Springbok-haker Bongi Mbonambi sal Saterdag voor vir die Sharks teen die Lions op Ellispark uitdraf.
Afrigter glo Blitsbokke kan toernooie wen
“Jy moet met dieselfde ingesteldheid ʼn wedstryd teen Spanje benader as wanneer jy teen Nieu-Seeland, Argentinië of Ierland speel.”
WP beweeg nader aan titel
Tony de Zorzi en kie het vyftigtalle vir die Westelike Provinsie teen die Lions geslaan, terwyl Dane Paterson later weer met die bal uitgeblink het.
Moolman, Norris neem voortou op St. Francisbaai
Pieter Moolman én Shaun Norris het hul rondes baie goed afgeskop en ook sterk geëindig. Tussendeur het hulle net seker gemaak hulle bly op koers.
Mening: Ons bly in ʼn sportmal land, maar…
“Oor my stelling dat Suid-Afrika ʼn sportmal land is, gee ek voorbeelde – met die besef dat ons in die konteks van die meeste genoemde sporte (nog?) nie heeltemal bo is in verskeie van hierdie sporte nie,” skryf Wim van der Berg.
Jenny opgewonde oor Protea-hoofstuk
“Dit is ʼn ongelooflike gevoel en ʼn groot eer om met die verantwoordelikheid toevertrou te word om die Proteas af te rig.”
White soek Bulls op hul beste teen Stormers
Die Bulls het reeds 349 punte in die jongste weergawe van die Verenigde Rugbykampioenskap aangeteken, maar hulle speel Saterdag teen ʼn Stormers-groep wat sy man op verdediging staan.
Paterson vat vyf; Bavuma uit vir nulletjie
Die Westelike Provinsie het die hef in die hand ná die eerste dag van die plaaslike rooibalkrieketreeks-eindstryd teen die Lions in Johannesburg.
Van Dyk vat Protea-afrigtersleisels vas
Jenny van Dyk sal in Norma Plummer se voetspore as die Protea-netbalspan se hoofafrigter volg.
Taai groep wag op Blitsbokke in LA
Suid-Afrika se sewesrugbyspan sal onder meer teen Argentinië en Ierland in Los Angeles te staan kom.
Stormers kry skrumhupstoot vir Loftus
“Dit is baie goed om vir Frans terug te hê. Hy is ʼn baie ervare speler en waarskynlik een van die heel beste stutte ter wêreld.”
Murray in pylvak van sy loopbaan
“Ek is steeds mal oor die spel en om deel te neem, maar dinge word beslis moeiliker soos wat ’n mens ouer word,” het Andy Murray gesê nadat hy sy 500ste sege op harde bane behaal het.
Jong tennissterre staan nog sterk in Pretoria
Twee van Suid-Afrika se voorste tennisspelers, Isabella Kruger en Marilouise van Zyl, het na die volgende ronde van die ITF W50-toernooi in Pretoria deurgedring.
Krieketkollig skyn helder op Kapp
Marizanne Kapp het in haar vier boulbeurte vir die Delhi Capitals teen die UP Warriorz in Indië slegs vyf lopies afgestaan en drie paaltjies geneem.
Bok-ondersteuners kan toetskaartjies in Maart koop
Kaartjies vir die Springbokke se toetse teen Ierland en Portugal is vanaf R350 beskikbaar.
Opslagbalmeester Wagner groet toetskrieket
“Ek het myself nooit as die mees talentvolle speler beskou nie, maar wel as iemand wat mal is oor die sport en om vir die Swartpette en my spanmaats te speel,” het die Suid-Afrikaans gebore Neil Wagner gesê.
Rory klop Max én vroue in ‘Skins’-toernooi
Die spelers het mekaar individueel in ʼn Skins-formaat die stryd aangesê. Elke putjie het ʼn sekere geldwaarde gehad vir die wenner, met die prysgeld wat na die volgende putjie oorgedra is as twee of meer spelers saam die beste telling aangeteken het.
Pukke draai die driedrukkrane oop
Die NWU-Pukke en die Universiteit van die Witwatersrand is die enigste onoorwonne rugbyspanne ná die tweede ronde in die jongste weergawe van die Varsitybeker-reeks.
Kolisi & kie dalk (voor-)Bokke by Laureus-toekennings
Die Springbokke, wat ook die Laureus- Wêreldspan van die Jaar-toekenning gewen het ná hul Wêreldbeker-oorwinnings in 2007 én 2019, is weer vir dieselfde toekenning genomineer.
Kaartjies vlieg vir Bulls-Stormers-derby
Willem Strauss, president van die Blou Bulle-rugbyunie, het vandag per WhatsApp-boodskap bevestig dat daar reeds 30 000 kaartjies vir Saterdag se wedstryd tussen die Bulls en die Stormers opgeraap is.