’s se Kerr en Devine knak Proteas
Op die oog af was dit ʼn wentelling, maar bottervingers en swak grondveldwerk asook ʼn effens lustelose boulaanval, het die deur vir Nieu-Seeland oopgelaat.
Proteas boaan WB-punteleer
Soos wat Quinton de Kock egter tereg gesê het: Daar moet eers nog baie water in die see loop; ʼn Wêreldbeker word nie ná die eerste twee wedstryde gewen nie. Tog is die Suid-Afrikaners op dreef in Indië.
Proteas weer Aussies se krieketmeesters
Die Proteas het nóg ʼn eendagkrieketwedstryd teen Australië gewen. Dié keer het hulle ʼn Wêreldbeker-ontmoeting met 134 lopies in Lucknow beklink.
Quinny moker nóg ʼn 100-tal!
Quinton de Kock het sy tweede Wêreldbeker-honderdtal op ʼn streep met ʼn sierlike ses van Pat Cummins se boulwerk bereik.
Malan skakel oor na die hoogste rat
“Dit was ʼn lang pad om tot hier te kom,” het Dawid Malan gesê nadat die Suid-Afrikaans gebore kolwer 140 lopies vir Engeland in ʼn Wêreldbeker-wedstryd teen Bangladesj gemoker het.
SA appelleer teen verbod op vlag, volkslied
Indien die appèl slaag is, sal dit die uitwerking van Wada se besluit afweer, wat die Springbokke en die Suid-Afrikaanse nasie groot verleentheid sal spaar.
Engelsmanne kla oor hobbelrige buiteveld
“In ʼn Wêreldbekerwedstryd wil jy jou nie daarvan weerhou om op die veld te duik nie. Jy wil jou lyf op die spel plaas om elke liewe lopie te probeer keer.”
Wêreldkrieketbeker: Leë stadions, beserings en rekords wat spat
Hoewel daar in die eerste vier dae van die Wêreldbeker-kriekettoernooi rekords gespat het, was daar ook opmerklik min ondersteuners in die stadions, terwyl talle beserings onder spelers aangemeld is.
Vroue-krieket: Dit sous weer in Oos-Londen
Die tweede T20-krieketwedstryd tussen die vroue-spanne van Suid-Afrika en Nieu-Seeland het Sondag op Buffalopark in Oos-Londen ook uitgereën.
Proteas laat rekords in Delhi spat
“Daar is baie passie in die span en ons wil bitter graag ons beste in dié toernooi gee,” het Aiden Markam ná sy speler van die wedstryd-vertoning gesê.
Proteas begin WB-veldtog op ʼn goeie wennoot
“In die geheel was dit ʼn goeie kolfblad, die bal het oor die grenstou geseil en dit was ʼn wedstryd wat vir hope aksie gesorg het,” het Aiden Markram gesê.
Markram en kie moker manjifieke honderdtalle
Aiden Markram het sopas die vinnigste honderdtal in Wêreldbeker-geskiedenis teen Sri Lanka geslaan.
Vroue-krieket: Reën het laaste sê
Die eerste T20-wedstryd wat op Buffalopark gespeel moes word, afgelas is sonder dat ʼn bal afgestuur is.
Krieketkollig skyn op Klaasen en Miller
Heinrich Klaasen en David Miller se flitsende kolwe kan ongetwyfeld Wêreldbeker-wedstryde vir Suid-Afrika in Indië wen.
Kiwi’s soek WB-weerwraak teen Engelse
Nieu-Seeland het gereeld paaltjies geneem om Engeland tot 282/9 in sy toegelate 50 boulbeurte in die eerste wedstryd van die Wêreldbeker te beperk.
Temba sê Klaas Vakie het nie kom draai
“Ek blameer die hoek van die kamera,” was Temba Bavuma se reaksie nadat foto’s van hom op sosiale media gedeel is waar hy oënskynlik ʼn uiltjie knip tydens ʼn amptelike mediasessie.
Kiwi’s klop Proteas voor Wêreldbeker
Quinton de Kock kon darem in sy openingsbeurt 84 lopies nie uit nie vir Suid-Afrika aanteken, al is hy deur een van Daryl Mitchell se balle teen die kop getref.
Kiwi’s klop Proteas ondanks Kapp se 72 lopies
Kapp is nou met 2 661 lopies die huidige nasionale span se tweede voorste lopiemaker in eendagkrieket.
Reën pootjie Proteas se oefenwedstryd
Swaar reën het die wedstryd in die wiele gery en albei kante het nou slegs een verdere oefenwedstryd om hul planne in te oefen voor die toernooi volgende week begin.