“Ek kon baie veranderinge gemaak het, maar ek glo in die spelers. Ek weet dat hulle vasberade is om hierdie naweek goeie rugby [teen Ierland] te speel; ʼn mens kon hul teleurstelling ná die Skotland-wedstryd aanvoel.”
Kookwater-Keenan medevoorloper by Glendower
Die talentvolle Wes-Kaapse gholfster Keenan Davidse het Donderdag op Glendower in Edenvale van die beste gholf van sy loopbaan gespeel.
Kiwi’s kou klippe teen Hazlewood
Josh Hazlewood kom weliswaar van ʼn klein Australiese dorpie, maar hy kan groot vertonings op die krieketveld lewer. Hy het nou vyf paaltjies op die eerste dag van die tweede toets teen Nieu-Seeland laat kantel.
Raducanu slaan wennoot in Kalifornië
“Ek geniet dit om in Amerika te speel; ek het van my beste vertonings hier gelewer en ek is baie bly om weer terug te wees.”
Brok vat voor in vertoonwedstryd
Die Stormers speel Saterdag weg van die huis in ʼn vertoonwedstryd teen die Northampton Saints.
Laura vat vlam in Indië
Suid-Afrika se Laura Wolvaardt het 76 vinnige lopies vir haar span in die Indiese Premierliga vir vrouespelers geslaan.
Engelsman sê Duhan is ‘Skotland se Lomu’
“Daar is baie ooreenkomste tussen Duhan van der Merwe en wyle Jonah Lomu – hulle is groot, sterk en vinnige spelers,” meen Toby Flood.
Nadal onttrek aan nóg ʼn toernooi
“Ek kan nie vir myself en die duisende ondersteuners jok nie,” het Rafael Nadal gesê nadat hy hom aan die Indian Wells-toernooi onttrek het.
Carlos beloof seer enkel sal hom nie stuit
“Ek voel baie beter en wil dit weer eens onderstreep: Ek is hier om my titel te verdedig en sal nie sommer van stryk gebring word nie.”
Gholfsensasie Kiera Floyd aan die brand
Die 19-jarige Serengeti-ster was een van drie voorlopers ná dag een van die ADT Fidelity-uitdaagtoernooi, wat op die Blue Valley-landgoed buite Centurion beslis word.
Foto’s: Faf se baba is hier: welkom, klein Remi-Ré
Die stralende paartjie het pragtige foto’s gedeel van hul babadogtertjie wat verlede week, effens vroeër as verwag, gebore is.
Britse Ope maak geen toegewings vir LIV-spelers
Punte op die wêreldranglys is nie beskikbaar vir spelers wat by die omstrede Saoedi-wegbreektoer aangesluit het nie – en dit maak dit toenemend moeilik om op daardie manier vir die Britse Ope te kwalifiseer.
Siya weer op operasietafel
“Ek sal gou weer op my pos wees,” het Siya Kolisi Dinsdag op sosiale media beloof nadat hy ʼn operasie aan sy hand ondergaan het.
Vurige Sainz laat die vonke spat
“Ek was oortuig dat Carlos op só ʼn manier sou reageer,” het Ferrari-spanbaas Fred Vasseur gesê.
Djoko: ‘Ongelooflik om terug te wees’
Novak Djokovic het laas in 2019 by die Indian Wells-toernooi in Kalifornië afgeslaan.
132,1 km/h: Shabnim die vinnigste nóg
Suid-Afrika se Shabnim Ismail het die spoednaald in die rooi gedruk in ʼn Indiese Premierligawedstryd tussen die Mumbai Indians en die Delhi Capitals.
Neusie verby met toetskaartjies: dis duidelik lekker op Loftus
“Die rugbykoors herleef in Pretoria,” het Willem Strauss, president van die Blou Bulle-rugbyunie, gesê nadat kaartjies vir die Springboktoets op Loftus Versfeld ook uitverkoop is.
Rafa maak ordentlik litte los
“Ek voel baie beter as wat ek verwag het,” het Rafael Nadal gesê nadat hy die eerste stel in ʼn vertoonwedstryd teen Carlos Alcaraz beklink het.
Shimlas eindig Pukke se wenlopie
Die NWU-Puk het sy eerste nederlaag in die jongste weergawe van die Varsitybeker-toernooi gely toe die Shimlas hom in die doodsnikke in Bloemfontein geklop het.
Wada skors Afrika se enigste geakkrediteerde laboratorium
Verskeie beperkings is in September reeds op die laboratorium in Bloemfontein geplaas.