Gholf: Clark en jong Venter in die kollig

Die kollig was veronderstel om helder te skyn op die twee voorste spelers op die wêreld-gholfranglys, Scottie Scheffler en Rory McIlroy in die tweede ronde van die Spelerskampioenskap, maar toe stap Wyndham Clark daarmee weg. Op Royal Cape in Kaapstad het die 19-jarige Gabrielle Venter die Suid-Afrikaanse Ope vir vroue ook voor die ervare 37-jarie Kylie Henry van Skotland weggeraap.