Die Proteas speel van Donderdag vyf eendagwedstryde teen die Aussies en Heinrich Klaasen is saam met Quinton de Kock, David Miller, Kagiso Rabada en Anrich Nortjé terug in die groep.
Aussies plant nóg ʼn uitklophou
Australië het die T20-reeks teen die Proteas met 3-0 beklink.
Vroue-krieket: Proteas se T20-span verloor met laaste bal teen Pakistan
Die Proteas, wat in Februarie vanjaar op Nuweland in die eindstryd van die Wêreldbekertoernooi deur Australië geklop is, moet hul kaarte herskommel sonder ʼn rits van hul staatmakers.
Proteas moet daai ‘verroeste’ litte spoedig loskry
Ná die eerste twee T20-wedstryde teen Australië lyk dit nie of die Proteas die kolwers óf die boulers het om met die besoekers in die reeks saam te gesels nie.
Marsh-hulle mors met Proteas
“Ons het verroes gelyk,” het Aiden Markram gesê nadat Australië die Proteas met 111 lopies in die eerste T20-kragmeting in Durban geklop het.
Tristan op paaltjiewagterdiens teen Aussies
Met Quinton de Kock en Heinrich Klaasen wat ʼn blaaskans in die mik-en-mokerreeks teen Australië geniet, sal die paaltjiewagterpligte tussen Tristan Stubbs, Matthew Breetzke en Donovan Ferreira verdeel word.
Brevis wil kolfvernuf teen Aussies uitstal
Dewald Brevis is opgewonde oor die geleentheid om sy kleim in die Proteas se witbalkrieketspanne af te steek.
Proteas maak WB-litte teen Afghanistan, Kiwi’s los
Suid-Afrika se Wêreldbeker-veldtog begin amptelik op 7 Oktober teen Sri Lanka.
Kyk: Kallis lyk nog na kolfmeester van ouds
Jacques Kallis speel tans vir die California Knights in die T10-toernooi vir meesterspelers in die VSA en hy het omtrent die horlosie teen die Texas Chargers teruggedraai.
Klaasen: ʼn Gevaarlike pyl in Protea-kolfkoker
Heinrich Klaasen se kolf het vanjaar al die praatwerk in Suid-Afrika, Indië, die VSA en Engeland gedoen. Hy is tans die voorste lopiemaker in The Hundred-toernooi.
Kolfsensasie Brevis opgeroep vir Protea-diens
Brevis, wat verlede jaar die voorste lopiemaker by die o.19-wêreldbeker was, het reeds sy buiging in verskeie franchise-kompetisies wêreldwyd gemaak.
Steve neem eerste stelling teen Proteas in
Steve Smith se goeie vertoning as aanvangskolwer in die jongste weergawe van die Big Bash League beteken dat hy ʼn soortgelyke rol in die komende T20-reeks teen Suid-Afrika sal speel.
Flower word RCB-hoofafrigter
Zimbabwe se Andy Flower is opgewonde om weer saam met Faf du Plessis te werk.
Broad groet met toetssege
ʼn Hollywood-draaiboekskrywer sou waarskynlik nie met ʼn beter einde vorendag kon kom nie. Stuart Broad het vir oulaas die Engeland-ondersteuners laat feesvier toe hy die laaste twee paaltjies op die Oval geneem het.
De Kock se vuurwerkvertoning tevergeefs
Quinton de Kock het 87 vinnige lopies vir die Seattle Orcas aangeteken, maar MI New York is die uiteindelike wenners van die Major League Cricket-toernooi in die VSA.
Reeks om die As: Broad skryf perfekte draaiboek
Die Engelse snelbouler Stuart Broad se tydsberekening was Saterdagaand op die Oval in Londen perfek toe hy sy algehele uittrede uit krieket aangekondig het.
Boult, Brevis skakel Faf se Texas uit
Dewald Brevis het nie net sy veldwerkvernuf vir MI New York uitgestal nie, maar het ook 41 onoorwonne lopies teen die Texas Super Kings aangeteken.
Reeks om die As: Vaughn brom oor slakkepas-Aussies
Michael Vaughn, die oud-Engelse krieketkaptein, het gister, ná die tweede dag se spel van die vyfde en laaste kriekettoets in die reeks om die As tussen Engeland en Australië op die Oval in Londen, weer nie op hom laat wag nie.
Quinny moker Orcas tot in eindstryd
Quinton de Kock het 88 onoorwonne lopies van slegs 50 aflewerings teen die Texas Super Kings aangeteken.
Stokes tree in die bres vir Anderson
James Anderson vier sy verjaardag op die vierde dag van die Oval-toets en Engeland-ondersteuners sal vir ʼn vurige boulskof wens wanneer hy die 41 kersies op sy verjaardagkoek doodblaas.