“Ons beskik oor ʼn wonderlike boulaanval, maar om toetse en reekse te wen moet jy lopies op die telbord hê. Kan ons dit doen?”
Kaptein Quinny span sy Durbanse seile
As openingskolwer beskik Quinton de Kock oor die vermoë om T20-wedstryde vir sy span te wen. Nou het die Durban Super Giants hom as sy kaptein vir die SA20-toernooi aangewys.
Simon draai kolwers wéér deurmekaar
Die Protea-draaier het nou 14 paaltjies in ʼn plaaslike vierdaagse wedstryd vir die Titans geneem.
Archer in Kapenaars se aanvalskoker
Die blitsige Jofra Archer is deel van die MI Cape Town se SA20-planne. Hy sal ʼn gedugte boulkombinasie met Kagiso Rabada en Rashid Khan vorm.
Head, Warner slaan rook uit Engelse
Engeland het seker nog wingerdgriep van hul T20-Wêreldbekertriomf, want Australië is tans besig om klappe in die eendagkrieketreeks tussen die twee spanne uit te deel.
Kolwers kry lopies vóór Aussie-toer
Heinrich Klaasen en Kyle Verreynne het dubbelhonderdtalle in die plaaslike vierdagreeks gemoker.
Moenie Italië onderskat nie, waarsku Kwagga
“Italië se ouderdomsgroepspanne is die afgelope paar jaar ʼn krag waarmee daar rekening gehou moet word en daardie einste talent het nou na die nasionale span deurgesyfer.”
Janneman verdien ’n toetskrieketkans
“Ons kan nie wegkruip van die feit dat ons kolwers nie op alle suiers vuur nie. Ons soek na daadwerklike oplossings sodat ons meer gereeld 400 lopies in ons eerste beurt kan aanteken.”
IPL-spanne het vertroue in dié SA’ners
Van David Miller en Dewald Brevis tot Anrich Nortjé en Kagiso Rabada sal volgende jaar weer vir hul onderskeie spanne in die Indiese Premierliga speel.
Kolflys lyk broos vir Aussie-toer
In 2008 kon die Proteas met die kolftalent van Graeme Smith, Hashim Amla, Jacques Kallis en AB de Villiers in Australië spog. Die jongste Suid-Afrikaanse kolfgroep boesem nie noodwendig dieselfde vrees in nie.
Anrich kan darem met bestes saamgesels
Anrich Nortjé was die Proteas se beste speler in Australië en die 28-jarige snelbouler is in die span van die toernooi opgeneem.
Jos-laaik, Engeland!
Jos Buttler se spelers het vandag die geskiedenisboeke in Melbourne herskryf. Hulle is nou die eerste span nóg om gelyktydig met die eendag- én T20-silwerware in hul vertoonkas te kan spog.
SA se krieketwêreldbeker misoes, wat nou?
ʼn Hele paar mense sal nou verantwoording moet doen vir die Proteas se swak vertoning tydens die T20-Wêreldbekertoernooi.
Vergeet van kolwe, sambrele dalk spelers se voorland
Weerprofete waarsku dat dit Sondag allesbehalwe sesse kan reën wanneer Engeland teen Pakistan in die eindstryd van die T20-Wêreldbeker speel.
Temba het steeds bomskok; KSA wil vorentoe kyk
“Ons is nie meer heeltemal so emosioneel as wat ons ná die wedstryd was nie, maar die gevoel van teleurstelling en ongeloof is beslis nog hier.”
Conway, Phillips jag darem nog WB-glorie
In die afwesigheid van die Proteas kan ʼn mens seker die vordering van ʼn paar Suid-Afrikaans gebore spelers in vandag se Wêreldbeker-halfeindstryd dophou.
Kaapse spanne sit SA20-reeks aan die rol
Ná die teleurstelling van die afgelope T20-Wêreldbeker in Australië, is die SA20-toernooi die reddingsboei waaraan Suid-Afrikaanse krieket vasklou. MI Cape Town en die Paarl Royals speel op 10 Januarie in die eerste wedstryd.
Proteas dra steeds ‘choke-etiket’
“In ʼn neutedop het ons vandag nie geboul soos wat ons moes nie en ook nie gekolf soos wat ons moes nie.”
Titane van die plaaslike T20-verhoog
Die Titans is die wenners van die plaaslike T20-reeks nadat hulle gister die Dolphins in Potchefstroom getroef het.
Klompe-draers trap Proteas plat in Adelaide
Om verdere sout in Temba Bavuma en kie se wonde te vryf: Die Nederlanders se Suid-Afrikaans gebore spelers het vir die Proteas gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.