Altesaam 46 wedstryde word vanaf Maart tot Mei oor ʼn enkelronde beslis, waarna die halfeindstryde en die eindstryd plaasvind.
Lewis meen Mercedes-enjins gaan weer brul
“Ek sê dit weer – ek glo eerlikwaar dat Mercedes nog ʼn kampioenskap gaan wen. Maar dit is tyd vir ʼn nuwe hoofstuk in my loopbaan en ek voel dat ek alles gedoen het wat ek kon saam met die span.”
Tennisster se kêrel (42) sterf skielik
Hy was ten tyde van sy dood in Miami saam met Aryna Sabalenka, waar sy besig was om voor te berei vir haar deelname aan die Miami-Ope.
Ramos se wenskop laat Vlok glimlag
“Spanning in só ʼn situasie is beslis menslik. Maar terselfdertyd weet jy ook dat die skop binne sy vermoë is en dat hy die druk kan hanteer.”
Stormers wil wenrugby in Tafelberg se skadu speel
“Dit is spesiaal om weer op ons tuisveld te wees. Ons het laas in Januarie hier gespeel,” het afrigter John Dobson gesê.
Novak-temmer maak lekker ranglyssprong
Luca Nardi, die 20-jarige Italianer wat Novak Djokovic se doppie vroeg in die Indian Wells-toernooi geklink het, tel nou onder die voorste 100 spelers ter wêreld.
Maties laat waai in Bellville
Drieë, duikslae en ʼn haelstorm het tot Maandag se Varsitybeker-aksie bygedra met die Shimlas en Maties wat hul wedstryde gewen het, terwyl Wits en Ikeys gelykop gespeel het.
Saru wil rugby onder vroue bevorder
Volgens Saru is die aanvraag na vrouerugby besig om in Suid-Afrika, maar ook wêreldwyd, vlam te vat. SA Rugby het ’n dringende versoek aan voormalige nasionale en provinsiale vrouerugbyspelers gerig om hul skoene af te stof. Die unie wil meer vroulike afrigters in die land identifiseer en nuwe afrigters oplei.
Maleisië dalk gasheer vir 2026-Statebondspele
Die Olimpiese Raad van Maleisië oorweeg dit om ’n “afgeskaalde” Statebondspele in 2026 aan te bied. Daar heers intussen vrae oor die toekoms van die Statebondspele.
Scheffler steek tong uit op TPC Sawgrass
Scottie Scheffler het ses voëltjies en ʼn arend in sy laaste ronde aangeteken en nie een keer ʼn hou aan baansyfer afgestaan nie.
Bokke is die beste, sê Ierland se Andy
“Jy wil jouself teen die beste meet en Suid-Afrika is 100% die beste. Dit beloof om ʼn taai toets te wees – ons kon nog net een keer daar wen – maar dit kan wondere vir die span se ontwikkeling beteken.”
Carlos en Iga – koning en koningin van Kalifornië
Carlos Alcaraz en Iga Swiatek het die Indian Wells-silwerware omhoog gehou nadat hulle onderskeidelik met Daniil Medvedev en Maria Sakkari klaargespeel het.
Die rugbyglas is half vol vir Steve
“Ons is nie vanaand geklop nie, ons wedstryduurglas het net leeggeloop,” het Engeland se Steve Borthwick gesê nadat sy span met 33 – 31 teen Frankryk verloor het.
Gee ons meer wedstryde, vra topvrouespeler
“Ons moet doodeenvoudig teen die beste speel as ons die beste in die wêreld wil word,” het Libbie Janse van Rensburg gesê nadat sy twee toekennings by SA Rugby se prysuitdelingfunksie ontvang het.
Bokke teen die Iere: Fort Loftus en Kingspark kan die verskil wees
Die Iere het Saterdagaand in Dublin die kroon gespan toe hulle hul vyfde Sesnasieskroon in 11 jaar gewen het, maar is dit genoeg om die Springbokke in die reeks van twee toetse in Julie te klop?
Ervare Wessels gereed vir nuwe Saru-uitdaging
“Die aanstelling van Dave Wessels bereik twee doelwitte: Dit laat Rassie (Erasmus) onder meer toe om uitsluitlik op die nasionale span te konsentreer, terwyl hulpbronne ook geskep word om beter ondersteuning aan ons ander spanne te bied.”
Carlos knip Jannik se wenlopie kort
“Dit is altyd spesiaal om teen Jannik te speel. Ons weet dat ons op ons heel beste sal moet wees om te wen. Ons moet met ons rakette toor en met ongelooflike punte vorendag kom.”
Iere terug op wenpad, spog met silwerware
Die Springbokke sal vroeg in Julie met die Sesnasieskampioenspan te doene kry wanneer Ierland twee toetse teen die Suid-Afrikaners op Loftus Versfeld en Kingspark speel.
Afrika-spele: Ruan druk tweede silwer los
Atletiek, tennis, manskrieket en hokkie moet nog plaasvind wat die SA medaljeoes verder kan laat bult.
‘Nou weet hulle’: Dricus oor dáái geveg, SA’ners se selfvertroue en sy gesin
“Hulle het geen idee waardeur ons as nasie al is en die veerkragtigheid wat ons as gevolg daarvan het nie. Ondanks ontelbare probleme in die land wen ons nog steeds Wêreldbekers, ons wen nog steeds Grammys, en ons vat nog steeds wêreldtitels.”