Suid-Afrika se voorste gholfspelers het hulle deeglik laat geld in die tweede ronde van toernooie wat wêreldwyd gespeel word.
Mthethwa wil KSA se finansiering, erkenning terugtrek
Die minister van sport wil ingevolge wetgewing sy magte gebruik om Krieket Suid-Afrika (KSA) nie langer te erken as die beheerliggaam van krieket in die land nie.
Varsitybeker: Só verloop die aksie
Die Maties, Ikeys, UJ, die Ixias en die NWU-Arende het sukses geproe in Donderdag se Varsitybeker-rugbykragmetings.
Pollard gou weer in aksie
Pollard sit al vir byna sewe maande langs die kantlyn weens ʼn besering.
Wys waardering vir alle ma’s met Run for Mom
Elke gesin kan self besluit hoe ver en waar hulle dié geleentheid wil hou.
Goue Karla kaptein van haar Aussie-span
“Karla se bydrae tot die span is van onskatbare waarde,” sê die Lightning-afrigter van haar Suid-Afrikaanse superster.
Knie buig, vuis lig taboe by Spele
Om by die Olimpiese Spele te kniel, of iets soortgelyk aan die Amerikaanse naellopers Tommie Smith en John Carlos se gebaar van 1968, kan nou gestraf word ná ’n peiling onder atlete.
Van agterplaas na die Drakensberg vir legendariese Sandes
Ryan Sandes het tydens verlede jaar se streng inperking 160 km (100 myl) by sy eie huis kafgedraf maar môre gaan hy sy agterplaas vir die kranse van die Drakensberge verruil.
Hamilton sê geregtigheid het geseëvier met Chauvin-vonnis
“Dit is ’n baie groot oomblik; George se dood was nie tevergeefs nie.”
G’n pot goud vir SA spanne aan einde van Reënboog(beker)
“Dit is ’n massiewe teleurstelling, maar die uurglas het eenvoudig net leeggeloop. Ons het alles in ons vermoë gedoen om oplossings vir die uitdagings te vind, maar die legkaartstukke wou net nie in plek val nie.”
Groot geveg wag op SA bokskampioen
Intussen help Tian Fick vir Francois van Coke in sy komende boksstryd teen Derick Hougaard: “Francois is ’n tawwe kalant en hy kan baie goed op sy voete dink wanneer hy moeg is”.
Skole vier rugby met unieke vroegoggend-stryd
Hoërskool Bekker en Hoërskool Fochville gaan mekaar Vrydag om 05:00 in die Sunrise-beker aanvat – ’n blink inisiatief om die terugkeer van skolerugby in Suid-Afrika te vier.
Jones se kop gaan nie rol
Volgens die RFU sal skeidsregters voortaan vir Jones – die wêreld se bes betaalde afrigter – bystaan om met Engeland se swak dissipline op die veld te help.
Khawaja, Lyon loof ‘superster’ Labuschagne
Australië se voorste draaier sê dat Labuschagne een van die wêreld se grootste spelers kan word ná heldedade in die Sheffield Shield-eindstryd.
Vonke kan tussen Verstappen, Hamilton spat
“Ek dink Lewis weet dat hy in die grootste titelgeveg van sy loopbaan is en hy moes nog nooit vantevore ’n aanslag van iemand so talentvol soos Max afweer nie.”
Bavuma, Elgar maak ook stem dik teen administrateurs
“Die lederaad het nou strydig met onder meer die minister se versoek en die aanbevelings van die Nicholson-verslag opgetree. Hoe is dit enigsins in belang van die spel?”
Gelukkige Lewis glip by agterdeur in
Dit was geen geheim nie dat daar drama op die nat baan sou wees, maar niemand kon die drama wat gevolg het, voorsien nie.
MotoGP: Brad sit weer broer Darryn ore aan
Die MotoGP is deur Fabio Quartararo (Yamaha) van Frankryk gewen.
AB saai weer eens verwoesting in IPL
Vanuit ’n internasionale krieketondersteuner se oogpunt is AB de Villiers Suid-Afrika se Superman. Maar selfs hy sal sukkel om Krieket Suid-Afrika uit die gemors te red waarin die nasionale krieketbeheerliggaam hom tans bevind.
Wayde kyk verder as sy 200 m-goud
“My doelwit is om weer teen die beste ter wêreld te hardloop.”