Die Suid-Afrikaanse boulers het Nieu-Seeland vir slegs 98 lopies in ’n Wêreldbeker-opwarmingswedstryd uitgeboender, waarna Rilee Rossouw en kie binne ʼn japtrap die wenlopies geslaan het.
IPL kom dalk gou vir vroue
Die vyf deelnemende spanne sal elk ’n maksimum van vyf oorsese spelers in hul elftalle vir wedstryde mag hê.
Bavuma moet nou sokkies optrek
Die Proteas is nie net onder druk wat betref die T20-WB-toernooi nie. Hulle is ook met hul rug teen die muur om vir aanstaande jaar se eendag-Wêreldbeker-toernooi te kwalifiseer.
Dawid wys Aussies waar die wortels gegrawe is
Dawid Malan, wat aan die Hoër Jongenskool Paarl gematrikuleer het, het sewe viere en vier sesse gemoker in ’n beurt wat die grondslag gelê het vir sy span se oorwinning.
Proteas in Delhi: Soos lammers ter slagting
Die Indiese kolwers het Suid-Afrika se totaal van 99 op ’n drafstap verbygesteek en die kragmeting was verby ná slegs 19.1 boulbeurte.
A nee a, Proteas!
Die Indiese draaiers het die Suid-Afrikaanse kolwers soos amateurs laat lyk en die paaltjies het van die derde boulbeurt met reëlmaat geval.
Proteas kry slae teen Indië
Dit was die vennootskap tussen Ishan Kishan en Shreyas Iyer wat die Proteas die doodskoot gegee het.
Proteas beloon met kosbare ligapunte
Terwyl Klaasen, Miller, De Kock en selfs Janneman Malan (22) tevrede kan voel, is daar geen rede vir kaptein Bavuma en Aiden Markram om enigsins te glimlag nie.
Duimbesering hou Dwaine uit T20-skouspel
Intussen het Temba Bavuma weer eens sy paaltjie vinnig verloor in die eerste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië in Lucknow.
Proteas moet punte teen Indië kry
Is ʼn eendagkrieketreeks belangrik wanneer die T20-Wêreldbeker net ʼn paar dae weg is? As jy die Protea-krieketspan is, is die antwoord op hierdie vraag ʼn definitiewe ja.
Rilee speel sy droombeurt
Daarteenoor is Temba Bavuma vir drie lopies uitgehaal. In sy laaste vyf internasionale T20-kolfbeurte kon die beleërde Proteas-kaptein net 19 lopies bymekaar skraap.
Steeds geen plek vir Hendricks
Suid-Afrika kolf eerste teen Indië in hul laaste T20-wedstryd vóór die Wêreldbeker-toernooi in Australië.
Immergroen Faf onder CPL-bestes
Die krieketwebwerf Cricinfo het ook vir Dawid Wiese vir sy span van die Karibiese Premierliga gekies.
SA20 se begindatum aangekondig
“Die spelers is opgewonde dat hulle hul vaardighede by ʼn groot T20-toernooi in hul agterplaas kan uitstal en wie weet waarheen hierdie pad kan lei.”
‘Nie ons beste vertoning met die bal’ – Temba
David Miller het egter gewys dat die Suid-Afrikaners se middelorde-kolwers met die beste ter wêreld kan saamgesels en hy het 106 onoorwonne lopies van slegs 47 aflewering gemoker.
Miller se praghonderdtal tevergeefs
Temba Bavuma is vir die tweede agtereenvolgende keer vir ʼn nulletjie uitgehaal.
Rugbesering hou Bumrah weg van Proteas
Die Indiërs het intussen vir Mohammad Siraj nadergetrek om die beseerde snelbouler se skoene vol te staan.
Eendjies, eendjies stap in ʼn ry
Temba-hulle sonder baie woema in eerste T20-wedstryd teen Indië.
Proteas kolf eerste in WB-kleedrepetisie
Temba Bavuma sal die kolfwerk saam met Quinton de Kock open, terwyl David Miller, Aiden Markram en Tristan Stubbs hul voete op die versnelpedaal moet hou.
Proteas kry vir oulaas slypkans vóór WB
“Die span is my hooffokus en ek wil die Proteas na die beste van my vermoë op die veld lei,” het Temba Bavuma op die vooraand van die T20-reeks teen Indië gesê.