Volgens ’n Wêreldrugby-proeflopie sal spanne voortaan toegelaat word om twee erkende waterdraers te hê, mits hulle nie die hoofafrigter of direkteur van rugby is nie.
Protea-keurders ‘opgewonde’ oor dié span
Verskeie Indiese Premierliga-spelers is terug vir die Proteas wanneer hulle in Junie teen Indië speel. Daar is egter nog nie plek vir die opwindende Dewald Brevis in die toergroep nie.
Carina terug in die vinnige baan
“Ek glo dat ek nog nie die vinnigste tyd van my loopbaan gehardloop het nie.”
Daniil in die Wimbledon-leeukuil
“Ek sal bly wees as ek kan speel; ek is baie lief vir hierdie toernooi.”
Djokovic se triomftog in Rome
Dit was Novak Djokovic se 38ste ATP 1 000-titel, terwyl hy ook die oudste mansspeler nóg geword het om die silwerware in dié geskiedkundige stad omhoog te hou.
MotoGP: Brad Binder agtste in Le Mans
Binder is nou ook agtste in die kampioenskap.
Elton Jantjies op lughawe in hegtenis geneem
Die Bok-losskakel was vroeër op ʼn internasionale vlug van Dubai na Suid-Afrika.
KSA ‘sien uit’ om saam met Boucher te werk
“KSA is spyt dat ’n klagtewolk oor Mark Boucher kop gehang het, maar ook bly dat die saak nou opgelos is.”
Top-bergfietswedren sorg vir glimlagte
Die span van Marco Joubert en Wessel Botha is die uiteindelike wenners van die Sani2C-bergfietswedren, terwyl Robyn de Groot en Kim le Court die vroueafdeling gewen het.
Kampioenebeker: Leinster loop Toulouse plat
Maak maar die sommetjies: Saterdag was daar 40 000 toeskouers in Dublin en wees maar verseker dat die eindstryd ook uitverkoop sal wees.
‘Australiese krieket het nog ’n held verloor’
Die hartseernuus volg net ’n paar maande ná die dood van krieketlegendes soos Rod Marsh en Shane Warne.
Bulle bó in Loftus-puntefees
Die Blou Bulle en die Leeus het vandag op Loftus Versfeld met een van die opwindendste Curriebeker-wedstryde van die seisoen vorendag gekom.
Curriebeker: Vrystaat-Cheetahs stamp Haaie uit pad
Die Cheetahs was rustyd reeds met 24-10 voor en het hul negende opeenvolgende oorwinning behaal.
Novak steeds die wêreld se beste
Novak Djokovic speel later vandag in die halfeindstryd van die Italiaanse Ope teen Casper Ruud. Indien die Serwiër met die toernooi-louere wegstap, sal dit sy 38ste ATP-titel wees.
Sani2C sorg vir vele hoogtepunte
Die Sani2C-bergfietswedren stuur op ’n aksiebelaaide finale dag af nadat Marco Joubert en Wessel Botha hul algehele voorsprong in die spankompetisie tot 30 sekondes vergroot het.
Gholf: Schwartzel laat SA vlag in Texas waai
Die toernooi is die ideale kleedrepetisie vir volgende week se PGA-toernooi, vanjaar se tweede Major, waar die wêreld se voorste spelers meeding.
Curriebeker: WP skakel Pumas se ligte af
Die WP was die eerste keer sedert 15 Januarie vanjaar weer aan die wenkant toe dié span die Pumas met 23-17 geklop het.
Sani-speke is weer aan’t sing
Die KAP Sani2C-wedren het vandeesweek by die Glencairn-plaas naby Underberg begin en ongeveer 1 000 deelnemers het die eerste skof van 82 km na die MacKenzie-buiteklub aangepak.
Voetbesering kniehalter Nadal weer
“Dit is tyd dat ek dinge aanvaar en aanhou veg. Ek gaan my dokter saam met my na Roland Garros neem; dalk help dit.”
Wêreldrugby se ‘slapende reus’ kry gasheerstatus
Dit is die Amerikaners se droom dat daar teen 2031 ongeveer 450 000 rugbyspelers in die land sal wees en dat wedstryde van “kus tot kus” gespeel sal word.