“Ek is 35 jaar oud en ek het dit natuurlik eers met my vrou bespreek; sy was aanvanklik skepties, maar nou ondersteun sy my.”
Bulle verhang die bordjies; Stormers in broekskeur-sege
Intussen is die Haaie steeds Siya Kolisi-loos vir vandag se wedstryd teen die Cheetahs.
Lloyd staan sterk teen Stan
“Ek het nie eintlik woorde om te beskryf hoe ek tans voel nie. Stan was een van my helde toe ek grootgeword het en om net teen hom te speel was reeds ’n prestasie.”
Verreynne: Kan die Cobras-held ’n Protea-superheld word?
In 67 eersterangse beurte het die rooikop reeds 3 158 lopies teen ’n spoggemiddeld van meer as 55 gemoker. Daarbenewens het hy pas 216* teen die Warriors geslaan.
Protea-vroue kom hard terug aarde toe
Maar, soos wat Danie Botha sou sê: As jy val, dan moet jy gou weer opstaan.
Rekordbreker Djokovic besing Federer se lof
“Wat Roger op sy ouderdom vermag is ’n inspirasie vir almal en dit is baie lekker om hom weer terug op die baan te hê.”
Aussies sing nou herskeduleer-deuntjie
“Ons wil die toer na Suid-Afrika so gou as moontlik herskeduleer, mits dit natuurlik veilig is en daar ’n datum op die internasionale krieketkalender beskikbaar is,” sê Krieket Australië.
Uefa sê skeidsregter was nie rassisties
“In ’n internasionale konteks is korrekte taalgebruik noodsaaklik om situasies soos hierdie te vermy,” het die sokkerbeheerliggaam in ’n verklaring gesê.
Luister: Morné Steyn skop projek af om skolesport te help
Die bekroonde skopafrigter Vlok Cilliers en die rugbyspeler Morné Steyn snoer kragte saam met Solidariteit Helpende Hand om skop-skop ’n verskil in die land te maak.
’n Rekord vir 21-jarige Wolvaardt
Sy word die jongste Suid-Afrikaner om 2 000 lopies in eendagkrieket te slaan.
Federer weer terug op die baan
Indien alles volgens plan in Doha verloop is ’n eindstryd teen Dominic Thiem op die spyskaart.
Beseringspook loop weer by Marcell Coetzee
Die Bok-stormram het oudergewoonte ʼn drie gedruk, maar toe lol sy dyspier en kon hy nie die kragmeting voltooi nie.
Kiwi’s, Conway klap Aussies
Nieu-Seeland se Suid-Afrikaans gebore kolwer slaan sy lopies teen ’n treftempo van meer as 140 teen Australië.
Branden vuurwarm in Arnold Palmer-toernooi
Hy het soos ʼn sneltrein weggespring en vyf voëltjies oor die eerste nege putjies aangeteken vir ʼn puik 32.
Faf, Lood weer ysters
Dit is ʼn groot jammerte dat die vier Suid-Afrikaanse Super-franchises nie nou al met die topspanne in die Engelse Premierliga sal kragte meet nie.
Bezuidenhout hou deur oop by Arnold Palmer-toernooi
Die verwagte reën sal verdere uitdagings aan die spelers stel.
Hardebaard Elgar vat toetsleisels vas
“Dean het deur die jare geen geheim van sy kapteinskapdroom gemaak nie en ons is dankbaar om ’n leier te hê wat gereed is om sy moue op te rol.”
Tekkies en Toks vir ons kinders se toekoms
“Ons gaan nie net skoene aan hul voete sit nie, maar, meer belangrik, op ander vlakke positiewe bydraes tot ons kinders maak. Ons wil probeer om kinders op ’n geestelike vlak te help, maar ook emosioneel en liggaamlik. Hierdie aspekte gaan almal hand aan hand met mekaar.” Lees hier wat Vlok Cilliers oor dié projek skryf:
Bavuma sien uit na kapteinskap
“Saam met die feit dat ek as die Proteas se eerste swart kaptein bekend sal staan, wil ek ook onthou word as iemand wat die span baie goed op die veld gelei het en vir sy eie nalatenskap verantwoordelik was.”
Potgieter kan nie wag om Cheetah-trui te dra
Jacques Potgieter se rugbypad het al ’n paar wye draaie gemaak: Hy was al in aksie vir die Bulls, Sharks, Toulon en Waratahs.