Prysgeld van R70 miljoen is op die spel in die SA20-toernooi; ʼn eerste keer vir Suid-Afrikaanse krieket.
Gabba-blad in die spervuur
Richie Richardson (wedstrydskeidsregter) het gesê dat die Brisbane-kolfblad nie vir ʼn regverdige stryd tussen bal en kolf gesorg het nie.
Proteas, Aussies gaan hulde aan Warne bring
Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Australië sal die eerste toets op die ikoniese Melbourne-krieketveld (MCG) wees sedert Shane Warne se dood.
Harry, Engeland dra die broek teen Pakistan
Die 23-jarige Harry Brook is as die speler van die reeks aangewys nadat Engeland vir Pakistan met 3-0 verrinneweer het.
Wees geduldig met kolwers, pleit Kagiso
“ʼn Mens moet dus geduldig wees, maar terselfdertyd kan jy nie ʼn voorstander vir swak vertonings wees nie.”
Selfs Aussies krap kop oor vurige blad
“Suid-Afrika en Australië beskik oor uitstekende snelboulers en hulle het nie gunstige toestande nodig om hul stempel op ʼn toets af te druk nie.”
ʼn Katastrofe binne twee dae
“As ons 60 lopies meer op die telbord gehad het, kon dinge dalk anders uitgedraai het.”
Kolf-treurmare duur voort in Brisbane
Oudergewoonte is daar na die boulers gekyk om sake te beredder en Kagiso Rabada het vir die beste begin moontlik gesorg toe hy David Warner met die eerste aflewering van die Aussie-kolfbeurt uitgehaal het.
ʼn Afrikaanse opslagbal sal Marnus nie ontsenu
“Ek was in gr. 1, 2 en 3 in ʼn Afrikaanse skool in Potchefstroom; dus het ek nog so ʼn bietjie Afrikaanse kennis.”
Proteas wil Smith se lopieplanne fnuik
Volgens Charl Langeveldt kan ʼn voller lengte ʼn deurslaggewende rol speel om Steve Smith vroeg in sy kolfbeurt onder druk te plaas.
Hazlewood uit eerste toets
Die Protea-kolwers sal egter steeds hul man teen boulers soos Mitchell Starc en Scott Boland moet staan, terwyl Pat Cummins ook op die herstelpad is.
Gaan Proteas waag met Bavuma?
Die vraag is of die keurders die Proteas se kaptein gaan insluit in die span wat van volgende week af in die eerste toets op die Gabba gaan speel.
Aussies trap Windies weer
Daar is wel nou ʼn probleem vir Australië se krieketspan vir volgende week se toets teen Suid-Afrika.
Blinde Proteas op die voorvoet by WB-toernooi
Suid-Afrika se blinde krieketspan het Australië Woensdag met vyf paaltjies geklop.
Opdraande stryd kan in Australië wag
Dean Elgar is 18de op die Internasionale Krieketraad se ranglys vir toetskolwers. Daarteenoor spog die Aussies met die wêreld se beste én naasbeste kolwers.
Faf: Deur ’n krieketvuur gelouter
“My eerste doelwit is om te speel totdat ek 40 jaar oud is.”
Onbesliste uitslag? Aikôna, sê Engelsmanne
“Hul vreeslose en dapper ingesteldheid het gesorg dat hulle op ʼn mak blad met die louere kon wegstap. Ek dink geen ander span sou dit kon regkry nie.”
Grenshoue rol van Aiden se kolf
Aiden Markram is tans die voorste lopiemaker in die plaaslike eendagkrieketreeks en hy slaan sy lopies teen ʼn gemiddeld van 84,50.
Kies ses kolwers wat hul man kan staan
“As jy genoeg lopies op die telbord het, kan die boulers vir jou die wedstryd wen,” het Graeme Smith aan die vooraand van die Proteas se toer na Australië gesê.
Labuschagne laat nie op hom wag nie
Marnus Labuschagne is nou deel van ʼn uitgelese groep spelers wat met ʼn dubbelhonderdtal en ʼn honderdtal in dieselfde toets spog.