Om verdere sout in Temba Bavuma en kie se wonde te vryf: Die Nederlanders se Suid-Afrikaans gebore spelers het vir die Proteas gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.
Pakistan oorrompel Proteas in Sydney
In ʼn neutedop was dit nie ʼn bietjie strooi wat die Proteas se rug in hierdie wedstryd geknak het nie. Dit was veel eerder die veelsydige briljantheid van Shadab Khan.
Van Noord tot Suid kraai Klofies koning
Hoërskool Waterkloof het in hul opmars na titelglorie in die Noord-Suid-toernooi met gerekende krieketskole soos Grey Kollege en Paarl Boys’ High afgereken.
Keurders kan Brevis nie langer ignoreer
“Boulers gaan onder kwaai druk vir die volgende 15 jaar wees,” het Albie Morkel getwiet nadat Dewald Brevis 162 lopies vanaf slegs 57 aflewerings vir die Titans gemoker het.
Proteas staan nog vierkant agter Bavuma
“Sy leierskap is uitstekend en hy neem goeie besluite op die veld. Ek glo ook dat hy dinge met die kolf sal kan regruk.”
Miller het senuwees van staal
Die Proteas beklee nou die eerste plek op die Groep 2-punteleer van die T20-Wêreldbeker in Australië.
Vaart en wip laat blitsige Anrich glimlag
“Kalmte en rustigheid is egter dikwels die sleutel tot sukses, selfs wanneer die adrenalien deur jou are bruis,” het Anrich Nortjé vóór die belangrike wedstryd teen Indië in Perth gesê.
Die Temba-dilemma duur voort
In sy laaste ses pogings met die wilgerlat het Temba Bavuma vir beurte van 0, 0, 3, 8, 2* en 2 gesorg.
Pure Rilee-spierkrag!
Rilee Rossouw se spoggerige 109 lopies vanaf slegs 56 aflewerings het die weg gebaan vir ʼn groot Protea-sege.
Grommende Tiere en reën Proteas se voorland
“Daar word weer reën vir môre voorspel. Ja-nee, dit lyk of geluk tans maar net nie aan ons kant is nie,” het Lungi Ngidi gesê.
Ierland-breier staal vir Bok-aanslag
Die Iere swaai die septer in die afgelope tien wedstryde tussen die twee spanne. Boonop het hulle die laaste ontmoeting met 38–3 in Dublin gewen.
Tim en Faf praat oor skuurpapier-sage
Die voormalige Australiese paaltjiewagter Tim Paine beweer in sy outobiografie, ‘The Paid Price’, dat die Proteas hulself ook aan balpeutery skuldig gemaak het.
Boucher: ‘Eerder nou as later’
Volgens die Protea-afrigter was daar nie veel meer wat sy span in gister se wedstryd teen Zimbabwe kon doen nie.
Reën lag laaste in Protea-stryd
Quinton de Kock was egter aan die brand vóór en ágter die paaltjies teen Zimbabwe.
Proteas sal moet wen en góéd wen
“ ʼn Mens wil so goed as moontlik speel, maar terselfdertyd moet jy ook ʼn ogie op die netto lopietempo hou. As daar ʼn geleentheid is om die uitklophou te plant, moet jy dit beslis doen,” het Temba Bavuma gesê.
Brevis skitter weer vir Titans
Dewald Brevis se naam pryk tans onder die voorste kolwers én boulers in Krieket Suid-Afrika se T20-uitdaagtoernooi.
Kiwi’s verrinneweer Aussies in Wêreldbeker
Die Suid-Afrikaans gebore Devon Conway is as die speler van die wedstryd aangewys nadat hy 92 onoorwonne lopies vanaf slegs 58 aflewerings gemoker het.
Dewald kan boulers vir Bre(k)vis eet
Krieket Suid-Afrika (KSA) se T20-uitdaagtoernooi het pas begin, maar Dewald Brevis se kolf doen reeds die praatwerk.
Reën kelder opwarmingstryd
“Ons sien uit na die toernooi. Ons wil goed voorberei en na die beste van ons vermoë speel,” het Temba Bavuma gesê.
Immergroen Ingram steeds ʼn krieketkrag
“Is Colin Ingram ons beste witbalkrieketspeler nóg?” het die Glamorgan-graafskapspan op sosiale media gevra.