Volgens die Internasionale Krieketraad (IKR) het meer as 1,2 miljoen toeskouers die Wêreldbeker-wedstryde in Indië bygewoon.
Hoe oud sal Proteas in 2027 wees?
Die volgende Wêreldbeker-toernooi word in 2027 in Suid-Afrika aangebied en Temba Bavuma sal dan 37 jaar oud wees, terwyl ʼn opkomende ster soos Gerald Coetzee dan sy 27ste verjaardag vier.
Mik-en-mokereindstryd op Nuweland
Nuweland sal gasheer speel vir die eindstryd van die SA20-toernooi op 10 Februarie 2024.
De Kock enigste SA’ner in ‘Span van die toernooi’
Volgens die keurpaneel het De Kock, wat nou uit eendagkrieket getree het, geskiedenis gemaak in sy laaste dae as ʼn eendagspeler.
Head verdien ʼn klop op die skouer
In die twee uitspeelwedstryde van die Wêreldbeker-kriekettoernooi in Indië het Travis Head van die beste krieket van sy loopbaan opgedis.
Aussies speel stadion stil vir sesde titel!
Australië se krieketspan is die Wêreldkampioen nadat Travis Head (137) onder meer uitstekend kop gehou het in die suksesvolle lopiejaagtog.
Proteas gaan Quinny mis
Quinton de Kock se laaste internasionale eendagkrieketwedstryd was gelaai met drama en opwinding, maar dit is waarskynlik ook een waarna hy nie met ʼn tevrede glimlag sal terugkyk nie. Tog het hy [vir oulaas] sy stempel dubbel en dwars op die groot verhoog afgedruk.
Walter tree vir Bavuma in die bresse
“Ek dink baie mense vergeet dat Temba die hoofrol in ons kwalifiseringsproses vir die toernooi gespeel het.”
Twee rugsakke, twee weke en ʼn krieketkolf
Ek en my seun André is albei mal oor krieket en met die skoolvakansie op hande het ons met groot afwagting die tog aangepak.
Protea-hartseer op Eden Gardens
ʼn Mens hou altyd heimlik duim vas dat dinge anders kan uitdraai, maar oudergewoonte is Wêreldbeker-uitspeelwedstryde die Proteas se achilleshiel.
Dankie tog vir David!
David Miller se vegtersbeurt van 101 lopies het darem gesorg dat Suid-Afrika ʼn rapsie meer as 200 lopies op die telbord in die Wêreldbeker-halfeindstryd teen Australië het.
Bavuma uit vir ʼn nulletjie
Die Protea-kaptein het met ʼn dyspierbesering in aanloop tot die halfeindstryd teen Australië gesukkel en hy het vandag ná die muntstuk-lootsessie gesê dat hy nie “100%” fiks is nie.
Proteas kan geskiedenis maak
Indien die Proteas wel verloor, sal dit nie wees omdat hulle “choke” nie. Kenners sê hul sê oor die Proteas se Wêreldbeker-vooruitsigte.
Blitzkrieg! Indië befomfaai Kiwi-boulers
Virat Kohli het sy 50ste eendagkriekethonderdtal gemoker, Shreyas Iyer het die grenshoue laat neerreën en Indië het amper 400 lopies teen Nieu-Seeland aangeteken.
Temba sal nie voorkeurbehandeling geniet
“Op die ou einde is niemand groter as die span nie. Dit geld vir Temba (Bavuma) en enige ander speler.”
Morkel sê hy is klaar met Pakistan
Morné Morkel is vroeër vanjaar as Pakistan se snelbouler-afrigter aangestel, maar hy het nou besluit om die span vaarwel te roep – ses weke vóór sy kontrak amptelik verstryk.
Ses balle, ses paaltjies: ‘Ek kon my eie oë nie glo’
ʼn Australiese klubbouler het ses paaltjies in ses balle in die laaste boulbeurt van ʼn wedstryd geneem om die kragmeting op ʼn merkwaardige wyse vir sy span te beklink.
Mediese span ‘monitor’ Bavuma
Temba Bavuma toon vordering nadat hy sy dyspier in die Proteas se laaste Wêreldbeker-groepwedstryd seergemaak het.
WB-geskiedenis wink vir Proteas teen Aussies
Rassie van der Dussen meen dat Australië weet hoe om in uitspeelwedstryde die uitklophou te plant, maar Suid-Afrika sal in Donderdag se halfeindstryd speel om te wen.
Marsh kolf soos ʼn masjien teen Bangladesj
Australië en ʼn omgesukkelde Mitchell Marsh het ʼn sterk waarskuwing voor Donderdag se Wêreldbeker-halfeindstryd teen Suid-Afrika uitgestuur: Moenie met ons mors nie.