Vir Clarissa Johnston en Laura Strugnell is sierswem ʼn passie en ’n sportsoort wat ongelooflike deursettingsvermoë verg. En nadat daar gister nóg ’n sarsie sportsterre by Suid-Afrika se Olimpiese span gevoeg is, is dit ook hul kans om op die groot verhoog in Tokio te skitter.
Bulle darem weer terug tussen bekendes
As die Pretorianers gedink het dat daar ’n maklike wedstryd op hulle teen die Pumas wag, kan hulle maar solank gereed maak vir nóg ’n wrede ontnugtering.
Murray kan sy Olimpiese titel verdedig
Die 34-jarige Skot, wat deesdae kwaai met beserings sukkel, is die enigste speler wat by twee agtereenvolgende Olimpiese kompetisies met die goue medalje kon wegstap.
Marciel: Talentvol, sportief en fiks
Reg, talle joernaliste het al in tydskrifartikels, radio-onderhoude en TV-programme bevestig dat sy oor emmersvol talent beskik; ons weet dit en kan dit sommer by ons sigselwers sien. Maar hou Marciel Hopkins ook daarvan om ’n rugbywedstryd vir die volle 80 minute te volg?
Conway, Wagner deel van Kiwi’s se suksesverhaal
“Nieu-Seeland het gewys wat nederigheid en harde werk beteken, terwyl hulle toewyding aan hul mekaar sowel as hul ondersteuners bewys het. Hulle is ’n Wêreldkampioenspan op elke gebied.”
Leeus gee weer ’n brul
Twee geelkaarte het egter ’n voorsprong van 38 – 10 na net ses punte laat krimp toe die WP binne ’n japtrap ’n spul onbeantwoorde punte aangeteken het.
Wolff dankbaar Bottas is g’n mak lammetjie
“Ek is mal daaroor dat hy nou sê wat hom pla en dinge nie vir homself hou nie.”
Proteas nou sesde op toetsranglys
Een reeksoorwinning-swaeltjie maak egter nie die somer nie en daar wag nog baie harde werk voordat die Proteas weer met ’n Engeland of ’n Indië kan saamgesels.
Seer hand kniehalter Kevin se groot krytkans
“Ek is platgeslaan om dit saggies te stel,” het Lerena gesê.
Russiese atleet spring skorsing vry
Dit volg nadat owerhede bevind het dat hy per ongeluk medisyne ingeneem het wat vir sy baba voorgeskryf is.
Leeus wil sterker teen Streeptruie vertoon
Slegte nuus is dat die dyspierbesering wat Willem Alberts in die Laeveld opgedoen het, beteken dat die 37-jarige strydros se Curriebekerseisoen iets van die verlede is.
’n Wimbledon-titel vir Federer se 40ste verjaardag?
“Ek dink wat fiksheid betref is Roger piekfyn, hy het net vooraf hopeloos te min wedstryde gespeel.”
Rikenette weer blitsig ná Covid-19-terugslag
Die Suid-Afrikaanse 100 m-hekkiesrekordhouer, Rikenette Steenkamp, kan weer breed glimlag. Die talentvolle atleet het Saterdag haar gunsteling-item by Tukkies met ’n tyd van 13,23 sekondes gewen.
Keshav draai Windies deurmekaar in reekssege
“Dit is oomblikke soos dié wat hy vir die res van sy loopbaan sal onthou,” het Mark Boucher gesê nadat Keshav Maharaj ’n driekuns teen die Windies geneem het.
Amerikaanse Ope: Strooijonker Louis weer tweede
“Dit is teleurstellend; dis frustrerend. Ek speel goed, maar dit gaan nie gebeur dat ek ʼn Major wen nie. Ek het vandag goed gespeel, maar dit was nie goed genoeg nie,” het Oosthuizen gesê.
Verstappen laat Hamilton in doodsnikke bloos
Dit was ’n derde agtereenvolgende sege vir die Red Bull-span.
Binder gee tree nader aan podium
Binder (KTM) het in die vyfde ry in die 13de posisie weggespring, maar die een na die ander voorste jaers verbygesteek.
Proteas op koers na reeksoorwinning
Dean Elgar se troepe het ’n voorsprong van amper 150 lopies nadat hulle die Windies vir 149 uitgeknikker het.
Caster skiet steeds tekort vir Spele
Caster Semenya het Saterdag in Duitsland weer probeer om te kwalifiseer vir die 5 000 m-wedloop by vanjaar se Olimpiese Spele.
Exeter, Harlequins veg om die kroon
Die Sale Sharks was gelaai met sewe Suid-Afrikaners in die opdrafspan, maar kon steeds nie die mas teen Exeter opkom nie.